{ARGIEF}

Changing the ConversationAnthony B Robinson. 2008.  Eerdmans. 
$18.00 Paperback
205 pages;

ISBN: 978-0-8028-0759-5

(Vir Gemeentes)

Resensie deur Coenie Burger

Robinson het die afgelope klompie jare bekendheid verwerf met `n paar uitstekende boeke oor gemeentes en gemeentelike leierskap. Deel van sy krag is dat hy tot onlangs self `n predikant was.  Tans gee hy klas in Kanada en doen konsultasiewerk.

Een van die faktore wat Robinson se boeke die moeite werd maak om te lees is dat daar meer goeie en deurdagte teologie in is as in die deursneeboek oor gemeentes of  gemeentegroei.  Wat hom verder merkwaardig maak is dat hy waarskynlik minder tradisioneel en konserwatief in sy teologie is as die meeste bekende skrywers oor die onderwerp.  Hy en Carl Dudley is van die min mense wat vraagtekens plaas agter die ou slagspreuk dat net konserwatiewe kerke groei.  Nie dat een van hulle regtig vir `n liberale teoloog sal deurgaan nie…

Ek het baie gehou van hierdie nuwe boek van Robinson.  Hier is nie opspraakwekkende nuwe geheime oor gemeentegroei of wonderlike quick-fix planne nie. Hier is eintlik net voorstelle dat ons die regte dinge wat gemeente moet doen, met doelgerigtheid en toewyding sal doen.  Die wins lê in die sien van die hele prentjie.

Die boek rus op drie aannames.  Eerstens glo Robinson diep aan die krag van gemeentelike gesprekke. Gesprekke het te doen met taal en kommunikasie – twee baie sentrale sake vir geloof en vir gemeentes.  Daar is ook teologiese redes voor.  God is `n God wat met ons in verhouding tree en praat en daar is mense wat glo dat die krag van die Gees loskom in die gemeente juis as gelowiges saam begin luister en saam begin praat.  Ek het veral waardering vir die feit dat Robinson klaarblyklik dink dat die aanwesigheid van `n diep voortgaande gesprek, dalk selfs belangriker is as die insidentele (of beplande!) uitkomste van die gesprekke. Ek glo ook dat die Gees wonderlik werk as gelowiges op `n diep vlak met mekaar praat en na mekaar luister.

Die tweede aanname is dat hy teenoor die sg open-set congregation (waarin daar geen vaste reëls of voorskrifte is nie) en die bounded-set congregation (waarin daar baie duidelike waarhede en ook grense is), kies vir `n centered-set congregation.  Dit is `n gemeente waarin daar `n duidelike kern van oortuigings, waardes en praktyke is – wat aan die gemeente sy identiteit gee – maar waar die grense tog oop en soepel is.  Oortuigings word nie aan mense opgedring nie.  Mense kan inkom en selfs na aan die kern van die gemeente kom, sonder dat hulle geforseer sal word om bepaalde keuses te maak.  Tog sal hulle mettertyd agterkom dat die gemeente wel `n duidelike kern en identiteit het.

Derdens soek Robinson deurentyd na `n derde weg – soos wat die subtitel van die boek aandui. Hierin sien `n mens Robinson se identifisering met die Hoofstroom Protestantisme – waarvoor ek tog baie simpatie het.  Robinson weier om eensydige keuses te maak net ter wille van groei en sukses. 
 
Die hart van die boek bestaan daarin dat Robinson tien temas identifiseer waaroor daar na sy menings nou in gemeentes aandag gegee en gepraat behoort te word.  Hy wy `n hoofstuk aan elkeen van dié temas en gee waardevolle inligting, perspektiewe en advies wat `n mens met gesprekke oor dié sake kan help.  Elkeen van die hoofstukke is meer as die moeite werd om te lees. 

Ons noem net die tien temas waarmee hy werk:
1. It’s not about you
2. And yet… It is about you
3. A New hart
4. Who shall lead them?
5. Why are we here?
6. Write the Vision
7. Let’s get (Less) organized!
8. The Church and the Public Square
9. Death and Resurrection
10. Where do we start?


A sequel to his best-selling Transforming Congregational Culture (2003), Changing the Conversation offers Anthony Robinson’s latest work and thinking on congregational renewal and leadership. Robinson here invites church leaders and members into ten crucial conversations that will change their congregation’s culture and help them respond with greater vitality, effectiveness, and faithfulness to our postmodern culture and its challenges. (Eerdmans webblad)