Padlangs met gemeentes

Padlangs met gemeentes

Frederick Marais van Communitas

Padlangs met gemeentes RSS Feed
 
 
 
 

Gemeentekultuur unpact

Ek moes hierdie afgelope 6 maande heelwat lees oor kultuur in gemeentes en het tot ‘n paar ontdekkings (sommige bekerings) gekom oor die saak. Anders gelees probeer ek maar eintlik se dat ek in my vorige lewe heelwat nonsense gepraat het oor kultuur in gemeentes- so neem hierdie ook maar as soort van ‘n belydenis.

  • Prosesse wat nie inpakteer op die skepping van ‘n nuwe kultuur in die gemeente nie, maar alleen fokus op die transaksionele strukture en bedieninge is gedoem om te faal. Dit is eers wanneer ons instaat is om inpak te maak op die kultuur van ‘n gemeente wat die vernuwing volhoubaar word.
  • Die kultuur van ‘n gemeente is nooit staties nie maar altyd ‘n dinamiese dialogiese proses waar die gemeente basies in gesprek is met die konteks en die hele tyd besig is om dinamies te reageer op die uitdagings van die konteks. Soms beland ‘n gemeente egter so op ‘n eiland- geisoleerd van die heersende kultuur- dat die gemeente haar vermoe verloor om met die mense van daardie gemeenskap te kommunikeer. Die is dan wanneer die heerdende kultuur in die gemeente toksies raak en die sisteem vergiftig. Die waarheid is dat toksiese sisteme niks het om te verloor nie en dikwels al hulle energie spandeer aan oorlewing en meeste van ons uitoorle daarin.
  • As leiers die kultuur van die gemeente sien as hulle vyand wat hulle moet beveg, is die reaksie in die gemeente ‘n verharding en ‘n verskansing van die kultuur. Wyse leiers beveg nie ‘n kultuur nie, maar transformeer dit deur te waardeer en te kritiseer. Ek moes al dikwels in konferensies luister na geleerdes wat beweeg sacred cows make the best steak- na jare het ek ‘n antwoord hierop- You are welcome but you will be the 3rd seak they eat!
  • Die meeste goed wat geskryf word oor die kultuur in gemeentes is baie teoreties deur mense wat nie noodwendig ‘n evenageliese tranformasie motief in gedagte het nie. Ek voel dinkwels na die lees van die boeke- dankie maar hoe nou verder as ek dink die evangelie daag my gemeente se kultuur uit om te transformeer.
  • H Richard Niebuhr se klassieke werk Christ en Culture help ons om te verstaan dat die transformasie van die kultuur nie noodwendig die enigste opsie is vir die leierskap in ‘n gemeente nie- soms moet daar oor bevestiging in tye van chaos plaasvind bv. Die Evangelie en Transformasie is nie sinonieme nie- aan die anderkant is suiwerheid en instandhouding  ook nie altyd sinonieme nie.
  • Daar is 4 levers wat ons help met die skep van ‘n nuwe kultuur:
  •              die skep van ‘n nuwe taal(of narratief),
  •              die bewusmaking en verantwoording tov kernwaardes,
  •              die in-oefening van nuwe gedrag en
  •              die be-oefening van nuwe gewoontes wat aan die gemeente die kans gee om die nuwe kultuur te doen en       nie net daaroor te praat nie.
  • Lesslie Newbigin se stelling dat die westerse kultuur die mees weerstandige kultuur teenoor die kernwaardes van die evangelie is- het my geweldig baie gehelp om in die blindkol van ons/my eie kerkultuur te verstaan. Daar is op baie diep kultuurvlak in gemeentes wat orienteer aan hierdie westerse moderne kultuur, weerstande teen die evangelie wat ons eenvoudig in die oe moet kyk.
  • Ons ontdek ons kulturele blindkolle die beste wanneer ons in dialoog is met gemeentes en christene van ‘n ander kultuur. Hierdie proses is ‘n proses van geloofsonderskeiding wat ten beste werk as ons ons besig hoe met vrae oor God en nie vrae oor die kerk nie.
  • Die Christendom se erfenis is gemeentes met ‘n kultuur van bewaring eerder as ‘n kultuur van verwondering en daarom sal soveel mense uit die post-christendom in hulle kontak met ons ervaar dat ons met die instandhouding van die kerk besig is en nie met God nie.
Bookmark and Share

Wat kan die mislukking van Uitkoms Gebaseerder Onderwys(UGO) ons leer oor (aanpassende) verandering?

Ek is van baie kleins af gefassineer deur verandering. Trouens my eerste ervarings van die kerk was hoe ek as klein seuntije in die bank gesit en uitwerk het hoe kan ‘n mens dit wat nou hier gebeur anders doen? So hou ek van die kantlyn af die prosesse in die onderwys oor die afgelope aantal jare dop- en van lank al af het ek die aanvoeling die proses rondom UGO werk nie. En nou het dit gebeur tot ons almal se skade. Ek dink dit is jammer want ek dink UGO is uitstekend en my kinders het beslis baat gevind daarby. Hulle onderrig was eenvoudig ligjare beter as wat ek ontvang het.

Die Nasionale Departement van Onderwys gaan Uitkoms Gebaseerde Onderwys(UGO) en die gepaardgaande kurrikilum ontwikkeling van die afgelope 15 jaar terugtrek/onttrek/afskaf, is die afgelope aantal weke aangekondig. Ek wil op geen manier dans op ander se grafte nie, ook nie op enige wyse suggereer dat die huidige departement onbevoeg is nie, inteeenddeel ek wil nadink oor wat ons hieruit kan leer. ‘n Fout word ‘n excellent mistake indien ons daaroor nadink en daaruit leer, maar dit vra die moed om foute te maak soos wat Dan Ward in sy blog hieroor skryf.

Ek dink ons het hier te make met ‘n goedbedoelde proses van verandering maar wat ge-implementeer is asof dit met bestaande kennis en vardghede toegepas sou kon word.

Aanpassende veradering – adaptive change- is ‘n term wat gemunt is deur Ronald Heifetz en dui op  verandering wat nie met bestaande kennis en vaardighede toegepas kan word nie, omdat aanpassende veradnering ook verandering bring tov die diepste vertrekpunte van die sisteem.  Tegniese verandering is verandering wat met bestaande kennis-lees vanuit-’n-vorige-era-of-paradigma  suksesvol geimplimenteer kan word. Tregniese verandering kom meestal neer op beter-en-harder-werk-met meer-fokus.

Die implementering van die UGO stelsel was  duidelik meer as net ‘n tegniese aanpassing gewees wat met die bestaande kennis en vaardighede toegepas kon word.  Alan Roxburgh beskryf die uitdaging van aanpassende verandering in sy boek The sky is falling min of meer soos volg:

  In tye van aanpassende veradering sal bestaande kennis en vaardighede die proses mislei! Die proses kan net slaag indien die leierskap bereid is om oor hulle mees basiese uitgangpunte, vaardighede en houdings  leerbaar en oop te wees. Een van die belangrikste vereistes vir ‘n geslaagde Aanpassende veradering is ‘n fokus op die bou van nuwe kapasiteit onder die leiers. Ek is onseker of onderwysers en ouers se kapasiteit gebou is vir UBO

Aanpassende verandering vra geduld omdat die hele sisteem deur ‘n proses van nuwe orientasie moet werk- ou bekende voorvoorveronderstellings is nie net nie meer geldig nie, maar vergiftig in der waarheid die nuwe sisteem. Die probleem is dat die ou veronderstellings so goed in die verlede gewerk het en daarom is dit so moeilik om van hulle ontslae te raak.

