{ARGIEF}

Twee lidmate het beslut om ‘n plot te koop en ‘n tehuis vir terminale Vigs Weeskinders te begin. HIerdie outjies se ouers is almal oorlede en hulle het niemand om na hulle te kyk nie. Hulle is self ook terminaal en  HIV positief. Vir die laaste paar maande op aarde probeer ons vir hulle ‘n menslike bestaan voorsien. Die lidmate doen alles op hulle eie met die ondersteuning van die gemeente. In die hoek van die erf is ‘n boom met geel strikkies. Dit is die kinders se manier om totsiens te sê aan elke kind wat sterf – ‘n geel strikkie word aan die boom gehang. Die boom is alreeds vol geel strikkies! Dit maak my opgewonde dat lidmate soveel in die koninkryk doen. Die projek is al meer as ‘n jaar aan die gang en daar is tans ‘n waglys van kinders. Alles word volgens die wet gedoen en Sepang Huis is Geregistreer en ontvang maandeliks subsidie van die staat. As ons dinge kort vra ons net Sondag in die kerk en ons het elke keer letterlik ‘n berg – te veel – gekry.