Inligting

Maandelikse fokus

Preekbeplanning

Verder geluister

PREEKSTUDIES - Blog

AddThis Social Bookmark Button
AddThis Social Bookmark Button

Jou band met Jesus het baie met jou houding teenoor jouself, mense en dinge te make.

‘n Kritiese kyk na patriargie.

Jesus se skerp uitspraak in Lukas 14:26 :"…as iemand na My toe wil kom, kan hy nie My dissipel wees tensy hy bereid is om afstand te doen van sy vader en moeder en vrou en kinders, en broers en susters nie" klink so “onchristelik”. Dit toon 'n duidelike anti-familiale ingesteldheid, wat by ander uitsprake van Jesus aansluit: “‘n dissipel van Jesus impliseer haat teenoor sy eie familie” (Matteus 10:37-38); “niemand wat 'n huis, broer of suster, vader of moeder, vrou of kind ter wille van Jesus verlaat het, is nie daarvoor beloon nie” (Lukas 18:29-30); “Jesus se familie is nie sy moeder en broers nie, maar hulle wat die wil van die Vader doen” (Lukas 8:20-21); “Jesus het nie gekom om vrede te bring nie, maar om families te verdeel” (Luk 12:51-53); en vir “diegene wat Jesus volg, is daar nie tyd om eers 'n vader te gaan begrawe en Jesus dan te kom volg nie” (Luk 9:57-60).

Sou Jesus so onsensitief teenoor Sy volgelinge se geliefdes en naasbestaandes wees? Sjoe, néé ek kan my nie indink dit was Jesus se bedoeling nie! Ons behoort die sosio-histories en godsdienstig-kulturele konteks (leef situasie) waarin die uitspraak gemaak is, in ag te neem. Die patriargale sisteem van die eerste eeu - 'n sisteem waar vroue besittings in 'n man se wêreld was en die mag van die man as normaal beskou is, het tot die marginalisering van vroue en kinders gelei. Jesus kom in opstand, nie teen die familie per se nie, maar die patriargale sisteem wat 'n bepaalde verstaan van die gesin in stand hou. Jesus se "nuwe familie" funksioneer op ander beginsels. Hy is nie-seksisties en anti hiërargies. Daarom sal die vorige "familie" (patriargale sisteem) versaak moet word om deel van die nuwe familie te kan word en Jesus te volg (lees Ernest van Eck, Een teks – meerdere betekenisse: Hoe lees ons die Bybel? Herv. teol. stud. v.64 n.3 Pretoria jul./set. 2008).

Add a comment
AddThis Social Bookmark Button

29ste Sondag in Koninkrykstyd ~ 29 Agustus 2010: Lukas 14:1; 7-14 (11) 

Jy is nie by God in tel as jy hoogmoedig is nie …

Ons kry by God waardigheid nie op grond van ons posisie en status in die samelewing nie. Hierdie God waardigheid sien ander in ons lewenswyse, in ons goedaardigheid. Jy is rêrig nie by God in tel as jy hoogmoedig is nie. Petrus  skryf “God is teen die wat te veel van hulleself dink…”. (1 Petrus 5:5)  CS Lewis sê weer: “As jy hoogmoedig is, kan jy God nie ken nie. Mense wat afkyk, kan nie sien wat bo hulle aangaan nie”. 

Daarom sien die navolgers van Jesus nie neer op diegene sonder aansien nie, maar sien na hulle om. Die mense anderkant van die spoor word nie net raakgesien nie, hulle waardigheid word erken. Ek lees op die blog Bek uitspoel die volgende:

Anderkant van die spoor…

Add a comment
AddThis Social Bookmark Button

22 Augustus 2010 ~ Twaalfde Sondag in Koninkrykstyd: Jesaja 58:9b-14 ~ Waardes hou belofte in

Iemand het eenkeer gesê:  We do not see things as they are: we see them as we are.

En dis hoekom ons Jesaja 58:9b-14 kan lees, en nie kan hou waarvan ons lees nie. Ons lees daar dat God vir ons sê ons moet dit en dat doen, en dan sal Hy vir ons dit en die ander doen.

En ons hou nie daarvan nie. En tereg ook. Want dit klink vir ons ‘n bietjie Middeleeus. Dit klink soos daardie tye voor die Reformasie toe die Roomse Kerk vir mense gesê het hulle moet betaal om in die hemel te kom. Gelukkig is die Roomse Kerk lankal nie meer so nie, maar dit het ‘n Martin Luther gevat om vir ons te sê:  Maar God se genade is genoeg. En verniet. Ons hoef, ons mag, dit nie probeer verdien nie.