Ek dink diwels as dit oor God en die kerk gaan is die uitgangspunt oor die algemeen: Die antwoord le in die verlede! en dit is juis hierdie uitgangspunt wat ons vergiftig.

Aanpassende verandering vra geduld. Ek wonder of daar genoeg geduld was met die mense in die sisteem van onderwys om rustig in te groei in die nuwe sisteem en voorverondersteeling van die UFGO.  Die aanleer van nuwe voorveronderstellings is om soos teen die grein in te skaaf- dit voel verkeer en is aanvanklik maar ‘n morsige aangeleentheid.  Indien daar te vinnig te veel druk is op prestasie raak dinge eenvoudig onhoudbaar, val prosesse vas en word ou sisteme weer in plek gesit.

Aanpassende verandering vra berekende risiko’s en eksperimentering. Dit is so ingrypend dat dit nie eensklaps in die totale sisteem aangewens kan word nie.  Indien aanpasse aanpassende verandering gelyktydig in die totale sisteem toegepas word is die kanse meer as goed dat die sisteem beskadig sal word.  Daarom is dit belangrik om eers te eksperimenteer met gewillige innoveerders wat nie omgee om foute te maak nie. Ek het nie die indruk dat die onderwys sisteem UGO eers genoegsaam deur ‘n groep lootsskole gevoe het voordat hulle dit in die volle sisteem toegepas het nie.

Genoeg geleer uit die onderwys- wat daarvan ons maak dit van toepassing op kerkeenhied, of die gestuurde uitdagings van die kerk, op die uitdagings tov ons jeug en ons sal sien dat baie van ons onvermoe om met hierdie soort prosesse te slaag te make het met ons onderskatting van die aard en inpak van die proses van veranering. Ons moet en kan by die foute van die onderwysers leer…

Bookmark and Share

Wat maak ons blind, doof en doods

Jannie Swart het ‘n paar maande gelede op sy blog Tussenin ‘n uitstekende bydrae gelewer oor die Blindekol van leiers. Hy beseer sy bydrae op die werk van Otto Schrarmer The U Theory wat ek ook onlangs begin lees het. Ek vind dit eenvoudig fasinerend. Jannie vat dit uitsteken raak tov die blinde kol- wat in die kern staan van die U Theory. Schramer sien dit as die uitdaging vir leierskap om dieper te luister as net die feitlike kennisinhoude, maar ingeneem te word in ‘n dialoog waar ons bereid is om ons voorveronderstellings die suspendeer om gesprek te voer oor die dieper ervarings en motiverings van ons lewe- dinge waarvan ons dikwels onbewus is. Wanneer dit gebeur raak  ons present-teenwoordig. 

As ek so ‘n bietjie van die ander kant af mag dink wonder ek op hierdie stadium kliphard wat maak dat die blindekol daar is. Wat maak bv dat ons een oomblik die ervaring het van die beweging van die Gees en die volgende aangaan asof ons dit nie gesien het nie. Ek dink dit het te make met ons onvermoe om verras te word deur die lewende teenwoordigheid van God- want die lewende teenwooridgheid van God  le buite ons beheer en maak ons angstig en onseker en laat ons teruggryp na die bekende en die bevestiging daarvan.

 Scharmer se erens dat indien mense nie bewus word van hulle blindekol nie, kan hulle nie present of teenwoordig raak nie, maar raak hulle absent-ek dink dit is min of meer ontoeganklik- hulle(ons) is daar maar hulle(ons) is nie daar nie. Dit was soos ‘n lig wat opgegaan het toe ek dit lees- ek kon myself en soveel van ons sien in vergaderings, in gesprekke, in kursusse ons is daar maar ons is ook nie daar nie- ons is absent. Daar is geen varsheid en opwinding nie maar net die repetisie van die bekende, woorde en idees oor God, maar geen werklike conneksie met God en met mekaar nie.

So my vraag is aan die ander kant as joune, Jannie – wat is die oogklappe wat ons vermoe om te sien wat ons moet sien, wat is dit wat ons ontoeganklik maak vir die nuwe. Ons het in die filosofie geleer dit is wat ideologie doen, dit maak jou blind- wat ‘n mens laat wonder in watter mate teologie ons blind maak. Marius Nel het by die Lewe die Gestuurde Roeping konferensie op ‘n baie treffende manier vertel hoedat sy studie in die NT hom doof gemaak het om die stem van God in die Bybel te kan hoor.  Pat Keifert het by dieselfde konferensie verwys na teologie wat  geneig is in der waarheid te gaan oor idees oor God en nie oor ‘n wandel met die lewende God self nie.  So kan teologie ons blind, doof en geestelik dood maak vir die beweging van die Gees en die lewende teenwoordigheid van God. Is dit nie dringend dat ons as predikante begin praat oor hierdie staat van blind-doof-doods-heid waar in ons so dinkwels verval nie en watter rol ons teologie daarin speel. Dit mag ‘n moeilike gesprek wees waarin daar baie van ons mag wees wat sal wil verdedig, maar ek dink dit kan ‘n wonderlike bevrydende gesprek wees.

Bookmark and Share

Leiers as reisgenote

Die beste is seker dat ek hierdie bydrae met ‘n presoonlike verhaal begin. Ek was 16 jaar oud en het teen daardie tyd al vir ‘n geruime tyd ervaar dat ek geroep word vir die bediening. Daar was egter te veel twyfels en onsekerhede wat in my rondgeloop het om positief op die reoping te reageer. In daardie tyd het ons Leraar- ds Fanie Liebenberg- een Sondag oor ‘n teks gepreek en min of meer die volgende gesê: Gemeente ek preek vanoggend oor hierdie teks, maar ek is onseker of ek die teks verstaan, eintlik weet eke k verstaan die teks nie heeltemal nie, maar gaan tog probeer om te vertel wat die teks met my gedoen het.

Hoekom is daar nou weer so ‘n opkoms van ‘n behoefte aan predikante wat soos “ware dominees van ouds” dinge gaan regmaak? (kodetaal vir die kerk vol preek en almal getrou besoek sodat hulle weer meelewende lidmate sal word) In een gemeente het hulle baie moeite gedoen om ‘n profiel vir ‘n Leraar op te stel en toe hulle die beroep moes uitbring- die eerste beste Leraar gekies wat darem lyk asof hy ons gaan bedien soos ‘n dominee van ouds- heel teenstrydig met die profiel wat opgestel is. Jaco Hamman skryf is sy uitstekende boek: When the Steeples Cry leading congregations through loss and change, dat gemeentes wat in tye van groot verandering leef en daarom dikwels verliese ervaar, genieg is om te soek na ‘n “dominant other” met wie hulle in ‘n onderhandeling gaan om om die situasie op ‘n wonderbaarlike manier vir hulle te kom beredder.

