23 May 2011 @ 11:05 AM 

Die Sentrum bied sy eerste kursus in Durbanville aan!

Ek het die voorreg gehad om Suster Mary Fisher te leer ken. Sy is baie betrokke by die Geloofsreis vir predikante wat ek begelei. Wat ‘n bron van geestelike wysheid!!

Suster Mary Fisher, is deel van die “Franciscan Missionary Sisters for Africa” en lei die kursus “Intensive Journal” al vir baie jare . Mary is ook ‘n “Spiritual Director” vir baie jare en het jare lange ervaring as Retaite leier in baie dele van Afrika. Sy bied verskeie kursusse aan oor Spiritualiteit, Gebed en Geestelike groei.

INTENSIVE JOURNAL

The Intensive Journal is a tool offering a continuity and direction for healing and discovery within a person’s life. This tool was developed by Dr. Ira Progoff, who said, “The times of emotional difficulty and stress in a person’s life are usually the times of transition, when the inner pressures build up, prodding the psyche to take the next step”. He is offering us through the Intensive Journal a new method of personal growth, which has evolved from his years of psychological writings and private practice.

Intensive Journal is geskik vir alle ouderdomme, tipe persoonlikhede, ongeag waar jy tans is in jou reis saam met Jesus.

Datum: 13-16 Junie 2011 (16 Junie is Jeugdag)

Tyd: 0900-1700

Plek: Kerk, Durbanvillegemeente

Koste: R800 pp (Materiaal, tee, middagete ingesluit)

Sluitingsdatum vir inskrywings: 6 Junie 2011

Inskrywings en betalings: Thea van Schoor (tvschoor@gmail.com)

Vir meer inligting kontak Gys (0825637441) en Thea van Schoor (0824427694)

Bookmark and Share
Posted By: Webmeester
Last Edit: 23 May 2011 @ 11:05 AM

EmailPermalinkComments (0)
Tags
Categories: geloofsvorming

 12 Jan 2010 @ 5:56 PM 

Waar trek ons nou? Ons het verlede jaar begin met ‘n Geloofsvormende reis vir Ds. Daar was 2 geleenthede wat bygewoon kon word. Altwee het gehandel oor Pete Scazzero se werk: Emotional healthy church en Emotional healthy spirituaity. Dit was vir ons Nb om hier te begin. Vir die Geloofsvormende reis is dit noodsaaklik om diep en eerlik na ons self te kyk. Die innerlike reis is abie NB. Scazzero het ons gehelp om ons eie emosionele ongesondheid raak te sien. Die pad van groter emosionele gesondheid is die pad van kontemplatiewe spiritualiteit. Stadiger leef!
Vir die wat reeds 2009 deurloop het is daar 2 unieke byeenkomste wat voorle:
3-7 Mei. Vir ‘n week lank word ons verder begelei op die reis van selfontdekking. Suster Mary (wat saam met Willem Nicol werk) doen die Enneagram met ons. Net 14 persone kan dit bywoon en jy moes die Scazzero werkswinkels bygewoon het in 2009.
8-13 Augustus. Dallas Willard besoek RSA!!! (Kaapstad) Ons is baie opgewonde hieroor. Dis uiteraard oop vir enigiemand om by te woon (Ds). Daar sal heelwaarskynlik die Sondag ‘n oop byeenkoms vir almal wees, maar dan vanaf die Maandag tot die Vrydag slegs vir Ds. Verdere inligting sal beskikbaar gestel word, so gou finale reelings getref is.
In 2010 word daar ook weer met ‘n nuwe siklus begin: 2 byeenkomste wat handel oor Emosionele gesondheid. Die 2 datums is 19-21 April en 13-15 Sept in die Kaap. Plek sal later bekend gemaak word. Inskrywings kan reeds by Chrisna (Communitas) gedoen word.

Geloofsvormende reis vir gemeentes.
‘n Geloofsvormende reis vir gemeentes is ook besig om gestalte te kry. Op hierdie stadium lyk die beplanning soos volg
Jaar Eerste kwart: 40 dae 2de kwartaal 3de kwartaal 4de kwart
Jaar 1 Leer leef met Jesus Jesus is Here! Luister Retraites
Jaar 2 Jesus maak ons heel Die innerlike reis (1) Die innerlike reis (2) Retraites
Jaar 3 Jesus stuur ons 8 patrone Handelinge Retraites
Jaar 4 Jesus vorm ons harte Dallas Willard Dallas Willard Retraites
Jaar 5 Nuwe lewe deur die Gees Christelike praktyke Christelike praktyke Retraites

‘n Hele paar gemeentes gaan nou in die 1ste kwartaal met “Leer leef met Jesus” begin. Sterkte! Die res van die publikasies is besig om ontwikkel te word.Kontak myself by gysvs@iafrica.com
Deon Loots se Dissipelskap proses wil ek ook sterk aanbeveel. Dit word deur verskeie gemeentes met groot seen gebruik. Kontak Deon by dissipel@gmail.com

Twee boeke wat ek die vakansie gelees het en baie sterk wil aanbeveel is:
* Richard Foster – Life with God. Bevestig waarmee ons in ons reis mee besig is.
* Eugene Peterson – The Jesus way. Hierdie boek is ‘n moet lees. Uitdagend. Ek dink Peterson se beste boek tot dusver.

