{ARGIEF}

Wie is die gemeente se kliënte?

Frederick Marais

2004

In gemeenteprosesse is daar ‘n belangrike vraag wat onontbeerlik is in die proses.  Dit is die vraag na wat ons taak of  roeping is.  In die  korporatiewe wereld word die vraag verstaan as ‘n uitklaring van ons kernbesigheid?  Ons kernbesigheid is die uitkoms(te) waarop die hele sisteem gefokus is. In kort wat glo die mense in die sisteem moet die organisasie bereik.  Hoewel dit klink na ‘n maklike vraag om te antwoord, is dit nie so maklik in die praktyk nie.  Daar is egter konsensus dat prosesse eintlik gedoem is as daar nie baie goeie aandag aan die vraag gegee word nie.  Wel indien die korporatiewe wereld die vraag belangrik vind, is dit mi nog belangriker dat gemeentes hieroor helderheid kry.

In my werk as gemeentefasiliteerder het ek die taak om hierdie vraag so kontreet en prakties as moontlik te maak.  Erens moet gemeentes gehelp word om hieroor duidelikheid te kry sodat hulle hulle bediening vanuit hierdie verterkpunt kan bedink en van dag tot dag kan bedryf.  ‘n Mede gemeentefasiliteerder het my geleer dat  een van die mees effektiewe manier om konkreet te praat oor die gemeente se missie of roeping is om die vraag te vra:  Wie is ons kliente?  Die beantwoording van hierdie vraag ontbloot baie van die moeilikheid waarmee ons sit in gemeentes.  Ek is doodseker dat ons baie van ons konflikte beter gaan oplos indien ons gaan aanhou praat met mekaar totdat ons ‘n helder antwoord het op die vraag.

 Die eerste keer wat ek die vraag na wie ons kliente is, in ‘n proses gebruik het, het ‘n bankier(wat ook ‘n gemeenteleier is) baie vinnig so asof daar eintlik ‘n vanselfsprekende antwoord op die vraag is, geantwoord:  Die gemeentelede natuurlik!  Vir ‘n wyle het ek met hom saamgepraat oor wat die implikasies is wanneer ons se gemeentelede ons “kliente” is.   Indien ons “kernbesigheid” sou wees dat ons gemeentelede bedien sou dit beteken dat ons moet uitvind wat hulle behoeftes is. Dit sou dan die belangrikste vraag wees. Wat wil ons kleinte he dat ons vir hulle moet doen?  Ons begin dan die gemeente daarmee belyn.  Ons meet ons effektiewiteit aan die vraag of ons daarin slaag om ons kliente se behoeftes beter en beter te bevredig… wel ek hoop elke gemeenteleier wat die artikel lees is teen hierdie tyd al uiters ongemaklik.  Voordat ek die ongemak verlig.  Kom ons wees eerlik oor hoe aktief hierdie verstaan van ons “kernbesigheid” in die kerk is.  Hoeveel van die geprekke op kerkraadsvergaderings ens veronderstel nie doodgewoon dat die gemeente daar is om aan lidmate se geestelike behoeftes te voldoen nie.

Ek het natuurlik van die bankier verskil.  Dit neem nie lank om te besef dat die Bybel eintlik ‘n ander idee oor die antwoord op die vraag het nie. Israel moes dit al verstaan het dat hulle geroep is om tot seen van die nasies.(Gen 15-17) Toe hulle die roeping versaak is hulle deur die Here in Ballingskap gedwing om te herontdek dat Babel se belange ook hulle belange is(Jer 29:7)  Jesus se toerusting aan sy disipels staan eintlik onder die opskrif- Ek het julle geroep en Ek stuur julle…”na elke dorp en plek waarheen Ek van plan was om te gaan”(Luk 10:1)  Lidmate is dissipels wat gestuur word na die gemeenskap. Paulus is baie duidelik daaroor dat die lidmate begaafd is en dat hulle toegerus moet word vir hulle dienswerk(Ef 4:12)

Dit  is duidelik: die gemeente se kliente is nie die lidmate nie, maar hulle wat buite die geloofsgemeenskap leef, hulle wat sonder God en sonder hoop leef. Die bekende stelreel dat die kerk die enigste orgnisasie is wat leef vir sy nie-lede  is hier van toepassing.  By hierdie punt is die vraag dikwels, maar het die gemeente dan nie ‘n taak teenoor haar lidamte nie.  Ek dink Paulus stel dit baie duidelik in Ef 4 bv dat die taak is om lidmate toe te rus vir hulle dienswerk.  Gemeentelede is nie die gemeente se kliente nie, maar eerder die personeel wat deur die gemeente opgelei/toegerus moet word om hulle dienswerk in die gemeenskap uit te leef: om vigswesies te versorg, aan te kondig die Koninkryk naby is, armoede te beveg, onreg te bestry, vrede te bring aan almal met wie hulle weg kruis…’n mens kan en moet die lys nog langer maak… maar die punt is duidelik ‘n gemeente se kernbesigheid is om die evangelie so te leef en die verkondig sodat die wereld sal glo dat Jesus die Here is!



Hoe beantwoord ons die vraag in die  gemeente?

1. Daar is baie prosesse in gemeentes wat ‘n kortpad probeer vat deur te konsentreer op effektiwiteit van die bediening sonder om die vraag oor wat ons kernbesigheid is, op die tafel te sit.  My ervaring is dat dit ‘n kortpad is wat nie op die langtermyn die gemeente help nie.  As die gemeentelede nie gehelp word om te verstaan dat hulle personeel eerder as kliente is nie, het ons in terme van ons Bybelse taak om die wereld te bereik, niks gevorder nie.  Dan baar die berg ‘n muis en moet ons maar weer voor begin.

2. Ons kan dit nie reg preek nie- ons sal eenvoudig saam die Bybel moet begin lees in die gemeente om saam weer hierdie basiese van basiese roepings te herontdek, want besighede mag dink dat hulle die vryheid het om hulle misie te kies, gemeentes, of dan gemeentes wat gehoorsaam aan die Skrif wil wees, het (gelukkig) nie daardie keuse nie.  Ons missie word aan ons gegee.  Om dit beter te verstaan het ons die Woord om te bestudeer.  Dit is werklik so eenvoudig soos dit.  Laat toe dat die Woord die vraag oor die kernbesigheid vir julle beantwoord.  Dan behoort daar verder gegaan te word om te vra hoe lyk dit indien ‘n gemeente hierdie visie kontreek  begin leef in hulle konteks- dit noem ons ‘n visie, maar daaroor ‘n volgende keer.

Nota: Gemeentes wat oor hierdie saak verder wil Bybelstudie doen kan gerus kyk na: Draers van die waarheid: Nuwe Testamentiese visies vir die gemeente( Buvton:2002) dit kan bestel word by ons boekwinkel by Communitas Kontak Sharon 021-8083381 of snaude@sun.ac.za