Die dominante leier word dan getaak om die gemeente te red van hulle onsekerhede, ongemak en diep ervarings van verliese. Nodeloos om te sê, die dominante leier kan nie namens die gemeente die noodsaaklike rouproses deurloop nie en is daarom uiteindelik gedoem om te misluk. Indien hulle die rol van dominante leier aanvaar- en vir baie van ons is dit ‘n byna onmoontlike veroeking om te weerstaan- weerhou hulle reddingsaksie die gemeente eintlik daarvan om as gemeenskap deur die onseker, pynlike maar helende proses van verliesverwerking te gaan. Ja weerhou hulle die gemeente van ‘n dieper en wonderlike pad wat hulle met die Here sou kon loop, as om net mar weer ‘n “suksesvolle”gemeente te wees.

Hoeveel keer het ek dit nie al in my werk met gemeentes ervaar dat so ‘n nuwe dominee of leier aanvanklik baie nuwe energie losmaak, die gemeente hoop gee, om dan op ‘n onverklaarbare manier vas te loop in ‘n muur van negatiewe emosie en dikwels irrasionele gedrag. Dan kruisig ‘n gemeente dikwels ‘n Leraar wanneer hyof sy die dinge kom doen waarvoor hulle hom of har beroep het. Die rede is natuurlik dat die dominante leier nie namens die gemeente deur die pyn van die rouproses kan gaan nie, maar die gemeente moet begelei om self deur die pyn van verlies en rou te werk en so genees te wqrd. Daarom sê Jaco Hamman terreg moet ons eerder significant others wees. Reisgenote wat saam met die gemeente deur die verliese werk die woestyn van onsekerheid betree om in die woestyn saam ‘n nuwe verstaan van God, onsself, die kerk en die koninkryk te ontvang. Nie probleemoplossers, of orators wat met one-liners die waarheid in mense se kele afdruk terwyl hulle eintlik in diep emosies van rou gedompel is nie. Maar reisgenote wat saam met die gemeente na binne kan reis in die donker kamers van ons onsekerheid, Wat met deernis maar besilstheid nie toelaat dat die reis vervlak in een of ander bedienings pynstiller wat ons weer hoop moet gee nie, maar wat in afhankliheid van die Gees bly glo dat die gemeenskap van die gelowiges deur die Woord en Gees gelei kan word tot ‘n nuwe seflverstaan. Jaco gee ‘n interessante lysie van wat so ‘n reisgenoot leier doen:

 

‘n Reisgenoot leier in teenstelling met ‘n dominerende leier

  • Respekteer die emosies van die geloofsgemeenskap- eerder as om te fokus op wat hulle behoort te dink
  • Beskik oom nuuskierige kreatiwiteit- eerder as om ‘n ekspert kommunikator te wees Leer van en met ander- eerder as om hulle te leer
  • Stap langs mense- eerder as voor hulle
  • Ontdek die gawe van heilige stilte- eerder as om die stilte vul met ‘n eindelose gekwetter van woorde
  • Getuig in respek van die stryd van ander- eerder as om net oor hulle eie ervarings te praat
  • Respekteer onsekerheid en wanorde- eerder as om oplossings te soek

 

As ek reg onthou het die gemeente nie veel van Fanie se preek gedink nie- hoe kan ‘n dominee dan onseker wees? Maar 35 jaar later is hier iemand wat vanaand skryf en nie die preek onthou nie, maar die leier wat ‘n reisgenoot was op die regte oomblik op die regte tyd en so my lewe onherroeplik verander het. Wat my laat dink dat dominerende leierskap meestal vir ons as leiers in die kerk ‘n versoeking is en nie ‘n roeping nie. Immers dit is hoe ek toenemend die man van Nasaret verstaan. Op daardie oomblik het ek geweet- dit kan ek doen, so kan ek predikant wees, en het ek bewend maar oortuig my ouers ingelig van my besluit. Ek het vir lank hiervan vergeet totdat ek ontlangs met ‘n reeks gemeentes te doen gehad het wat op soek is na leraars wat alles weet en dinge weer kan regmaak. Ek het in my gesprekke met die leraars agterkom dat hulle ook maar eintlik net eerlik die evangelie wil bring en leef soos wat hulle te ken en beleef, maar nie toegelaat word om so saam met die gemeente op reis te wees nie- of so ervaar hulle dit altans.

Bookmark and Share

Om deur ‘n kultuur gekaap te word?

Eers het ons kerk gesoek en besluit om by ’n gemeente van die United Reformed Church in te skakel (wat die naaste aan ons belydenis is en ons toegang gee tot die Engelse gemeenskap).

Die gemeente was vakant met die belofte van ’n ds op pad.  Die ds het reeds 2 gemeentes en sou ook die een “bedien”.  Met so baie gemeentes kon hy net een keer per maand by elk van “sy” gemeentes preek.

Die ander preekbeurte is uitgedeel.  ’n Ouderling het opdrag gehad om predikers te kry en die kerkraad het gesê waarvan hulle hou.  Predikers en predikers het opgedaag.  Party het die leesrooster gevolg, ander het hulle eie kop gevolg en gereeld het ons gefrustreerd die kerk verlaat.

Die United Reformed Church, Metodiste kerk en Anglikaanse kerk in die geografiese gebied het ’n ekumeniese samewerkingsooreenkoms wat maak dat hulle leraars oor en weer preek.  Daar is baie gemeentes vakant en nie in staat om ’n voltydse predikant te bekostig nie.  Naas die voltydse leraars is daar ook ’n aantal geakkrediteerde predikers en besoekende leraars.  Almal word ingedeel om die klompie gemeentes te bepreek.

Van Februarie 2009 is ek ’n “besoekende predikant” en preek elke keer op ’n ander plek.  Ek het myself beskikbaar gestel om een keer per maand in die “ring” te preek en as vrywilliger gemeenskapsdiens te lewer …

Vanuit my agtergrond en passie vra ek toe of ek nie maar elke keer by dieselfde gemeente kan preek nie.  Dis nou die een keer per maand.  Ek was trouens ook bereid om onder toesig van die “konsulent” ’n gesprek met die leiers aan te knoop oor die gemeente se plek in die samelewing en hulle pad vorentoe.  Ek praat nou van gemeentes waar daar op ’n Sondag miskien 20 mense opdaag vir ’n erediens.

Die antwoord was:  Nee, dis nie regverdig teenoor die ander gemeentes nie.  Almal moet dieselfde behandel word.

En so is ek vasgevang in ’n instandhoudingspraktyk waar almal of saam groei of saam besig is om onder te gaan.

Dit het my nogal aan die dink gesit oor kerkbegrip en geestelike leierskap.  Lyk my dit kan deur kultuur gekaap word en die moontlikheid van nuwe perspektiewe en praktyke verhinder.  En dis nie net die Engelse wat so maak nie …

Jan Bisschoff

Bookmark and Share

Om ‘n roeping te dra of deur die roeping gedra te word?