Peterson verwys oa ook na Jesus se eerste woorde as weselik vir nie net die verstaan van Jesus en sy werk nie, maar ook van wat Christenwees beteken. Hy verwys spes na die werkwoorde:
The firstimperative, :Repen”, requires a decision to leave ons way of life and set out on another.
The second imperative, “Belive” , requires a personal, trusting, relational involvement in this comprehensive reordering of reality. (Koninkryk)
And the third imperative, “Follow”, gets us moving obediently in a way of life that is visible and audible in Jesus, a way of speaking and thinking, imagining and praying, that is congruent with the present, immediate (“at hand”) kingdom realities.
Seen
Gys

Bookmark and Share
Posted By: gys
Last Edit: 08 Feb 2010 @ 05:01 AM

EmailPermalinkComments (1)
Tags
Categories: geloofsvorming

 08 Aug 2009 @ 10:43 AM 

Na 2 byeenkomste in Namibie, een in die Wes-Kaap en Suid-Kaap en die volgende een op 25-27 Aug in PE, wil ek ‘n paar opmerkinge maak.

  1. Die noodsaaklikheid vir ‘n reis van geloofsvorming vir die predikant is van kardinale belang. Dit gaan nie op hierdie reis oor iets wat ons moet gaan doen nie, maar ‘n uitnodiging tot ‘n egte, gesonde, meer emosioneel volwasse mens wat weer leer om eerstehands met God te lewe en weer met vreugde te kan lewe. Lg sluit ons huwelike, gesinne en ons werk in.
  2. Radikale innerlike transformasie (Rennovation of the heart – Dallas Willard) is wesenlik deel van hierdie reis.
  3. Emosionele onvolwassenheid en ongesondheid (Scazzero) verhinder tot ‘n groot mate hierdie transformasieproses. Dit is vir my sleg om te bely dat na meer as 35 jaar as ‘n christen en meer as 25 jaar as ‘n Ds ek ontdek het dat ek in sekere fasette van my lewe ‘n emosionele babatjie is!! Dit het veral geweldige gevolge gehad vir my huwelik en my gesin. Dit het ook enorme gevolge vir die integriteit waarmee ons as christene en daarom ook as Ds verlos is om te lewe.
  4. Ek merk op dat daar ‘n geweldige wanbalans by ons Ds is tussen ons “doing” en “being”. Hierdie wanbalans word op hierdie reis aangespreek.
  5. Ons begin die reis van die “vals self” na die “ware self”. Ons kan maar die maskers laat val…
  6. Wat ‘n bevryding!
  7. Ek het die afgelope tyd heilige grond betree wanneer Ds eerlik begin raak het oor waar hy/sy is. Dankie dat julle bereid was om dit te doen bv in die 3 jongste getuienisse op die blog. Die pad van herstel begin daar waar ons eerlik raak met onsself…
  8. Enige Ds wat by ons wil aansluit is BAIE welkom. Ons reis as gebrokenes saam…
Bookmark and Share
Posted By: gys
Last Edit: 12 Aug 2009 @ 10:49 AM

EmailPermalinkComments (1)
Tags

 22 Apr 2009 @ 1:56 PM 

Pete Scazzero het 2 boeke geskrywe: “Emotional Heathy Church” en “Emotional Healthy Spirituality (EHS)”. Altwee het werkboeke wat in groepe gedoen kan word. Ons is besig om te onderhandel om (EHS) werkboek in Afrikaans te vertaal. EHS word nou as ‘n pakket bemark – DVD, boek en werkboek.

Pete spreek hier ‘n uiters belangrike aspek van dissipelskap/christenwees aan. Ek het in my eie lewe ontdek dat ek in sekere areas van my lewe emosioneel uiters onvolwasse is. (Pete het ‘n vraelys wat jou hiermee help.) Ek sien ook rondom my hoe christene, selfs na jare van christenwees emosioneel onvolwasse bly. Ek sien dit ook by predikante …

Ons gaan in ons VBO “Geloofsvormende reis vir predikante” hieraan aandag gee. Ons begin met Emosioneel Gesonde Spiritualiteit.

WAARSKUWING: MOET NIE HIERDIE KURSUS IN JOU GEMEENTE AANBIED, ALVORENS JY NIE SELF AL ‘N ENT GEGROEI HET IN EMOSIONELE VOLWASSENHEID NIE. KOM WOON ONS VOLGENDE VBO GELEENTHEID OOR EHS BY.

NS: Ons het Pete genooi om volgende jaar SA toe te kom.

