{ARGIEF}

Johan KotzeJohan Kotze

Communitas: Gemeente fasiliteerder

SAVGG: Gestuurde Gemeente Konsultant

Om
een of ander rede het ek ’n behoefte dat die regte ding op die regte
manier gedoen word. Dit is dalk die rede hoekom die Here my geroep het
om gemeente fasilitering te doen. Nie omdat my bydrae as sodanig iets
lewer nie, maar omdat gemeenteleiers deur geloofsonderskeiding by die
Here hoor wat hul gemeenteroeping (die regte ding) is, en dat hul dan
saam beplan hoe om dit te beliggaam (reg doen).

Vir die afgelope
paar jaar het ek die wonderlike voorreg om my roeping om brûe te bou
uit te leef. Dit was die opdrag wat God aan my gegee het tydens die
Gcowe konferensie in Pretoria in 1997. Buvton was, by name Frederick
Marais, instrumenteel daartoe dat ek gehoorsaam aan my roeping kan
wees. En die wonder is dat hy nie my roeping voor die tyd geweet nie.
Hulle het my doodeenvoudig akkommodeer, bygestaan, opgelei en
ontwikkel. Die span wat Frederick oor die jare aangestel het dra ook
wonderlik hiertoe by.

Tuis in my eie gemeente het Ds Gys van
Schoor, wetende wat my roeping is, my onvermoeid bygestaan, bemagtig,
het hy my saamgeneem na gemeentes,  en was hy geduldig om ure lank met
my sy verstaan oor God, die Koninkryk van God en gemeentes te deel. Ek
kan onthou dat ek hom die eerste keer gebel het en gesê het ons kan nie
langer so as gemeente kan aangaan soos ons aangaan nie. Die ander
gemeente predikante by name Freek Serfontein, Robert Vosloo en Ockert
Meyer, moes baie geskok gewees het oor hierdie Sanlam outjie wat sulke
stellings in 1998 oor die gemeente gemaak het. Maar deur die
voorsiening van die Here het hulle my nie afgeskryf nie, maar het hulle
almal mildelik tot my groei bygedra.

Ek het na matriek by Sanlam
begin werk en het in 1998, toe ek sekerheid oor my roeping gekry het,
die bestuur genader om die maatskappy te verlaat om gehoorsaam aan my
roeping te wees. Hulle was baie goed vir my, alhoewel ek op daardie
stadium nie geweet het hoe en waar nie. Ek het maar net in die geloof
die skuif gemaak. Dit was eers ’n paar maande later dat Frederick my
genooi het vir ’n gesprek.

Wat inspirerend tov.
gemeentebegeleiding is, is hoe God deur Sy genade gelowiges se lewe
verander soos hulle nader aan Hom beweeg en hoe in die besonder die
Gees gemeentes lei om gehoorsaam aan hul roeping te wees. Iets wat sleg
is, is die onderwaardeerde rol van predikante in gemeentes, veral in
hierdie tyd van onsamehangende verandering. Daarom is ek die Here
dankbaar dat Hy meer en meer lidmate in gemeentes oprig as geestelike
leiers, en is dit bemoedigend hoe die predikante hulle begelei om hul
roeping te ontdek, bemagtig en toerus. Wat meer is, ek is dankbaar dat
daar ’n Sinodale diens is wat predikante bystaan en begelei in hul
roepings gehoorsaamheid.

Ek is getroud met Annalise, ’n geskenk
van God weens haar ondersteuning en voorbidding, Sy het ’n besondere
manier waarop sy haar geloof uitleef. Ons ry weekliks, indien moontlik,
saam Stellenbosch toe om daar te gaan gholf speel. Sy natuurlik beter
as ek, want sy het ’n beter afrigter as ek (dis nou ek). Ons het ’n
wonderlike seun Gerrit, getroud met Nicolette, en hulle  tweetjies het
drie kinders. Hy is werksaam in London waar hy spesialiseer in die
bestuur van verandering. As ouers is ons die Here dankbaar dat ons seun
en skoondogter gelowiges is. Gerrit gee volwasse kategese by die
gemeente waar hulle lid is.

Die lys van mense wat bygedra het
tot my kennis van God en ontwikkeling is te lank om hier te noem. Aan
elkeen van hulle my opregte dank.

jkotze@kingsley.co.za
0219755983