Add a comment
AddThis Social Bookmark Button

15 Augustus 2010 ~ Elfde Sondag in Koninkrykstyd: Die Here sing ‘n lied ~ Jesaja 5:1-7

Dis nou al ‘n hele ruk dat ek iets agterkom. Ek kom agter die leier-ouderling in ons gemeente wil hê ek moet die mense aanspreek. Hy wil hê ek moet hulle ‘n bietjie uittrap, regtik na die nou weg. Ek praat nou van die gemeente in Sakhelwe, Dullstroom, waar ek die predikant is. En waar ek baie lief is vir die leierouderling, en altyd sy aanvoeling oor dinge aanvaar.
Hy geniet beleefd my preke waarin ek die mense bemoedig en aanspoor, en vir hulle vertel hulle het waarde in God se oë en dat God aan hulle kant is, voel ek aan. Maar dit het ook tyd geword dat ek die gemeente ‘n bietjie oor hulle sondes aanspreek. Dit is wat die leierouderling wil hê, voel ek nou aan.

Dis dié dat ek toe besluit om verlede Sondag oor Jesaja 5:1-7 te preek. Ek gaan ‘n lied preek, die Lied van die Wingerd, soos dit bekend staan.
Ek beduie vir die gemeente waar hulle op verslete bankies in ‘n lekkende hard-board-geboutjie sit, dat die Here nie net altyd met ‘n mens praat nie. Partykeer sing Hy vir jou.

Die gemeente is nou die ene ore, want hulle weet van sing. Hulle kán sing.
Add a comment
AddThis Social Bookmark Button

8 Augustus: Tiende Sondag in Koninkrykstyd ~ Jesaja 1:1,10-20

Christene gebruik die woord genade so baie (geïmpliseer in 1:18). Wanneer ons bid sluit ons gewoonlik af met: “Ons vra dit nie uit verdienste nie, maar slegs uit genade”. As ons amper in ‘n ongeluk was, maar niks oorgekom het nie, sê ons feitlik sonder uitsondering: “Sjoe, dit was net genade”. As ons een of ander vorm van geluk ervaar, sê ons: “Genadiglik het dit vir ons goed uitgewerk!”. Ons preek: “Alles wat ons ís en het, is net genade!” en ons word groot met: “Ons word uit genade alleen gered.”

Op só baie maniere gebruik ons die woord genade. Selfs die kleinste kinders ken die woord. Ons vertel hulle van jongs af dat die God van die Bybel is ‘n God van genade. Maar weet ons nog wat hierdie woord regtig beteken?

Ferdinand Deist skryf iewers: “Die woord genade het verslyt geraak.” Kan dit wees? 

Add a comment

Communitas logo

Chris Jones

Chris Jones en ander se verdere gedagtes oor die fokusteks van die week.

Kommentaar en gesprek

Facebook

  • As kerkverlaters met hulle eertyds gemeentes praat http://t.co/I79tL94 via @AddThis 3 days ago
  • By die Swartberg Indaba het 'n baie interessante gesprek oor GROEN ontstaan: Die bewaring van die natuur en ons rentmeesterskap. Lees en gesels saam: 3 days ago
  • Frederick Marais vertel wat hy geleer het in gesprekke met kerkverlater 4 days ago
  • Nuwe webtuiste geskep vir Kerkspieël by GDN: www.kerkspieel.co.za. Navorsing van 1981 tot 2006 nou beskikbaar vir aflaai. 2 weeks ago
  • Jan Bisschoff deel sy gedagtes oor die lewe ... sonder die mantel van dominee | eerste drie van vyf artikels gepubliseer. 2 weeks ago

Twitter

  • communitasweb: As kerkverlaters met hulle eertyds gemeentes praat http://t.co/I79tL94 via @AddThis 3 days ago
  • communitasweb: Feel it - it is here! As ons oor Soweto verkeerd kan wees, waaroor nog alles?: http://bit.ly/d0Iyvt - artikel by Sokker Wêreldbeker forum
  • communitasweb: RT @chrisvanwyk: Rekordmaand vir Seisoen van Luister: http://bit.ly/cqJ8F5 via @addthis
  • communitasweb: Meeting with God's voice - Frederick Marais: http://bit.ly/bNDYIg | extensive guide using Listening Cycle to facilitate meetings
  • communitasweb: RT @chrisvanwyk: plaas die finale weergawes van die PowerPoint/Word preekhulpe vir Pinkster 2010 | Seisoen van Luister: http://bit.ly/9CAKHG

Argief van leesrooster tekste - OT

Argief van leesrooster tekste - NT

Argief van leesrooster tekste - Liturgieë