{ARGIEF}

Nadat ons ‘n ruk gelede ‘n visie van die Here gekry het en begin het om dit te implimenteer, het daar aanvanklik weerstand gekom van gevestigde leiers..  Gebed van ons leiers het ons afhanklik van die Gees gegee. Ons het begin verstaan dat dit nie gaan oor wat ons doen nie maar dat ons die beweging van die Gees moet volg. Dit het ons ongeduldig gemaak om nou vorentoe te gaan en ons het stappe begin neem. Hoe weet ons nie maar gesindhede het verander. Mense wat voorheen teensinnig was oor vernuwing in die eredienste het ses maande later begin vra dat ons vir die jeug ruimte moet maak. Die houding van julle moet soos ons wees, het verander na kom ons maak ruimte vir jongmense.  Ons kon dit met Pinksterfees vier sonder enige teenstand. Die feit dat ons van die Here ‘n visie ontvang het uit Jes 45 & 54 het ons koers gegee in die moeilike tye. Ons is nou weer gereed om as leiers weer ons af te sonder sodat ons weer by die Here kan hoor wat die volgende tree moet wees.