{ARGIEF}

20ste Adventverhaal van Hoop – 18 Desember 2008
Die Here het vanjaar nuwe passie gegee vir die bediening van kinders. Nuwe energie en passie het na vore gekom en kinders het byna hulle ouers begin smeek om  saam met hulle kerk toe te kom in ons klein boerdery gemeenskap. Toe ontstaan daar ‘n konflik oor die tye van eredienste en die kategese wat dreig om die inisiatiewe te kelder.

In ‘n gesprek een aand, noem iemand dat verhoudingsgerigte bediening aan kinders nie verstaan moet word as ‘n middel tot ‘n doel nie, maar as die doel self. Ons moet eintlik maar net een ding doen en dit is om verhoudings te bou met die kinders in ons gemeente.

Skielik het alles in plek begin val toe ons met hierdie eenvoudige waarheid begin werk het. Dit is nou ‘n paar maande later en ons het ‘n wonderlike reëling wat in alle opsigte beter werk as die verlede.