Nous groepe
Die SJK is in vennootskap met ander medewerkers besig om die NOUS “brand” te vestig. Indien jy belangstel in verskeie video-clips wat jou gaan help om gesprek te stimuleer oor ‘n “emerging” teologie, kan jy gerus die kantoor kontak.
Tans is daar 5 CD’s beskikbaar, elk met 2 storie-clips op. Dit kan bestel word by die Jeugkantoor:
NO. 1 [in]nooi:
Mure
Lewer kommentaar oor die tipe gemeenskap (community) wat ons stig en wat ons vergader om te verskyn voor die aangesig van die Here (dis amper soos die intree-lied van die erediens)
Truspieëltjie
Wil gesprek stimuleer oor ons Godsbeeld sodat ons kan weet wie die God is wat ons roep en vir wie ons aanbid
NO. 2 [ge]vind
Appels
Verduidelik waar God aan die werk is en hoe ons Hom kan beleef
Sushi
Daag jou uit om nie soos die Fariseërs meer bekommerd te wees oor die reiniging-rituele as oor mense nie. As God mense roep, sal ons ons hande moet vuilmaak in die seer van ander.
NO. 3 [op]soek
Hekel
Nooi jou uit om 'n nuwe begin te maak, te besef dat aan die einde van elke pad daar 'n nuwe reis begin
Spring
Daag jou uit om vrae te vra, eerlik te wees, jou opinie te lug, onseker te wees, te twyfel, te spring, alleen, maar veral ook saam met ander.
NO. 4 [uit]sien
Papiervliegtuig
Psalm 8) sê dit is in die teenwoordigheid van die Grootheid van God dat ons vlerke kry, dat ons nuut sal leer speel, omdat die Een voor wie ons speel, ons laat vlieg!
Wyn
(Joh 2:1-11) - met die water wat in wyn verander het, het 'n nuwe era vir mense en hul lewe saam met God aangebreek. God maak ons vry van verleentheid en neem ons in die rigting van vreugde.
NO. 5 [ge]heel
Paint by numbers
wil ons leer om met minder reëls te leef, te soek na die vreugde in elke oomblik, vir Jesus na te volg, wat dikwels buite die lyne geverf het.
Lepel
Nooi jou uit om met hoop te leef. Hoop is om verby jouself te kyk en God se groter prentjie te sien. om te glo dat die onsienbare belofte reeds besig is om te realiseer.











