{ARGIEF}

Soos baie ander gemeentes in Nederland is hierdie gemeente ook bekommerd oor die feit dat die jongmense van die gemeenskap nie meer kerk toe kom nie. Die gemeenteleiers is in die konsistorie in gesprek met ‘n fasiliteerder om planne te maak om die jeug-weer-in-die-kerk-te-kry!

Die gesprek is somder, byna sonder hoop, hulle het al soveel planne gemaak wat nie gewerk het nie. Elke dan en wan is daar ‘n dowwe dons teen die muur aan die buitekant, soms harder, soms sagter, maar dit verbreek die konsentrasie van die gemeenteleiers- uiteindelik kan hulle nie meer nie en storm by die konsistorie uit om te ontdek dat die kinders van die dorp buite op die plein besig is om te voetballe!

Ek het nie gehoor of hulle toe saam gaan speel het nie, maar ‘n mens kan bly hoop!