Gemeentekultuur unpact
Ek moes hierdie afgelope 6 maande heelwat lees oor kultuur in gemeentes en het tot ‘n paar ontdekkings (sommige bekerings) gekom oor die saak. Anders gelees probeer ek maar eintlik se dat ek in my vorige lewe heelwat nonsense gepraat het oor kultuur in gemeentes- so neem hierdie ook maar as soort van ‘n belydenis.
- Prosesse wat nie inpakteer op die skepping van ‘n nuwe kultuur in die gemeente nie, maar alleen fokus op die transaksionele strukture en bedieninge is gedoem om te faal. Dit is eers wanneer ons instaat is om inpak te maak op die kultuur van ‘n gemeente wat die vernuwing volhoubaar word.
- Die kultuur van ‘n gemeente is nooit staties nie maar altyd ‘n dinamiese dialogiese proses waar die gemeente basies in gesprek is met die konteks en die hele tyd besig is om dinamies te reageer op die uitdagings van die konteks. Soms beland ‘n gemeente egter so op ‘n eiland- geisoleerd van die heersende kultuur- dat die gemeente haar vermoe verloor om met die mense van daardie gemeenskap te kommunikeer. Die is dan wanneer die heerdende kultuur in die gemeente toksies raak en die sisteem vergiftig. Die waarheid is dat toksiese sisteme niks het om te verloor nie en dikwels al hulle energie spandeer aan oorlewing en meeste van ons uitoorle daarin.
- As leiers die kultuur van die gemeente sien as hulle vyand wat hulle moet beveg, is die reaksie in die gemeente ‘n verharding en ‘n verskansing van die kultuur. Wyse leiers beveg nie ‘n kultuur nie, maar transformeer dit deur te waardeer en te kritiseer. Ek moes al dikwels in konferensies luister na geleerdes wat beweeg sacred cows make the best steak- na jare het ek ‘n antwoord hierop- You are welcome but you will be the 3rd seak they eat!
- Die meeste goed wat geskryf word oor die kultuur in gemeentes is baie teoreties deur mense wat nie noodwendig ‘n evenageliese tranformasie motief in gedagte het nie. Ek voel dinkwels na die lees van die boeke- dankie maar hoe nou verder as ek dink die evangelie daag my gemeente se kultuur uit om te transformeer.
- H Richard Niebuhr se klassieke werk Christ en Culture help ons om te verstaan dat die transformasie van die kultuur nie noodwendig die enigste opsie is vir die leierskap in ‘n gemeente nie- soms moet daar oor bevestiging in tye van chaos plaasvind bv. Die Evangelie en Transformasie is nie sinonieme nie- aan die anderkant is suiwerheid en instandhouding ook nie altyd sinonieme nie.
- Daar is 4 levers wat ons help met die skep van ‘n nuwe kultuur:
- die skep van ‘n nuwe taal(of narratief),
- die bewusmaking en verantwoording tov kernwaardes,
- die in-oefening van nuwe gedrag en
- die be-oefening van nuwe gewoontes wat aan die gemeente die kans gee om die nuwe kultuur te doen en nie net daaroor te praat nie.
- Lesslie Newbigin se stelling dat die westerse kultuur die mees weerstandige kultuur teenoor die kernwaardes van die evangelie is- het my geweldig baie gehelp om in die blindkol van ons/my eie kerkultuur te verstaan. Daar is op baie diep kultuurvlak in gemeentes wat orienteer aan hierdie westerse moderne kultuur, weerstande teen die evangelie wat ons eenvoudig in die oe moet kyk.
- Ons ontdek ons kulturele blindkolle die beste wanneer ons in dialoog is met gemeentes en christene van ‘n ander kultuur. Hierdie proses is ‘n proses van geloofsonderskeiding wat ten beste werk as ons ons besig hoe met vrae oor God en nie vrae oor die kerk nie.
- Die Christendom se erfenis is gemeentes met ‘n kultuur van bewaring eerder as ‘n kultuur van verwondering en daarom sal soveel mense uit die post-christendom in hulle kontak met ons ervaar dat ons met die instandhouding van die kerk besig is en nie met God nie.



