Seisoene van die siel

Written by webmeester on . Posted in

$5.00

“SEISOENE VAN DIE SIEL” wil duidelik maak dat sekere “geloofsgewoontes”, op bepaalde tye in ons lewe, op ‘n natuurlike manier ruimte skep vir die Heilige Gees om organiese geestelike groei in ons te bewerkstellig – (ePub en Mobi).

Beskrywing

Seisoen-van-die-siel-voorbladIs die beoefening van “Geestelike Dissiplines” regtig nodig vir gesonde geestelike groei? Is dit nie maar net ‘n verbygaande mode-verskynsel wat saamhang met die toenemende wêreldwye belangstelling in spiritualiteit nie? Bevorder dit nie maar weer ‘n verskuilde vorm van wettisisme nie? En as dit dan noodsaaklik is vir gesonde geestelike groei, hoe weet mens watter dissiplines hier en nou vir jou belangrik is? “SEISOENE VAN DIE SIEL” wil duidelik maak dat sekere “geloofsgewoontes”, op bepaalde tye in ons lewe, op ‘n natuurlike manier ruimte skep vir die Heilige Gees om organiese geestelike groei in ons te bewerkstellig.

Skrywer

Dr. Riaan van der Merwe is ‘n Pastorale Terapeut en Geestelike Begeleier in die noordelike voorstede van Kaapstad. Hy bied gereeld landwyd en internasionaal retraites, seminare en lesings aan ter bevordering van integrale Bybelse spiritualiteit. Riaan is 36 jaar lank getroud met Esther en hulle het drie volwasse kinders. Hy kan per epos bereik word by riaanvdm7@gmail.com.

Daar is twee weergawes: ‘n ePub weergawe – vir Adobe Digital Editions (PC) en verskeie ePub lesers op iOS en Android (Bluefire bv) en ‘n Mobi weergawe – vir Kindle.  Jy kan albei hier aflaai.