{ARGIEF}

Sommer net ‘n goeie gestuurde storie !
Ons het vanuit verskeie kante gehoor  dat ons en ons gemeente se vennoot by Hetherdale(VGK) ‘n meer aktiewe vennootskap moet vorm. Ons het begin  werk aan ‘n vennootskap en het daaroor begin nadink

Ons stranddiensspan wat elke jaar na Scotburgh toe gaan se begroting van R25,000.00 is in 2009 na R0.00 gesny a.g.v. finansiele druk in ons gemeente. Die Here stuur ons na VGK gemeente en saam besluit ons om ‘n span na ‘n lokale vakansie oord (Maselspoort) te stuur.Hy voorsien ook binne 3 weke ‘n bedrag van R35,000.00 om die span te stuur. Ons stel ‘n jeugspan saam van 24 lede (+- 50/50%), gee hulle vir ‘n week opleiding, ook gedeeltelik gelei deur VGK leiers. Die volle span word op 13 Desember vanuit die VGK gemeente amptelik uitgestuur tydens ‘n erediens wat deur  ds.Lourens Scheepers van Hugenoot gemeente gelei is.

Ons kom so pas terug as ‘n nuwe familie in Christus na ‘n baie suksesvolle 10 dae by die oord.

Behalwe die groot sukses wat volgens my opinie daarin gelee is dat ons verhouding met VGK nou onstuitbaar is was die uitreik ook baie suksesvol – sodanig dat Maselspoort bestuur die gekombineerde span in die toekoms wil borg en ‘n staande punt op hulle agenda gesit het. Mense in die karafaanpark is bereik (+- 1500 dagbesoekers van alle rasse). Die oorwegend wit kampeerders (wat vir ons ‘n bekommernis was) het die span met ope arms ontvang en sodoende self oor grense beweeg.

Ons beplan en het reeds met VGK gepraat om in die nuwe jaar hulle voltyds te betrek by ons New Wine beweging by die Mall soos jy in jou mail voorgestel het.

 

Groete
Blackie en die SAVGG span (Hugenoot gemeente Bloemfontein)