Ek het onlangs te doen gehad met ‘n hele paar gemeentes wat duidelikheid het oor hulle roeping, sommige gevalle reeds vir jare, maar hulle voel nie dat hulle daarin slaag om hulle roeping te leef nie en voel verdwaal of sommer net vasgeloop. Ek wonder hieroor. Soos hulle in sisteemdenke se, “you must admire the proble”!”.

Dit het my laat dink aan die getuienisse wat ek gehoor het van mense wat in 2006 betrokke was by die kerkeenheidsprosesse. Esselenpark was ‘n deurslaggewende byeenkoms- die ervaring van die roeping vir eenheid was so sterk dat die leiers binne ‘n paar jaar een kerk gesien het.  Ek het van hulle hoor se dit hulle fisies ervaar het dat die Gees in die vertrek was!  Daarna het Achterberg 1 en 2 gekom en meer wantroue en tot waar ons nou is in ‘n doodloopstraat. Wat het gebeur dat hierdie kragtige ingryp van die Gees skeinbaar totaal verlore geraak het? ‘n Kollega wat daar was het my gehelp toe hy vertel dat Esselenpark nie ‘n vergadering was nie, maar ‘n byeenkoms van leiers uit die twee kerke met die oog daarop dat hulle mekaar beter kon leer ken en bou aan onderlinge vertroue. Die agenda was eintlik ‘n litrugie, van storievertel, saam wandel in die Woord -Lukas 24 as ek dit reg het- en saam ‘n boom plant. Achterberg 1 was al ‘n bietjie meer van ‘n vergadering- taakspanne het met die werklikheid begin worstel, Achterberg II was ‘n vergadering, en so hoor ek,  daar het die wiele afgekom! Sien in Liturgie verloor ons onsself in iets groters as onsself, word ons meegevoer om die onmoontlike te sien en te beleef in aanbidding. By vergaderings volg ons die reels van die politieke spel die spel van die moontlike, daar moet ons oppas of ons bevestig ons onsself en ons belange. ( ek weet dit kan ook anders )

Ek herinner my dat George Lindbeck in The Nature of Doctrine (Westminster Press , 1984)hom ook verwonder het aan hoe daar in die ekumeniese beweging oor dogmatiese verskille dae lank gedebateer kon word en die verskille oenskeinlik onoorbrugbaar blyk te wees- en dan vier hulle saam nagmaal en is dit asof die verskille skielik onbelangrik raak en die eenheid-die roeping van die ekumeniese beweging- weer lewend word. Of in die daardie wonderlike boek van Karen Blixen- Babbet’s Feast- waar die maaltyd die gemeente transformeer tot ‘n vrolike, vriendelike, toegeeflike en genadige gemeenskap waar daar amnestie is vir die foute wat ons maak- om die woorde van die generaal  Lorens Löwenhielm aan te haal. Of die Emmausgangers wie se oe nie oopgaan in Jerusalem nie, ook nie toe hulle geleer word uit die skrifte nie, maar hulle ‘n maaltyd geniet!

Hoe gebeur dit dat ons die Roeping wat ons van die Here ontvang het as kerk en gemeentes nie geleef kry nie?, wonder ek oor.  Ek weet ons kan nou praat oor gehoorsaamheid en toewyding maar ek dink nie dit het daarmee te make nie.  Ek wil dieper of anders kyk- ek dink ons sit in ‘n kerklike sisteem, instituut, wat onsself geskep het wat roeping nie kan dra nie, veral as die roeping begin om ons kultuur te verander.  Ons kan wel ander goed dra en laat oorleef, maar as ons roeping probeer dra, val dit uit ons hande! Ek dink dit is die ding ons neem die roeping in ons hande struktureer en prioriseer en strategeer en implementeer ons dit op so ‘n manier dat die wese van die Roeping verlore gaan.  Ons maak dit mak sodat dit inpas in ons ruimtes.

Ek weet nie of ek weet hoe om Roeping te dra nie, maar ek dink ek weet ten minste dat hoe ons dit tans doen nie werk nie. Ek het wel op plekke gesien dat gemeentes dit beter doen en ek sien by hulle oa die volgende:

  • iemand sit erens ‘n septer neer en buig voor die roeping-( ja buig ook die reels voor die roeping) mag  is dan nie meer gesetel in persone of posisies of reels nie maar in die Roeping self
  • ek merk dat hierdie mense baie meer toelaat die Bybelteks hulle vorm en sommer net dat hulle veel meer die Bybel lees- en toelaat dat die Bybel hulle lees, hulle wandel in die woord en be-oefen ander geloofsvormende gewoontes
  • ek merk dat hierdie mense ander begin leef- hulle gedrag verander teenoor mekaar en ander mense- die Roeping transformeer hulle eerste en dan begin ander hulle te volg
  • ek merk dat hulle baie meer praat oor die teenwoordigheid van die Gees, hulle verwonder hulle oor die avnotuur om die onvoorspelbare bewegings van die Gees op te merk.
  • hulle vertel gereeld stories as getuienisse van wat die Here besig is om te doen en
  • hulle is goeie luisterraars

Wat doen hulle minder?

  • hulle hou minder vergaderings maar kom bymekaar om by mekaar en die Gees te leer
  • hulle is minder besig en beslis minder angstig- moet dit nie verwar met gemaklik nie!
  • en natuurlik- hulle het minder reels

Dalk moet ek eerder vra hoe dra (vorm/transformeer/beinvloed…) die roeping ons?

Bookmark and Share

Huisbesoek?

Ek het onlangs ‘n navraag van ‘n gemeente gekry oor huisbesoek en het toe so ‘n bietjie gaan dink wat ek waarneem hieroor in gemeentes.

Tendense tov huisbesoek:

1.      Die getal lidmate wat op die tradisionele wyse jaarliks deur predikante besoek wil word, daal konstant oor die afgelope dekade. Die daling is meer sigbaar in voorstedelike gemeentes as in die platteland, hoewel dit ook daar daal. In meeste gemeentes is daar tussen 30-50% van lidmate wat positief reageer op die vraag of hulle behoefte het aan  jaarlikse besoeke van die Leraar.

2.      In ons navorsing is daar n gevestigde patroon dat lidmate die volgende prioriteite vir leraars sien:

a.      Prediking

b.      Voorbidding

c.       Toerusting

d.      Berading

e.       Huisbesoek

f.       Organisering

Huisbesoek is dus kontra populêre perspesie nie die voorkeur pastorale strategie vir die meerderheid lidmate nie. Dikwels maak Kerkrade die verkeerde afleiding, nl. dat wanneer  lidmate kla oor huisbesoek, dit waar is van alle lidmate

3.      Die getal lidmate per predikant .styg oa weens finansiële realiteite. Dit het  gevolg  dat die haalbaarheid van huisbesoek onder druk kom. Wanneer Kerkrade leraars “verplig” tot huisbesoek ten spyte van  ‘n stygende getal besoekpunte, kom uitbranding onder die leraars gereeld voor. Ons indruk is dat die uitbranding nie net te make het met die werklading nie, maar ook met leraars se ervaring van die “oneffektiwiteit” van roetine besoeke wat nie geestelike groei by lidmate bewerkstellig nie.

