Webtuistes
Communitas het 'n deel van hulle webruimte by Hetzner beskikbaar gestel vir gemeentes om hulle eie webtuistes te huisves. Deur middel van die VBO kursus, Ontwikkel 'n Interaktiewe Webtuiste, word gemeenteleiers begelei in die ontwerp, ontwikkeling en instandhouding daarvan. Die eerste kursus is in die Oos-Kaap gehou en 6 gemeentes het van die geleentheid gebruik gemaak. Hier is die eerste vrugte van hulle werk.












