{ARGIEF}


Die nege fase van veranderings

Waar staan ons in die proses?

Verwerking van John Kotter se teorie van die bestuur van verandering

Frederick Marais & Johan Kotze

Die opskrif sê dat daar verandering is. Onafhanklik van die omvang van verandering, het die geskiedenis getoon dat baie gemeentes gepoog het om hulself te transformeer tot Bybelsgefundeerde kerke, of relevante geloofsgemeenskappe.

Hierdie pogings het onder baie name plaasgevind: visionering, transformasie, herstrukturering ens. ens. In al die gevalle was die doel dieselfde: om fundamentele veranderinge in die verstaan en toepas van kerkwees, binne ’n dinamies veranderende konteks, teweeg te bring.

Van hierdie poings was suksesvol, ’n paar was mislukkings.

Hoekom?  Die algemene les vanuit die suksesvolle gevalle is dat verandering  deur ’n reeks fases gaan wat in totaal ’n redelike tydsverloop het.

  • Om die fases te omseil skep die illusie van vordering, maar lewer selde bevredigende resultate.
  • ‘n Tweede waardevolle les is dat kritiese foute in enige van die fases ’n vernietigende effek op die proses kan hê. Nie alleen word die momentum verbreek nie, maar reeds verdiene vordering word neutraliseer.

Evalueer jou gemeente se situasie op elk van die fases deur dit ‘n punt uit 10 te gee.

Die nege stappe in die bestuur van transformasie

1. Persoonlike uitdaging tot verandering

  • Persoonlike verandering is ’n voorvereiste vir korporatiewe verandering.

1   2   3   4   5   6  7   8   9   10
swak                                      uitstekend

2. Vestiging van ’n sin van dringendheid

  • ’n Krisis of die moontlikheid van ’n krisis kan veroorsaak dat mense uit hul gemaksone van die handhawing van die status quo beweeg.
  • Mense sal verander wanneer hul vlak van ontevredenheid toeneem in die lig van ’n beter toekoms. Mense het soms hulp nodig om hul ontevredenheid te ontdek. 
  • In enige situasie van verandering sal mense egte verlies en pyn ervaar. Hulle het die geleentheid nodig om te rou en te laat gaan.
  • Waarby lê die dringendheid in jou gemeente

1   2   3   4   5   6  7   8   9   10

 swak                                      uitstekend

 

3.  Skep en vestig ’n rigtinggewende koalisie

  • ‘n Taakspan wat die proses kan begelei in die gemeente

1   2   3   4   5   6  7   8   9   10

 swak                                      uitstekend

 

4. Ontwikkel ’n visie en strategie

  • Is daar in die gemeente ‘n duidelike strategiese intensie- ‘n visie en ‘n strategie om dit te verwesenlik

1   2   3   4   5   6  7   8   9   10

 swak                                      uitstekend

 

5. Kommunikeer God se visie vir die gemeente

  • Die visie moet herhaaldelik gekominikeer word want ‘n visie lek.  Hoeveel aandag ge ons hieraan?

 1   2   3   4   5   6  7   8   9   10

 swak                                      uitstekend

 

6. Bemagtiging van lidmate vir deelname

  • Verwydering van blokkasies wat verhoed dat lidmate dien.
  • Verandering van sisteme of strukture wat die uitleef van die visie belemmer.
  • Hulp aan lidmate om hul gawes te ontdek.
  • Toerusting aan lidamte om hulle gawes uit te leef
  • Hulp aan lidmate om hul bediening te vestig.

1   2   3   4   5   6  7   8   9   10

 swak                                      uitstekend

 

7. Generering van vinnige winste

Uitsette wat bereik moet word:

  • Beplanning vir sigbare verbeterings in prestasie
  • Behaling van die winste so gou as moontlik
  • Sigbare erkenning en beloning van lidmate wat die winste moontlik gemaak het.

 1   2   3   4   5   6  7   8   9   10

 swak                                      uitstekend

 

8. Konsolidasie van die winste en die skepping van verdere verandering (behou momentum)

Uitsette wat bereik moet word:

  • Gebruik die verdiende geloofwaardigheid om alle sisteme, strukture en beleid te wysig wat nie bydra tot visie bereiking nie
  • Plaas mense in plek wat verandering kan implementeer
  • Re-energeer die proses dmv nuwe projekte, temas en veranderings agente

1   2   3   4   5   6  7   8   9   10

 swak                                      uitstekend

 

9. Vestiging van die nuwe benadering in die kultuur

Uitsette wat bereik moet word:

  • Die nuwe visie van die gemeente is nou so ingeoefen dat dit deel word van die kultuurn van die gemeente van die leierskap tot op grondvlak.

1   2   3   4   5   6  7   8   9   10

swak                                      uitstekend