{ARGIEF}

Danie Mouton

Direkteur Begeleiding NG Kerk Oos-Kaapland 

Gemeentes as gemeenskappe van geloof in die Drie-Enige God was van kindsbeen die passie in my lewe. Van my kinderdae ontroer dit my as volwassenes bely dat hulle glo in God die Vader, in Jesus Christus die Here, en in die Heilige Gees, die Lewegewer. Die navolging van hierdie Goddelike Familie, en die deelneem aan God se werk, is my passie – met hoeveel misverstand, goeie bedoelings en slegte gevolge dit ook al gepaard gaan. 

Gemeentes is die hoop vir die wêreld. Ek is dus bevoorreg om die begeleiding van gemeentes en hul leiers tot roepingsvervulling as my primêre taak binne die Oos-Kaapse netwerk te hê. Ons is bevoorreg om baie nou met die VGK saam te werk. Baie mooi gemeenskaplike inisiatiewe in die Oos-Kaap gee my baie hoop vir die toekoms. 

Ek beleef die evangelie as publieke waarheid, en wil gemeente en hul leiers dus begelei om in die samelewing – nie net in die binnekamer van mense se private geestelike lewe nie – ‘n verskil te maak.

Queenstown-Tuine was die eerste gemeente waar ek vir vier jaar gedien het, waarna ek vir 5 jaar die hoof van die Kinderoord MTR Smit in Port Elizabeth was, en daarna vir 14 jaar predikant van PE-Hoogland. Sedert November 2007 is ek in my huidige pos aan die NG Kerk in Oos-Kaapland verbonde, ‘n Communitas-vennoot. Dit is opwindend om deel van hierdie netwerk te wees.

My betrokkenheid by die SA Vennootskap vir Gestuurde Gemeentes oor die afgelope 5 jaar is sekerlik die mees vormende ervaring van my hele lewe!

My huweliksmaat is Martie Donald, ‘n verpleegkundige wat in reismedisyne spesialiseer. Ons het twee kinders, Niel (18) en Magdel (15).  Niel beoog ‘n loopbaan in bemarking en toerisme, terwyl Magdel haar oog op argitektuur het.

Kontak Danie by:

041 3653159

danie@ngkok.co.za