{ARGIEF}

Gemeenteprosesse waarin Communitas gemeentes begelei

Kyk gerus na die onderstaande lys van prosesse om ‘n keuse te maak van die prosesbegeleiding wat u gemeente nou nodig het.

a. Visionering

Communitas se fasiliteringspan het ‘n visioneringsproses ontwerp vir die Suider Afrikaanse konteks. Die proses verloop oor ‘n minimum van 18 maande waarin die gemeente hulle roeping herontdek en begelei word om hulle bediening met hulle roeping te belyn. Oor die afgelope 8 jaar is talle gemeente deur hierdie proses begelei. Voordat die proses in aanvang neem, is daar ‘n kontrakteringsfase waarin die gemeente se leierskap met Communitas kontrakteer t.o.v. die unieke uitkomste vir hulle proses en roluitklaring.

Vir meer inligting oor die Visioneringsproses kontak vir Divine Robertson by 021-8083265 of dr@sun.ac.za

Indien u gemeente gereed is om met so ‘n proses te begin kontak vir Frederick Marais by 021-8083265 of jfm@sun.ac.za om te onderhandel oor ‘n besoek van ‘n fasiliteerders aan u gemeente.
Predikante en gemeenteleiers wat graag opgelei wil word in Fasiliterende leierskap kan gerus een van CFN se kursusse hieroor oorweeg. Kyk gerus by www.cfn.org.za vir meer inligting hieroor.

b. Gestuurdheid

Die Vennootskap van Gestuurde Gemeentes begelei gemeentes deur ‘n geloofsonderskeidende reis waarin die gemeente ‘n kultuurverandering ondergaan van instandhouding na gestuurdheid. Ongeveer 150 gemeentes van 8 verskillende denominasies het oor die afgelope aantal jare by die Vennootskap aangesluit. Die onderstaande dokumente gee uitvoerige beskrywing van die proses. (chris ons kan hier skakels insit na die dokumente wat reeds onder die vennootskap lê)

Lees ook gerus prof Pat Keifert se boek, Ons is nou hier, Bybelmedia 2007, vir ‘n uitstekende beskrywing van die reis en wat gestuurdheid beteken vir ‘n gemeente. Ons in nou hier en ander boeke oor die gestuurde karakter van gemeentes kan bestel word by Communitas se boekwinkel by snaude@sun.ac.za.

Predikante of gemeenteleiers wat belangstel in toegepaste akademiese opleiding in gestuurde teologie en leierskap kan gerus die M Th in missionale Transformasie (skakel) oorweeg aan die Fakulteit Teologie oorweeg.

Indien u gemeente belangstel om in te skakel by die Vennootskap vir gestuurde gemeentes kontak Divine Robertson by 021-8083265 of dr@sun.ac.za

c. Konflik

Konflik is ‘n realiteit in alle gemeentes, hoewel baie die realiteit daarvan ontken. In ons begeleiding van prosesse het ons by Communitas geleer dat konflik ‘n wonderlike geleentheid aan gemeenteleiers bied om oor die diepere vrae van die roeping en visie van die gemeente te besin. Indien die konflik hanteer kan word voordat dit tot stereotipering van die verskillende kampe, kan dit tot verdieping in die bediening van die gemeente lei.

Indien u gemeente begeleiding benodig in Konflikhantering kontak Divine Robertson by 021-8083265 of dr@sun.ac.za
Predikante en gemeenteleiers wat opgelei wil word in die vaardigheid van konflikhantering kan inligting hieroor kry by CFN se webblad www.cfn.org.za .

d. Beroepsprosesse

In tye van beroeping moet die leierskap van die gemeente saam in die geloof onderskei oor watter Leraar beroep moet word na die gemeente. Communitas het oor die jare ‘n aantal gemeentes begelei in die ontwikkeling van ‘n profiel vir die Leraar en die proses van beroeping self.

