{ARGIEF}

Hierdie is ‘n analise wat met die Storielyn
gedoen kan
word en is ‘n verwerking van die sommige gedagtes uit die narratiewe teorie.

 

Elke verhaal het ‘n probleem storie wat
gewoonlik oorbekend is aan die gemeente. 
Dit is belangrik dat hierdie storie ge-eksternaliseer word, of benoem
word.  Deur middel van die  “naming”van ‘n storielyn word die implisiete
eksplesiet gemaak en kan
dit hanteer word. 

 

Metode: 
werk deur die storielyn en vra die groep om dit wat verkeerd geloop het
te identifiseer.  Ek sal gewoonlik dit
wat hulle  noem op die toepaslike plek in
die storielyn met ‘n rooi kode aandui. 
So werk ons deur die storielyn en ontdek langsamerhand dat daar ‘n
verband tussen hierdie probleem insidente is. 
Soms is daar ‘n patroon of siklusse wat herhaal. Ek sal dan met ‘n rooi
lyn die probleem gebeure aan mekaar verbind en aan die einde aan die storie ‘n
naam gee.

 

Die alternatiewe storie word ontdek wanneer
ons die “unieke uitkomste” ontdek.  Hulle
dikwels nie so sigbaar nie, maar hulle is daar. 
Dit is die verassings in die storie, die dinge wat eintlik nie inpas
nie.  ‘n Gebedsgroep wat aanhou bid het
in ‘n konflik, of ‘n uitreik na swart mense in die middel van harde apartheid
ens.  Soos met die probleemstorie word
die alternatiewe storie gekonstrueer deur die alternatiewe gebeure aan mekaar
te verbind.  Ook hier word ‘n patroon
sigbaar hoe langer daar hieroor gedink word. 
Ek dui hierdie gebeure gewoonlik met ‘n groen merker en groen lyne
tussen die merkers aan.  Gewoonlik is dit
‘n wonderlike ontdekking vir die groep.

 

Die alternatiewe storie vertel vir ons die
verhaal van hoe God teenwoordig was/is in die geskiedenis van die groep.  Die visie behoort gebou te word op die
alternaitewe verhaal en nie op die probleem verhaal ine.