{ARGIEF}

…ek is aangestel om die gemeente toe te maak

Nico Mostert

Ons gemeente is in ‘n buurland in Afrika maar kerkregtelik gekoppel aan die Ring van Bloemfontein.  Toe ek as student afstudeer was daar nie baie werk nie, so toe die Moderator my vra of ek bereid is om vir 6maande te gaan help om die gemeente toe te maak het dit opwindend geklink. ‘n Afrika ekspidisie!

Toe ek daar aankom het hulle nog geweet van 10 lidmate.  Wel ek het die land deurkruis om te kyk of ander kon opsproor. Daar was geen struktuur nie, so nou en dan ‘n erediens vir soos julle kon raai ‘n paar mense.  Ek spoor met my eerste reis nog ‘n paar mense op en ontdek hulle I baie bly om die ds te sien.  Na ses maande verleng hulle die kontrak vir nog ‘n jaar.

 

Ek het baie gou besef dat die gemeente geen bestaanreg het vir ‘n klompie nostalgiese blankes uit Suid-Afrika nie, ons sal breer moet bedien en ‘n visie vind vir ons bestaan.  Omdat daar so min oor was het die leiers eintlik met elke voorstel saamgegaan- net solank ons nie toemaak nie.  Stelslematig het mense van ander kerke begin inskakel…eers net een swart man wat ‘n bietjie Afrikaans kon verstaan.  Ek het met hom gesels na die diens en hy het gese daar is baie ander uit sy gemeenskap wat  by ‘n protestanse gemeente wil inskakel maar hulle verstaan nie Afrikaans nie.  Ek het onmmiddelik die geleenheid gesien, want baie van my lidmate se vrouens of kinders kon ook nie lekker Afrikanns verstaan nie.  Ons begin toe Engelse dienste die volgende jaar en daar het alles begin verander.  Ons het is uit die spreekwoordelike “box” gedwing.

Ons is vandag ‘n gemeente van 400 mense wat aan 3 denominasies behoort.  Die NG Kerk, Die RCZ en die Hervormende Kerk.  ‘n Derde van die gemeente bestaan uit Zambiers, ‘n derde uit blanke Suid Afrikaners en ‘n derde uit ander blankes uit ander lande.  Wat ons bymekaat hou is leiers wat mekaar respekteer en dat ons ‘n visie het om ‘n verskil te maak in die land.  Ons het die geleentheid om baie uitlanders te orienteer en te help om aan te pas in die land en hulle verder te help oor hoe hulle nie net geld kan maak nie maar ook hoe hulle kennis vir die land tot voordeel kan strek. Ons het gekies om ‘n gemeente te wees wat uit lidmate van ‘n verskeidenheid van kerke en kulture bestaan.  Ons moet hard werk daaraan dat hierdie mense tuis voel by mekaar maar tot op hierdie stadium gaan dit eintlik verbasend goed.  Ek dink wat my baie help is dat daar eintlik niks oor was toe ons begin het hier, so daar is nie veel om na terug te verlang nie.

Ons enigste moelikheid is dat ons nou drie sinodes moet bywoon en ek is gekies om die herformers se sinode by te woon in pretoria- wonder wat hulle met my gaan maak…