Daaglikse gebedsritmes vir die week

Written by webmaster on . Posted in

$3.00

Daaglikse Gebedsritmes vir die Week, gebedsliturgië uit die Keltiese tradisie, vertaal en verwerk deur David Botha, is ‘n trotste toevoeging to Communitas-e se groeiende aantal e-boeke, navorsingsverslae en hulpmiddels aan gemeentes.

Dit is gou duidelik dat David nie net die gebede vertaal het nie, maar dan hy en sy familie dit leef. Trouens David en Estelle leef hierdie gebede al etlike jare.

Met hierdie bundel maak David dit moontlik dat baie van ons wat verkies om in Afrikaans te bid, hierdie gebedskat en tradisie nie net sal lees nie, maar ook sal bid en so ons eie maak. Lesers, of is dit nou bidders, van hierdie bundel sal verryk word deur hierdie gebede wat ons telkens bewus maak van die skepping. Dit is byna asof die woorde uit die stof van die aarde gebore is. Deurentyd maak die gebede ons bewus van die lewende en ryke teenwoordigheid van die Drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees. Die gebed nooi ons sagkens in om deel te neem aan die gemeenskap van die Triniteit.

Die groeiende groep gelowiges in die Afrikaanstalige gemeenskap wat die gebedskatte uit die kontemplatiewe tradisies ontdek, sal hierdie bundel met ope arms verwelkom. Die wins van die Keltiese Gebedeboek is dat dit ‘n daaglikse en weeklikse ritme voorstel waarin ons kan rus en ontvang. Die deelnemende aanslag sal goed kan werk in kleingroepe, tussen huweliksmaats, in families, kollega’s by die werkplek en natuurlik by eredienste.

Die e-formaat maak dit moontlik om dit af te laai op ‘n slimfoon, rekenaar of tablet en dit só saam met jou te neem. Ek gaan dit persoonlik so gebruik op ‘n pelgrimstog in die Overberg eersdaags. Maar hierdie gaan ook vir ons personeelgebedstye by Communitas ‘n wonderlike hulpmiddel wees.