4.      In gemeentes waar huisbesoek oor ‘n lang termyn as ‘n sentrale deel van die bedienings filosofie gesien en gepraktiseer word, daal lidmaat betrokkenheid stelselmatig. Een van die redes hiervoor is dat indien huisbesoek ten koste van toerusting baie tyd neem van die predikante, word lidmate nie toegerus vir hulle dienswerk nie en word hulle al hoe meer afhanklik van die predikant vir hulle geestelike lewe en dienslewering. Dit is nie moeilik om te sien dat dit ‘n bose kringloop tot gevolg het nie. Ons weet van gemeentes waar daar baie getrou huisbesoek gedoen is oor 10 tot 20 jaar en die lidmaattal in dieselfde tyd gehalveer het. Hoewel daar ook ander faktore is wat inberekening gebring moet word, kan die negatiewe invloed van die oorbeklemtoning van huisbesoek nie weggeredeneer word nie.

5.      Huisbesoek het nie ‘n wesenlike invloed op lidmate se erediensbywoning nie.  Die erediens bywoning van gemeentes waar daar gereeld huisbesoek gedoen word, teenoor gemeentes waar dit nie gedoen word nie, verskil nie wesenlik van mekaar nie.

Hoewel gereelde huisbesoek wel tot gevolg het dat daar ‘n verhouding tussen die Leraar en lidmate ontwikkel wat ‘n positiewe ruimte skep vir ‘n pastorale verhouding tussen Leraar en lidmaat, beteken dit nie noodwendig dat dit inskakeling van die lidmaat tot die aktiwiteite van die gemeente tot gevolg het nie. Oor die lang termyn het dit uitgebrande en lewensmoë predikante en “predikant-afhanklike” lidmate tot gevolg.  Dit is nie moeilik om raak te sien dat daar van die vorming van dissipleskap min terreg kom wanneer huisbesoek die bedieningsfilosofie van die gemeente domineer.

6.      Alle navorsing dui daarop dat huisbesoek van ‘n leraar byna geen inpak maak op kerklos lidmate nie. Mede-lidmate, of beter vriende of kollegas en kleingroepe het ‘n baie beter kans om kerklos lidmate positief te beïnvloed tot inskakeling en deelname aan die bediening van die gemeente aan die gemeenskap.

7.      Die bou van die verhouding tussen Leraar en lidmate is baie belangrik. Om die rede moet daar altyd gestrewe word na die toeganklikheid van predikante. In vandag se kontek van lidmate se groter mobiliteit en ‘n verskeidenheid van ander tegnologiese hulpmiddele kan die toeganklikheid van leraars baie bevredigend aangespreek word self al is huisbesoek nie meer ‘n realiteit in gemeentes nie.  Dit is belangrik dat lidmate en leraars die  geleentheid gebied word om verhoudings te bou, maar indien die “lading” van die getal lidmate meer as 200 per leraar is, is die ideaal van ‘n persoonlike verhouding van elke lidmaat met ‘n leraar moeilik haalbaar.

Nota:  Die grote van die gemeente speel hier ‘n baie belangrike rol. In kleiner gemeentes, Alice Mann noem hulle die familie- en pastorale grootte gemeentes, waar die getal lidmate per Leraar minder is , sal daar altyd ‘n groter klem wees op die persoonlike verhouding tussen die leraar en lidmate as in die groter gemeentes. ( Alice Mann The In-between-church Alban Institute )

8. Ons moet ook daarop wys dat indien ‘n gemeente besluit om te staak met roetine huisbesoek, sonder om ‘n goed deurdagte pastorale strategie te ontwikkel in die plek daarvan, dit negatiewe gevolge vir die gemeente inhou.  Hierdie soort veranderinge in die gemeente behoort moet omsigtigheid gedoen te word.  Dit behoort onder andere goeie kommunikasie met die lidmate, toerusting van beraders en pastorale beskikbaarheid van die Leraar(s) dmv oa ‘n spreekkamer in te sluit.

Slotopmerkings:

Huisbesoek het vir jare gedien as dié pilaar van ons gemeentes se bedieningsfilosofie. Dit was selfs ingeskryf in die Kerkorde se artikel 9 oor die take van die leraar.(dit is intussen verander)  Ons is egter van oordeel dat dit nie meer in die konteks van vandag dieselfde resultate lewer as in die verlede nie.  Die data hierbo dui selfs daarop dat dit skadelik kan wees vir die betrokkenheid en toerusting van lidmate.

Veel belangriker egter is die vraag na die gestuurde of misionale karakter van die gemeente en die gepaardgaande vorming van dissipleskap. In ons gereformeerde tradisie het die klem altyd meer geval op die Koninkryk as op die kerk.  Gemeentes, het ons nog altyd verstaan,  bestaan ter wille van die koms van die Koninkryk in die wêreld. Binne hierdie visie behoort die fokus te val op die vorming van Bybelse dissipleskap waar lidmate begelei word tot groter deelname aan dienslewering in die gemeenskap. Ons navorsing dui daarop dat huisbesoek ‘n on-effektiewe bedieningspraktyk is as dit kom by die vorming van dissipleskap.

Bookmark and Share

Herlewing van die Familie

Dit is nou al meer as ‘n dekade wat ons by Communitas (eers Buvton) navorsing doen oor die familielewe en spesifiek oor hoe gemeente ondersteunend kan wees tot die familielewe.  Ek kan goed onthou dat in die eerste jare van die navorsing daar nie eintlik baie ondersteuning was van die akademie nie. Die algemene gevoel was dat families besig is om veld te verloor- flagging a dead horse- Aan die ander kant was daar groeiende belangstelling van ‘n meer fundamentalisties/evangeliese hoek wat gedink het tradisionele rolle van mans en vroue en kinders moet net bevestig word-lees afgedwing word- en dan is die Kaap weer Hollands. Ons vennote in die VSA, om nie te praat van Europa nie, het nie eintlik met entoesiasme gereageer nie.  Byna asof daar nie ‘n ruimte was om ernsitg te voel oor families en terselfdertyd nie ook ge-brandmerk te word as ‘n familie fundamentalis en sommer ‘n advokaat vir manlike dominansie nie. Don Browning was die uitsondering met die wonderlike navorsing wat hy en sy span gedoen het in die Famlily and Culture projek van die neëntiger jare.

Ook by gemeentes het ons dieselfde ervaar.  Hoewel byna almal saamgestem het familielewe belangrik is, kon ons gemeentes moeilik beweeg om met alle erns hieraan te werk,  óf gemeentes het die probleme van die familie-lewe ontken en geoordeel dat dit ander agente in die samelewing is wat hieraan moet werk, óf hulle het nie raakgesien hoedat praktyke van die gemeentelewe, veral heelwat patriargale praktyke en houdings onder gemeenteleiers, wat nadelig was(is) vir die vorming van verhoudings binne en rondom die familie.

