Familie-eredienste
Die SJK vat hande met NOUS om die weeklikse PowerPoint’s, wat altyd op die www.seisoenvanluister.co.za, www.gemeentes.co.za en www.bmedia.co.za se webwerwe gepubliseer was, hier te kontinueer. Die “Word” en PowerPoint dokumente het die afgelope 5 jaar goeie diens gedoen aan predikers en hulle veral gehelp om ook kinders in die erediens te akkommodeer en gee baie kreatiewe materiaal soos stories, aanhalings, eksegese en PowerPoint agtergronde. Besoek gerus www.nous.org.za om dit af te laai en sien ook al die ander Jeug bedienings hulpmiddels wat reeds daar beskikbaar is.











