{ARGIEF}

Positiewe
Ouerskap het oor die afgelope dekade ‘n baie gewilde kursus geword
waarmee gelowige ouers begelei word in die ontwikkeling van hulle
ouerskap vaardighede.

Baie ouers wat die kursus deurloop het, getuig van ‘n kopskuif wat hulle gemaak het na deelnemende ouerskap.
Van die letterlik honderde gelowige ouers wat ek oor die afgelope
dekade begelei het in hierdie kursus, het ek telke male gesien dat met
die loop van die kursus ouers begin agterkom dat as hulle fokus op die
verhoudings en nie op die reels en die strukture nie, dinge in plek
begin val.  Die rede is eenvoudig, dit is hoe ons gemaak is as ouers,
om kinder onvoorwaardelik lief te he en te behandel as volwaardige
mense wat keuses kan en mag maak. As ons dit begin doen vind daar ‘n
konneksie op baie dieper vlakke plaas en word ons in der waarheid ‘n
Familie!

In hierdie blog gaan ek gereeld bydraes maak en  vrae beantwoord wat
ouers by die kursusse aan my vra oor ouerskap en natuurlik hoop ek gaan
ouers kommentaar daarop kan lewer en vertel hoe hulle die beginsels van
positiewe deelnemende ouerskap in hulle gesin toepas.

Ek sien werklik uit daarna om deel te neem aan die gesprekke

Alta Marais