NUWE BLOGS

GEBED LEWENSWAARDES PADLANGS PREEKSTUDIES TUSSEN-IN OUERSKAP LEIERSKAP NUUSPERSPEKTIEF
AddThis Social Bookmark Button
Communitas lewer 'n diens aan gemeentes om hulle te ondersteun in hulle taak om navorsing te doen oor die verskuiwings en tendense wat in die gemeente, onder lidmate en in hulle konteks plaasvind. Ons sien hierdie inligting nie as normatief vir die vasstelling van die roeping nie, maar as strategiese inligting om gemeenteleiers in staat te stel om hulle roeping in Jesus Christus beter te verstaan en uit te leef in die konteks waarin hulle leef.

Instrument 1 - Communitas-gemeentevraelys:


Die Communitas-gemeentevraelys is ontwerp as 'n hulpmiddel aan gemeentes wat wil vasstel hoe lidmate dink oor die kerk, die bediening en roeping van die gemeente. Oor die afgelope dekade het Communitas ‘n databasis ontwikkel van gemeentes wat hierdie instrument gebruik om sodoende gemeentes wat die vraelys gebruik se resultate te vergelyk met dié van die databasis. Communitas se medewerkers ontleed die resultate van die vraelyste wat deur gemeentelede ingevul is statisties en dan skryf gemeentekundiges aan die gemeente ‘n verslag waarin die unieke eienskappe en uitdagings van die gemeente uitgelig word. Communitas fasiliteerders begelei die gemeente in ‘n gesprek oor die verslag.

Vir meer inligting oor die Communitas-gemeentevraelys kontak Divine Robertson by 021-8083265 of dr@sun.ac.za

Instrument 2 – Etnografiese of kultuur analise:

Hierdie instrument is ontwerp om gemeentes te help om hulle gemeentekultuur beter te verstaan. Communitas se span etnograwe ontleed die onderhoude wat deur gemeenteleiers gedoen word en skryf aan die gemeente ‘n verslag wat hulle gemeentekultuur beskryf. Hierdie intrument is veral van waarde vir gemeentes wat dieper wil kyk na die houdings en waardes wat in die gemeente se kultuur funksioneer. 'n Span luister leiers word opgelei wat onderhoude met spesifieke gemeentelede voer en dit word dan na Communitas se Leesspan gestuur vir 'n ednografiese analise.

Vir meer inligting oor die etnografiese analise kontak vir Divine Robertson by 021-8083265 of dr@sun.ac.za

Instrument 3 – Narratief-sistemiese analise van die dinamika in die gemeente

Hierdie instrument volg ‘n interaktiewe metodiek en help gemeenteleiers om die dinamika in die gemeente op ‘n dieper vlak te verstaan en te ontleed. Dit is nuttig om te gebruik wanneer daar ‘n herhaling van patrone waargeneem word, maar daar onsekerheid is wat werklik die oorsaak van die dinamika is. Daar word gebruik gemaak van Storiemuur tegniek en dan word daar sistemies en volgens die beginsels van Waarderende Ondersoek ( Appreciative Inquiry) se beginsels gesoek na die alternatiewe verhaal en die denkraamwerke wat die “ gedrag” in die gemeente bepaal. Communitas beskik oor fasiliteerders wat hierdie proses in gemeentes met gemeenteleiers kan doen.

Vir meer inligting kontak vir Frederick Marais by 021-8083265 of jfm@sun.ac.za


Written on Maandag, 09 Oktober 2006 01:32 by

Viewed 7049 times so far.
Like this? Tweet it to your followers!

Latest 'tweets' from Communitas

  • As kerkverlaters met hulle eertyds gemeentes praat http://t.co/I79tL94 via @AddThis Link Maandag, 30 Augustus 2010 09:30
  • Feel it - it is here! As ons oor Soweto verkeerd kan wees, waaroor nog alles?: http://bit.ly/d0Iyvt - artikel by Sokker Wêreldbeker forum Link Donderdag, 10 Junie 2010 19:37
  • Meeting with God's voice - Frederick Marais: http://bit.ly/bNDYIg | extensive guide using Listening Cycle to facilitate meetings Link Vrydag, 09 April 2010 17:31
  • Link Donderdag, 09 September 2010 05:23
  • Link Donderdag, 09 September 2010 05:23
blog comments powered by Disqus

Verwante artikels

#
Title
Section
Category
Author
1
Wat is die vennootskap van gestuurde gemeentes? SAVGG Artikels
2
Redes om hierdie webblad te gebruik Communitas Inligting
3
Die Vroeë Christelike kerk in Afrika: `n geskiedenis wat ons nie ken nie. Bronne Artikels
4
Wat bedreig ons gebedslewe? Gebed Gebed en Spiritualiteit Besoeker
5
Wat kan ons by Afrika leer oor tyd? Padlangs met gemeentes Gestuurdheid Besoeker

Kommentaar en gesprek

Facebook

  • As kerkverlaters met hulle eertyds gemeentes praat http://t.co/I79tL94 via @AddThis 1 week ago
  • By die Swartberg Indaba het 'n baie interessante gesprek oor GROEN ontstaan: Die bewaring van die natuur en ons rentmeesterskap. Lees en gesels saam: 1 week ago
  • Frederick Marais vertel wat hy geleer het in gesprekke met kerkverlater 1 week ago
  • Nuwe webtuiste geskep vir Kerkspieël by GDN: www.kerkspieel.co.za. Navorsing van 1981 tot 2006 nou beskikbaar vir aflaai. 3 weeks ago
  • Jan Bisschoff deel sy gedagtes oor die lewe ... sonder die mantel van dominee | eerste drie van vyf artikels gepubliseer. 3 weeks ago

Twitter

  • communitasweb: As kerkverlaters met hulle eertyds gemeentes praat http://t.co/I79tL94 via @AddThis 1 week ago
  • communitasweb: Feel it - it is here! As ons oor Soweto verkeerd kan wees, waaroor nog alles?: http://bit.ly/d0Iyvt - artikel by Sokker Wêreldbeker forum
  • communitasweb: RT @chrisvanwyk: Rekordmaand vir Seisoen van Luister: http://bit.ly/cqJ8F5 via @addthis
  • communitasweb: Meeting with God's voice - Frederick Marais: http://bit.ly/bNDYIg | extensive guide using Listening Cycle to facilitate meetings
  • communitasweb: RT @chrisvanwyk: plaas die finale weergawes van die PowerPoint/Word preekhulpe vir Pinkster 2010 | Seisoen van Luister: http://bit.ly/9CAKHG