{ARGIEF}

‘n Paar weke terug praat ‘n lidmaat van die AGS (wat een van ons omgeegroep se geboue gebruik vir dissipelskapopleiding) oor ‘n visie wat hy ontvang het. Hy gaan gooi vullis af by die stortingsterrein van die dorp, wat hy al baie gedoen het. Net, die keer kan hy nie daar wegkom nie. Asof iets hom vashou. Stadig kom staan die vullishoopbewoners al meer en meer om hom en hy weet net dit moet nie so wees nie. Dis nie reg dat mense afvalkos moet uitkrap omdat hulle honger is, vir watter rede ook al nie. En net daar voel hy hy moet ‘n Feesmaal vir die mense van die strate en die afvalhope hou. Maar hy se niks vir sy vrou nie. Sy se toe vir hom sy verstaan nie wat die Here vir haar wil se in haar stiltetyd nie, maar sy het die gedeelte die oggend gelees uit Matt 22 van die Fees en die genooides wat nie wou kom nie. En dan staan daar mos:

Mat 22:10 Toe het daardie slawe uitgegaan op die strate en almal wat hulle gekry het, bymekaargemaak, slegtes sowel as goeies. So het die feessaal vol gaste geword.

Wat meer moes hy hoor!

Hy het dit met die meeste ander gemeentes (verskillende denominasies) gedeel en Woensdag, 25 Nov is ‘n rugbyveld bespreek vir ‘n Feesmaal vir mense wat dit nie ken nie. Behalwe ‘n paar tente, toilette, tafels en stoele ens, is niks gereel nie. Almal bring wat hulle wil en die wat daar is help om die mense van die strate te bedien. Na ‘n snikhete Dinsdag, breek ‘n heerlike koel Woensdag laatmiddag aan. Die een gemeentelid het twee lorries gereel om die mense te bring. Die ander kry ‘n R1000 vir kos en 2 skape en maak 2 nr 20 potte. Die omgeegroep bring poeding, die ander spanspekke …

Soos die aand groei, buig die tafels onder poeding, lekkers, lekker wildsvleis, brood, koeldrank, sakke vol klere en mense en mense van die gemeentes kom eenvoudig aan en dis asof elkeen weet wat om te doen. So groei die straatmense ook aan tot oor ‘n 1000. Nie lank nie of die kleingoed speel sokker in afwagting. Ja, die skarebeheer toets soms mense se geduld, maar teen 8-uur die aand het:

  • ‘n 1000 mense se mage vol gekom,
  • Dominees en pastore en lidmate skouer aan skouer mense aan tafels bedien,
  • Kerkgrense verdwyn en,
  • ‘n Visie waar geword.

Omdat een mens geluister het na die stem van die Here!