Ek het die afgelope tyd onverwags tekens begin sien van ‘n draai in die gety wat my baie opgewonde maak. ‘n Gemeente in die Vrystaat vertel my van hoe hulle hulle junior kategese “afgeskaf” het en tuis of familie katege in die plek daarvan geimplimenteer het.  Ek verwag die gewone tellerustelling tov die probleme om dit te implementeer.  Inteendeel- ek word begroet met entoesiasme, verhale van hoe jong ouers dit eenvoudig doen. Ek weet van verskeie gemeentes wat dit probeer het maar nie daarin kom slaag nie- vir die eerste keer hoor ek van die teenoorgestelde.  Hulle vertel my dat die nuwe generasie ouers, die sg X-generasie (gebore tussen 1965-1979) die eerste generasie is waar pa en ma graag saam met hulle kinders dinge wil en gaan doen, insluitend die ontwikkeling van die kinders se geestelike lewe. Ek deel dit met jonger kollega’s en skielik ontvou ‘n nuwe wereld voor my oë. Ek sien hulle in die kerk met hulle kinders(die ouer generasies verkies wel dat hulle moederskamer toe sal gaan), in my buurt waar hulle geduldig met die kinders aand na aand gaan stap, ma’s én pa’s. Dit is duidelik hulle geniet dit om tyd met hulle kinders te spandeer. Ons ouerskap kursusse is skielik vol, vertel ‘n ander kollega, daar is ‘n waglys. Marilyn Ellias noem hulle die “Family first generation” ( USA Today 12/12/2004). Roger Waite in ‘n onlangse artikel in The Sunday Times in Londen praat van “Found fathers nurture a family revival” ( 22/03/2009 p5) Waite stel die onverwagse aard die famlie herlewing treffend- “…even though we are now suppose to live in a ‘broken Britain’ a report of Oxford University researchers arguesthat for many of us , family life is likely to become more cohesive over the next 20 years.” Die feite van die Oxford navorsing is:
• nie alleen spandeer ma’s 25% meer tyd met hulle kinders as 20 jaar gelede nie.
• Pa’s spandeer byna ‘n 1/3de meer tyd met hulle kinders as 20 jaar gelede.
• In 1960 het 12% van families elke aand saam geeet, terwyl in 2002 20% families saam eet. (wat het nou geword van die “goeie ou dae”)

Hier is nog meer goeie nuus. Marilyn Elias berig in USA Today dat Generasie X en Y werknemers meer geneig sal wees as die sg boomer generasie om die familie bo die werk te stel. The Families and Work Insitute van New York praat van ‘n “generational shift” wat tov die familielewe besig is om plaas te vind.

Die verandering in houding het onverwags gekom. Elias: Nobody knows why the change is happening, but there are several possible causes, Galinsky says. “What I hear all the time from young men is that they want to be different than their fathers, who often worked long hours. They want to be more involved in their children’s lives.”  Die volgende verhaal van Ethan Hoff kleur die prentjie in. “Hof 29, a chemist, changed his work life to spend more time with his 2-year-old son, Alexander. Hoff works at Abbott Laboratories in Abbott Park, Ill., and until last April commuted with his wife, Elizabeth, another Abbott employee. But she often had to work late, so they didn’t see Alex from 7 a.m. to 7 p.m. Hoff’s own father, a computer programmer, had often traveled for weeks at a time. “My family is more important than work,” Hoff says. “I got frustrated because I was missing a lot of quality time with Alex.” With his boss’s cooperation, Hoff started working a 6:30 a.m.-to-3 p.m. shift so he could spend several hours with Alex before bedtime. They read, work puzzles, play baseball and just hang out. “Alex is happier now. He just glows and loves to talk about his time with Daddy,” Elizabeth Hoff says”.
Die uitdaging is in die hande van die leiers van gemeentes. Meeste gemeentes se leierskap is in die hande van die Boomer generasie vir wie familie-lewe meestal lippediens is, of kom ons se maar aangeleerde gedrag wat nie natuurlik kom nie- ons preek dit maar praktiseer dit moeilik.  Sal hierdie generasie bereid wees om te leer by die jonger generasie wat hulle nie vertrou nie? Generasie X’ers is sinies oor wat vorige generasies met die familielewe aangevang het sê Peter Hansen in ‘n boek oor die wyse waarop X’ers die familie-lewe uitbeel in films. (The Cinema of Generation X, McFarland, 2002) Dit moet ons egter nie verwar dat dit beteken dat families nie vir hulle belangrik is nie. In films soos Cabaret, The Blue Room en American Beauty is families op die oog af disfunksioneel, is die ondertoon lament en die houding bitter teenoor die vorige generasies. (Hansen p50)
Hulle is die eerste generasie wat dit waarskeinlik gaan regkry om verhoudings sentraal te stel in families.  Hulle is ten minste besig om te probeer. Die vraag is of ander generasies bereid gaan wees om saam met hulle in die oënkynlik disfunksionele wêreld van ‘n verhoudings gefokusde familie-lewe in te beweeg. Ons het dit nog nooit werklik te vore geken nie en sal almal van voor af moet leer.

Ek dink hier is ‘n wonderlike geleentheid vir gemeentes wat ons nie uit ervaring van die verlede kan hanteer nie, maar waar ons die stokkie moet oorgee vir ‘n jonger genersie om ons te leer oor hoe ‘n gemeente lyk wat nie net praat oor families nie, maar wat dit glo én leef.

Bookmark and Share

Apostels van die Onmoontlike in onverwagse plekke

Ek reageer in hierdie bydrae op Jannie Swart se bydrae oor Apostels van die Onmoontlike.

Jannie jou bydraes inspireer my elke keer baie dankie- terwyl jy in St Paul die New York Times lees was ek in die Bosveld- Lephalale (of te wel Ellis-Ras). Dit is die wereld van die Waterberg alom bekend vir hulle warm politiek en het ek die week ontdek hulle onbetwisde ondersteuning vir die Blou Bulle- en dit nog op ‘n naweek wat die Blou Bulle die halfeind stryd met ‘n merkwaardige wedstryd wen! Die konteks van die Derrida en Marion debat in jou bydrae- Apostels van die Onmoontlike, is oenskeinlik baie ver van die wereld agter die Waterberge, en tog is dit nie, ons leef uiteindelik almal maar onder een dak.

Jy verwys in jou bydrae na die hewige debat wat Stanley Fish losgemaak het en die sterk menings dat godsdiens en politiek liefs uit mekaar gehou moet word. Die oorsprong van hierdie denke is in die oortuiging dat dat waardes en feite in twee verskillende werelde hoort. Lesselie Newbigin het dit geidentifiseer as een van die mees vernietigende gevolge van moderniteit op geloof en die kerk.  Toe loop ek daar in die Bosveld mense raak wat die fact/value split op ‘n wonderlike manier oorbrug.  Evangelie staan nie los van die daaglikse burgerlike lewe nie, maar is daarmee verweefd. Op ‘n verassende manier word die onmoontlike vanuit ‘n diep verbintenis aan God verwag. Die rede moet in hierdie wereld eenvoudig buig voor die geloof. In die Bosveld is dit beslis nie ‘n geromantiseerde geestelikheid nie, daarvoor is die Bosveld se son eenvoudig te warm en die droogtes te gereeld. Finansiele krissise, onreg in die besigheidswereld, ‘n jong kind wat sterf terwyl hy in London werk, ‘n maatskaplike werker wat met kinders werk wat selfmoord pleeg, is alles deel van die gesprekke van die week. In die gesprekke ontdek ek by hulle ‘n praktiese redelikheid wat vanuit diep geloofsoortuigings groei.