Bookmark and Share
Posted By: gys
Last Edit: 24 Apr 2009 @ 08:21 AM

EmailPermalinkComments (0)
Tags

 18 Apr 2009 @ 6:07 PM 

Robert Mulholland beskrywe geloofsvorming as ‘n lewenslange reis van transformasie waarop ons alhoemeer verander word om aan Christus gelyk te word ter wille van ons naaste.

Dallas Willard:

1.    Christian spiritual formation is the redemptive process of forming the inner human world so that it takes on the character of the inner being of Christ himself. In the degree to which it is successful, the outer life of the individual becomes a natural expression or outflow of the character and teachings of Jesus. But the external manifestation of “Christlikeness” is not the focus of the process; and when it is made the main emphasis the process will be defeated, falling into crushing legalisms and parochialisms. “That Christ be formed in you” (Gla. 4:19) is the eternal watchword of Christian spiritual formation, fortified by the assurance that, while “the letter of the law kills, the spirit gives life.” (II Cor. 3:6)

2.    Spiritual formation in the tradition of Jesus Christ is the process of transformation of the inmost dimension of the human being, the heart, which is the same as the spirit or will. It is being formed (really, transformed) in such a way that its natural expression comes to be the deeds of Christ done in the power of Christ.

Bookmark and Share
Posted By: gys
Last Edit: 18 Apr 2009 @ 06:11 PM

EmailPermalinkComments (6)
Tags

 18 Apr 2009 @ 6:01 PM 

Ek het die voorreg gehad om in 2008 die VSA te besoek waar ek ‘n tydjie met Dallas Willard kon spandeer, asook Pete Scazzero se kursus oor “Emotional healthy spirituality”  kon bywoon.

Na ‘n gesprek met Coenie Burger het ons besluit om Scazzero se kursus in Nambië en in die Wes-Kaap met predikante gedurende die eerste kwartaal 2009 te doen. Altwee hierdie geleenthede het iets bevestig van die behoefte van predikante om self meer doelgerig by ‘n geloofsvormende reis betrokke te wees.

Hierdie behoefte is verder versterk in gesprekke met Danie Mouton en Deon Loots in die Oos-Kaap. Ons 3 het ‘n versoek van VBO gekry om gemeentes te help om ‘n dissipelskap proses in gemeentes te fassiliteer. Dit het egter baie gou vir ons duidelik geword dat ons nie nog “tool” vir predikante in die hand moet gee nie. (Jy kan in elk geval nie so ‘n proses in ‘n gemeente lei as jy nie self op so reis is nie.)

Ons is baie opgewonde oor ‘n reis van geloofsvorming vir predikante wat ons op hierdie stadium as ‘n 3 jaarproses sien. Die reis verloop in drie fases, wat elk uit drie byeenkomste per jaar bestaan, vir ‘n totaal van 9 byeenkomste oor ‘n driejaar periode.

Dominees kan op enige stadium van die reis aansluit, of die reis verlaat, of die reis uitstel.

GELOOFSVORMENDE REIS VIR PREDIKANTE

JAAR 1: Ontwikkeling van ‘n gesonde spiritualiteit

Byeenkoms 1.1:  Kontoere van emosioneel gesonde spiritualiteit

Byeenkoms 1.2 Groei in jou persoonlike identiteit in Christus

Byeenkoms 1.3 Reis van selfontdekking: bekering van die hart (Enneagram)

JAAR 2: Om met Jesus te leer leef

Byeenkoms 2.1 Retreat: “Kom luister na wat Ek jou oor die lewe wil leer”

Byeenkoms 2.2 Teologiese kontoere: Om vandag saam met Jesus (die Here) in die koninkryk te  lewe.

Byeenkoms 2.3 Vernuwing van die hart (Dallas Willard).

JAAR 3:  Christelike praktyke

Byeenkomste 3.1, 3.2 en 3.3 handel oor ‘n seleksie van drie Christelike praktyke per byeenkoms wat deur die eeue deur christene beoefen is

Ek is seker dat van hierdie inhoud sal verander soos wat ons die pad begin loop.

Bookmark and Share
Posted By: gys
Last Edit: 22 Apr 2009 @ 12:44 PM

EmailPermalinkComments (2)
Tags

 18 Apr 2009 @ 5:38 PM 

Welkom by die nuwe blog by Communitas. Dit gaan handel oor geloofsvorming en staan onder leiding van Gys van Schoor wat ook met VBO kursusse hieroor besig is.  Lees die bydraes en lewer kommentaar.

Webmeester

Bookmark and Share
Posted By: Webmeester
Last Edit: 18 Apr 2009 @ 06:13 PM

EmailPermalinkComments (9)
Tags
Categories: Webtuiste admin





 Last 50 Posts
Change Theme...
  • Users » 85
  • Posts/Pages » 18
  • Comments » 22
Change Theme...
  • VoidVoid « Default
  • LifeLife
  • EarthEarth
  • WindWind
  • WaterWater
  • FireFire
  • LightLight

Oor Gys



    No Child Pages.