Wie is ons en waar
Die Jeugkantoor in die Sinodale Sentrum in Bellville is deel van die Communitas-Netwerk wat gemeentes wil help om hulle roeping te ontdek en hulle gawes te ontsluit.
Die SJK behartig alle aspekte van die Jeugbediening van gemeentes en sal graag saam met gemeentes wil dink en werk om hierdie bediening verder uit te brei. Kontak gerus vir Gielie of Louisa oor enige inisiatief wat ons kan ondersteun en aan kan meewerk.
Gielie Loubser: gielie@kaapkerk.co.za Louisa Crafford: jeug@kaapkerk.co.za Tel no: 021/957 7199
Aangeheg is die Katalogus van alles wat by die Jeugkantoor beskikbaar is.