Oppad na Ellis-Ras is dit duidelik dat die politieke transformasie nie die wereld agter die Waterberge oorgeslaan het nie. Die padtekens is nog verward deur die skielike transformasie en wissel die oue en nuwe werelde af met reelmaat,  40km na Ellis-Ras, ‘n end verder 20km na Lephalale. Warmbad is nou al ‘n paar jaar Bella-Bella, Nylstroom is Modimolle. Dat die gemeenskap in ‘n interessante hoofstuk van hulle geskiedenis is, blyk ook in wat met die ekonomie gebeur het.    Veeboere het hulle toenemend na die gasvryheidsbedryf gewend en ontvang weekliks mense van oor die wereld. Adverteer hulle wildplase op die internet en gesels oor watter agent in New York hulle die beste diens sal lewer.

 

Hier in die diep Bosveld teen die grens van Botswana het boerdery plek gemaak vir mynbou en ‘n kragstasie is nou die hoofbron van inkomste. Ek staan op ‘n koppie en neem ‘n foto van die pragtige boomryke bosveld. As jou oe nog goed is, sien jy die torings van die van kragstasie teen die horison soos reuse kameelperde in ‘n ry met rook in hulle bekke.

Oppad terug verwonder ek my oor die geloof waarmee ek hier te make gehad het. Wat is dit wat Afrika aan ons westerlinge en almal wat blootgestel word aan die westerse leefwyse doen? Is ons pre-moderne oningeligde Afrikane wat nog die hou van die sekularisasie moet kry? Sal ons nog leer dat God eintlike ‘n mite is wat pas in die denke van die pre-moderne mens? Ek weet baie van ons wonder of dit nie maar net tyd is voordat die implikasies van moderniteit en haar boetie, sekularisasie ons gaan tref en of in ‘n ontkennende fundamentalisme transformeer, of van ons siniese laat-moderne mense gaan maak wat opgee dat geloof en rede met mekaar te versoen is.

 

Ek is onverwags met die teendeel begroet. Waarin le die verskil- as daar ‘n verskil is- tussen die debatte in die NY Times en die gesprekke in Lephalale? Ek dink die verskil het te make die swaarkry en kwesbaarheid  van Afrika wat belofte toon maar nog lank nie die vrugte smaak van ‘n glad ge-oliede eerste wereldse ekononmie nie. Ons leef in risiko. Ons leer hier van die voorreg om swaar te kry, waarvan die Bybel praat. Ons het dit nodig om te bly glo dat die evangelie iets te se het vir die manier waarop daar besigheid gedoen word in die dorp, vir die brose verhoudinge tussen kulture en rassegroepe. Die Bosveld is nie ‘n gemaksug-wereld nie, die geriewe van die moderne wereld vat nou maar eers aan die psige van die gemeenskap. Die verhale van swaarkry is naby die oppervlak. Ek het mense in die oe gekyk wat hulle kwesbaarheid verstaan, wat daagliks onthou dat hulle maar van stof gemaak is- Ps 103:15. Le daar meer in hierdie aardse verweefdheid as wat ons aldag besef? Ons aardsheid gee aan ons die gawe van geloof, om God te verwag in die lentereen na die winter. Dit help ons om te onthou dat ons nie God is nie, maar stoffelik en tydelik. Ons kan nog genade ne verdienste van mekaar skei omdat ons daagliks gekonfronteer word met die werklikheid van ons eie onvermoe.

Hulle sukkel nie om te raak te sien dat hulle maar nederig is in die groter prentjie nie- hulle is immers nie inwoners van New York nie. Hulle opregte nederigheid moet nie verwar word met hulpeloosheid nie. Wat my aangegryp het van die mense is dat hulle veel minder sinies is oor SA as die vootstedelinge- daar is by hulle nog ‘n openheid vir die onmoontlike- nie as ‘n romantiese ontsnappingsroete nie, maar as ‘n geleefde verstaan van die werklikheid. Ek het op ‘n onverwagse plek apostels van die onmoontlike leer ken, en my maar net weer uitgevang dat ek so maklik self die moontlike verhef tot die ewige!

Ek hoor al hoe meer stemme opgaan wat se dat ons die platteland nie moet afskryf nie, maar dit begin raaksien as deel van die nuwe missionale breuklyn waar ryk en arm en swart en wit mekaar meer gereeld raakloop as in die voorstede van ons metropole. Ek hoor al hoe meer verhale wat my laat besef ons gaan meer hoop kry in gemeenskappe waar mense hulle interafhanklikheid nie kan ontken nie maar daagliks leef.(stad of platteland) Dit is in hierdie gemeenskappe wat ons verras gaan word deur die grensoorskeidende krag van die Gees. Ek wonder of ons al die onmoontlike geleentheid van ons gemeenskap in Suider Afrika werklik ontdek het, as ek mag, of die gemeenskappe dit self aldag raaksien? Sien die gemeentes raak dat hulle ‘n unieke geleentheid het om die koninkryk te laat kom?

Bookmark and Share

‘n Multi-kullturele gemeente van formaat.

Danie Mouton het onlangs die Park Avenue Metodiste-Gemeente in Minneapolis vir die tweede keer besoek en vertel van sy indrukke van hierdie besondere gemeente.

Stel jou die volgende voor: ‘n middelklas, wit Amerikaanse voorstad waar Afro-Amerikaners in toenemende getalle begin woon. Bendes raak meer aktief in die omgewing, en die woonbuurt verloor sy tradisionele karakter. ‘n Beduidende aantal inwoners, en lidmate van die gemeente, verskuif na ander woonbuurte. Hulle stel dan voor dat die gemeente sy gebou verkoop, en self skuif na ‘n ander woonbuurt. Die leiers besin daaroor en roep ‘n stemming in die gemeente uit: bly ons, of gly ons?  Met ‘n klein meerderheid word besluit om te bly. Onmiddellik bedank sowat 30% van die lidmate en verskuif hul lidmaatskap na ander gemeentes in hul nuwe omgewings. Die getraumatiseerde gemeente rig haarself nou meer intensioneel op die veranderde omgewing. ‘n Jeugpredikant begin kontemporêre, publieke musiekuitvoerings (dis nie halleluja’s en metodiste koortjies nie) op die kerk se parkeerterrein vir die gemeenskap aanbied. Jongmense kom. Hulle ouers kom. Gemeente en gemeenskap maak vriende, en meer en meer Afro-Amerikaners sluit by die gemeente aan.  Die gemeente reik ook uit na die bendes en ander nood, veral die tipiese nood of behoeftes van nuwelinge in ‘n gemeenskap, uit.

Die resultaat is ‘n multi-kullturele gemeente van formaat.

