{ARGIEF}

Agtergrond
Die Raad vir nuwe Gemeente ontwikkeling en Kerklike Samewerking – GKS – se doel is om gemeentes en ringe te begelei om by God se sending na die wêreld betrokke te raak deur saam as familie van kerke nuwe geloofsgemeenskappe te ontwikkel. Dit behels onder andere:

  • Om gemeentes en ringe aan te moedig om nuwe bedieninge / gemeentes te ontwikkel, navorsing oor potensiële ontwikkelingspunte te doen,
  • vennootskappe te vestig,
  • befondsing vir nuwe projekte te voorsien asook
  • opleiding te doen met lidmate, kerkraadslede en leraars wat belangstel.

Hooffokus vir 2013: ‘n Opleidingsentrum vir Nuwe Geloofsgemeenskap Ontwikkelaars

fresh expressionsAs GKS het ons die laaste paar jaar geleer dat nuwe geloofsgemeenskappe nie vinniger kan ontwikkel as wat leiers opgelei word nie.  Ons het daarom goeie kontak met ‘n soortgelyke beweging in die Verenigde Koninkryk (VK) gemaak waarby ons as familie van kerke reeds baie geleer het: “Fresh Expressions of Church”.  Hierdie beweging is die afgelope agt jaar goed gevestig in die Anglikaanse, Metodiste, United en ander kerke. Meer as 2000 nuwe geloofsgemeenskappe in die VK het tot stand gekom deur hierdie proses.

Op grond van ‘n vennootskap wat Communitas en Ekklesia met Fresh Expressions of Church kon sluit,  gaan ons in 2013 hulle hoofkursus as loodsprojek aanbied, nl.  Mission shaped Ministry (MSM).

Mission shaped Ministry

mission shaped ministryHierdie kursus is missionaal van aard, proses gebaseer, nie model gedrewe nie en praktyk gerig.  Dit sluit baie goed by ons familie van kerke se teologiese waardes aan. In die kursus word persone toegerus om leiding te neem in die ontwikkeling van nuwe geloofsgemeenskappe.

Wie kan die kursus bywoon?

Gelowiges, getuienis bedieninge, leraars en voornemende sendelinge wat:

  • besig is om ‘n nuwe geloofsgemeenskap te ontwikkel, of
  • wil leer hoe om ‘n nuwe geloofsgemeenskap te ontwikkel, of
  • leiers wat wil hê dat hulle gemeentes meer missionaal moet wees.

Temas
Tydens die 8 maande deeltydse opleiding sal kursusgangers minstens 20 van ‘n moontlike 30 modules deurloop om ‘n sertifikaat te ontvang.  Temas sluit onder andere in: God se sending, Missionale gemeentewees, Dissipelskap, Evangelisasie, Missionale leierskap, Missionale waardes, Evangelie en kultuur, Kinders en jeug, Missionale kleingroepe, Voorbereiding van ‘n nuwe bediening, Luister na ‘n gemeenskap, en vele ander.

Belangstellendes:

Kontak Philip Botha of Peter Adams by GKS kantoor, Communitas, Stellenbosch

Tel: 021 – 808 9060 – Sekretaresse: Esther Blackaller

Philip:  082 823 2272                                        Peter: 082 928 7668

Epos: philipb@sun.ac.za                               peteradams@sun.ac.za