Kontak gerus vir Pierre Goosen by 021-8083382 of pmgoosen@sun.ac.za vir meer besonderhede.

e. Prosesse in geloofsvormende gewoontes

Daar is oor die afgelope tyd heelwat nuwe materiaal ontwikkel om gemeentes by te staan in die vestiging van geloofsvormende gewoontes. Kontak gerus vir Johan Kotze by jkotze@kingeley.co.za of Gys van Schoor by gysvs@iafrica.com.
*Geloofsonderskeidende leierskap. In hierdie proses word gemeenteleiers geleer om God se agenda vir die gemeente te ontdek en hulle vergaderings daarvolgens in te rug. Kontak vir Frederick Marais by 021-8083265 of jfm@sun.ac.za Bestel gerus sy boek oor Luisterryke vergaderings by Communitas se boekwinkel 021-8083381 of snaude@sun.ac.za
*Die Seisoen van Luister het uitstekende materiaal om gemeentes hierin te begelei Kontak vir Wilhelm Burger by jwburger@overnet.co.za…. Of besoek www.gemeentes.co.za vir ‘n volledige lys van produkte van die Seisoen van Luister

f. Induksieprosesse (Wanneer ‘n nuwe Leraar aansluit by ‘n gemeente)

Die Induksieproses begelei die leierskap van ‘n gemeente om ‘n nuwe leraar te help om sy/haar plek te vind in die nuwe gemeente. Hierdie proses is ontwikkel deur die induksiespan van die Noordelike Sinode olv Roelf Opperman.

Kontak Roelf gerus indien u in die Noordelike omgewing is by roelf.opperman@kameeldrif.ng.org.za of anders kontak vir Pierre Goosen by 021-8083382 of pmgoosen@sun.ac.za.

g. Spanbouprosesse

Gemeentewerk geskied meestal in spanne van leiers wat moet leer om saam te werk. In hierdie proses begelei Communitas Leraar- en gemeenteleierskap spanne in die belyning van hulle individuele roeping met die van die gemeente en klaar dan rolle en take uit wat help om sinergie in die span te ontwikkel. Die Spanbouproses het tot gevolg dat ‘n kultuur van verantwoordbaarheid binne ‘n sisteem van genade ontwikkel.

Kontak gerus vir Pierre Goosen by 021-8083382 of by pmgoosen@sun.ac.za vir verdere besonderhede

h. Die begeleiding van rouprosesse in die gemeente

Enige verandering gaan gepaard met verliese waarvan daar afstand gedoen moet word. In baie gevalle is hierdie verliese baie intens en laat dit emosionele letsels by mense. Dit is ook waar in gemeentes wat deur verandering gaan. In hierdie proses sluit ons aan by die klagtradisie in die Bybel en begelei groepe in die gemeente in ‘n proses van verliesverwerking met die doel om hulle gereed te maak om God se nuwe toekoms te ontdek.

Kontak gerus vir Pierre Goosen by 021-8083382 of pmgoosen@sun.ac.za.

i. Mentoraatskap

In die proses van persoonsontwikkeling speel ‘n mentor ‘n baie belangrike rol. Communitas geskik oor opgeleide mentors wat u gemeente se Leraar kan begelei in sy/haar proses van persoonlike ontwikkeling.

Kontak gerus vir Pierre Goosen by 021-8083382 of pmgoosen@sun.ac.za.

j. Bemagtiging van lidmate in ‘n Gawebediening

In die uitleef van ‘n gemeente se roeping is die bemagtiging van lidmate, die ontdekking van hulle gawes en die begeleiding in die vestiging van ‘n bediening, deurslaggewend. Om groot getalle lidmate so te bemagtig vra groot aanpassings in die gemeentelike sisteem. Hierdie proses moet ook prosesmatig aangepak word.

Kontak gerus vir Hannes Koornhof by hannes@moederkerk.co.za.

k. Versoening en helingsprosesse

Baie gemeentes wil graag betrokke raak by die versoening van gemeenskappe in hulle omgewing en ander helingsprosesse. Communitas is deel van ‘n inisiatief wat gemeentes hierin wil begelei nl. Shaloom gemeenskappe Hierdie inisiatief sal u gemeente begelei in die sensitiewe prosesse van versoening en heling. Heelwat gemeentes het al met groot vrug van ‘n begeleiding gebruik gemaak.

Kontak vir David Botha by 022 4922787 of davidbotha@xsinet.co.za en Deon Snyman by 0720804717 of deon.snyman@telkomsa.net.