Hierdie is die verhaal van die Park Avenue Metodiste-Gemeente in Minneapolis. Die verhaal speel in die sestiger- en sewentigerjare af. Sedertdien het die gemeente ‘n baken geword waar vreemdelinge vriende word en mense ingeskakel word in egte, lewensveranderende gemeenskap oor ook hierdie soort grense heen.
Die demografiese vloeibaarheid van die omgewing duur voort. In die afgelope dekade het baie Spaans-sprekendes in die gebied kom woon. Die senior leraar het in reaksie hierop Spaans geleer – onder andere in Suid-Amerika gaan woon vir ‘n paar maande – sodat die gemeente effektief kan uitreik na die nuwelinge. ‘n Derde, hoofsaaklik Spaanse, oggenddiens is begin.  Die Spaans-sprekendes wil natuurlik ook graag hul Engels  verbeter, sodat die erediens nie eksklusief Spaans is nie. Baie van hierdie persone verkies ook om die gewone, Engelse eredienste by te woon.
Ek het die gemeente in 2003 die eerste keer besoek, en nou weer – in 2009. Daar is nou ‘n nuwe senior leraar, ‘n Afro-Amerikaner. Die erediens word deur mense van alle denkabre groeperinge bygewoon.  Juis vanweë die karakter van uitreik na nuwelinge, beskik hierdie gemeente net oor die ongelooflike vermoë om vreemdelinge welkom te laat voel – en ons het dit nou weer beleef. Die leierspan verteenwoordig die diversiteit waarheen hulle mik. Die predikantespan het lede uit die blanke, Afro-Amerikaanse en Spaanse gemeenskappe. Engels en Spaans word gebruik – die voorbidding is bv in Spaans gedoen. Tydens die erediens word van jongmense, oumense en ander lidmate gebruik gemaak om voorbidding te doen, die Skrifgedeelte voor te lees, ensovoorts.  Die diversiteit is voortdurend sigbaar en die eenheid in die verskeidenheid ooglopend. Dit beteken dat jyself, met die diversiteit wat jy bring, baie maklik deel word van die handelinge.

Ek het ‘n ander dinge raakgesien wat my diep geraak het:

Die rol van voorbidding vir egte lewensituasies

Tydens ons besoek het die Red River in die staat Noord-Dakota, noord-wes van Minneapolis sy walle oorstroom. Tydens die erediens is daar indringend vir die situasie voorbidding gedoen. ‘n Aantal lidmate het gaan help om sandsakke te pak, sodat die gemeente eerstehandse terugvoer oor die situasie gehad het. Die indringende en egte petisie vir God se hulp was opvallend. Die gemeente het die gebruik dat enigiemand wat iemand anders, of ‘n bepaalde situasie, aan die Here wil opdra op ‘n stadium voor in die kerk kom kniel terwyl daar in die groot groep voorbidding gedoen word. Jy kan gaan om, sê, jou nefie wat aan dwelmmiddels verslaaf is, aan die Here te gaan opdra.  Terwyl die voorganger in die algemeen bid, kan jy jou eie gebede daarby invoeg. Die konneksie wat hierdie simbolies daad skep tussen God, lewe, en die priesterlike intrede van die geloofsgemeenskap by God, is lewensveranderend. Die gebede word ook nie met ‘n morele meerderwaardgheid (“dat sondaars sal regkom”) gedoen nie, maar as ‘n kreet uit die hart vir God se genadige ingrype. Mens en hul nood word ernstig geneem.

Die menslikheid van die teologie

Reeds in Suid-Afrika het dit my al opgeval hoe menslik Metodiste in hul teologie dink – en ek bedoel dit BAIE positief. Die manier van praat oor Christus is nie net ‘n verhewe Christus van bo nie, maar veral ook ‘n Christus van onder, ‘n Christus as egte mens, Een wat verstaan wat dit beteken om mens te wees, Een wat weet wat onder ons velle aangaan.  Tydens die preek in Park Avenue was hierdie perspektief deurslaggewend. Die dominee het vertel hoe Jesus gaan sit en rus het toe hy moeg was (Joh 4).  “Ek is ook nou moeg”, sê die dominee, “en daarom gaan ek ook nou sit”.  Hy vertel hoekom hy moeg is, en ons dink almal aan ons eie moegheid.
Meteens het ons almal toestemming om moeg te wees. Ons mag maar sê ons het nie energie nie, ons vind dit moeilik om die Here te dien en altyd te doen wat reg is – ook omdat ons energie op is. Die taal en operasionele teologie maak dit vir ons moontlik om ons broosheid te toon. En ons vat dit na die Here toe, en vra sy hulp.  Die menslikheid verdring God nie, maar konnekteer ons met die Here.
Die erediens is deurspek daarvan:  ons mag maar gebroke wees, dit nie maak nie, voortdurend beskaamd voel oor ons eie tekortkominge. Jesus neem ons skande weg, en daarom kan ons ons skande eien en daaroor praat.  Die dominee preek daaroor dat God juis by uitstek inisiatief neem om ons op te soek en ons vas te hou. “Meeste van julle ken my storie”, sê Hy, “julle weet in watter moeras ek was en hoe God my bly opsoek het en my uiteindelik opgetel het.  Ek wil dit nooit vergeet nie, want dit herinner my: ek moet ook só wees, soos Jesus – bly opsoek en bly optel.  God nooi julle uit om ook so te wees.”
   Na my mening is die verhewenheid van ons eie teologiese perspektiewe oor Christus ‘n groot struikelblok in ons konneksie met mense waar hulle is. Ons moet ‘n slag weer die Hebreërbrief se Christologie ernstig neem.  Die Een wat opgewek is anderkant die dood en verhef is tot die Regterhand van God, en nou die leisels van die wêreld vashou, is óók ‘n mens, nou nog, en tree in vir ons by die Vader.
    Waar dit in ‘n erediens beliggaam word, het dit ‘n kragtige uitwerking.

Die deelname van lidmate

Die erediens was deurspek van die deelname van lidmate. Die lofprysing is deur die aanbiddingsleier en koor gelei. Die wydingsgebed na die dankoffers deur ‘n jong lidmaat. ‘n Klein dogtertjie het ‘n lied saam met die koor gesing. Die voorbidding is deur ‘n Spaanssprekende en Engelsprekende lidmaat-paar gelei. Die afkondigings is deur ‘n paar lidmate hanteer. Die teks is deur iemand anders voorgelees.  Hierdie is diverse mense – wit, swart, bruin.  Die erediens bly voortdurend vars, interessant en inklusief: gasvry en verwelkomend

Bookmark and Share
Page 1 of 41234»

Doel

HIERDIE BLOG HET GESKUIF NA COMMUNITAS.

Die bedoeling met die blog is om, met wie ookal wil, in gesprek te tree oor my ervarings met gemeentes soos wat hulle oor my pad kom. Dikwels sal daar meer vrae wees as antwoorde, maar met die bedoeling om gesprek aan die gang te sit.

My Tweets op Twitter

Twitter realtime search: communitas

Kalender

September 2010
M T W T F S S
« Dec    
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
27282930  

Argiewe

Kategorieë

Dokumente

Skakels

Registrasie en kommentaar

Admin

Popular Posts

Recent Comments

Onlangse “Posts”

Onlangse “Comments”

Communitas GA stats


0
Unique
Visitors
Powered By Google Analytics

RSS Communitas Tuisblad

RSS Na-gedagtes

RSS Preekstudies

RSS Begelei mekaar

RSS Positiewe Ouerskap

RSS Gebed

WordPress Loves AJAX