{ARGIEF}

12de Advent verhaal van Hoop – 11 Desember 2008

Akim Sakala is ‘n onderwyser in sy 50’er jare, in alle opsigte ‘n waardige man.  Hy woon en werk in Lusaka, Zambië. Hy vertel van die ontnugtering waardeur hy gegaan het toe hy siek geword en ontdek het dat hy MIV positief is. Na behandeling het hy sodanig herstel dat hy kon voortgaan met sy werk as onderwyser in die skool.

Hy is deel van ‘n inisiatief Circles of hope, ‘n ondersteuningsprogram aan MIV positiewe mense van die Zambiese Raad van Kerke onder leiding van dr Japhet Ndlovu. As deel van die program het Akim op nasionale televisie deel geneem aan ‘n program oor MIV en Vigs.  Sy positiewe status het nou publieke kennis geword. Die kinders en kollegas by die skool het hom op TV gesien. By die eerste saalbyeenkoms het hy vrymoedigheid geneem om oor sy positiewe status te praat en stigmatisering so te probeer afbreek.

Gegee die gemeenskap se houding teenoor MIV, was dit ‘n loopbaan risiko. Hy kon maklik sy werk verloor het. Die teenoorgestelde het gebeur- gelukkig! Meer en meer mense het begin uitkom in skole en kerke m.b.v. Circles of hope en die stilte oor MIV gegebreek. Die inisiatief het ‘n nasionale impak gemaak.  Dit was so suksesvol dat die persentasie van MIV positiewe mense dramaties afgekom het in Zambië.