{ARGIEF}

René Potgieter is ‘n boorling van Beaufort-Wes. Sy was eers gesinsberader by ‘n kinderleidingkliniek voordat sy haar teologiese studies op Kovsies voltooi het. In haar gemeentejaar het sy Gamkavallei bedien, waarna sy voltydse leraar in die gemeente geword het.

Gamkavallei as gemeente is al deur diep waters.  Dit is my eerste gemeente. Vóór my koms was daar vyf jaar lank nie ’n leraar nie, omdat die gemeente se getalle so gedaal het dat dit nie ’n predikant kon bekostig nie. Nogtans het die gemeente bly voortbestaan en is die Woord van God aan mense bedien.  Die gemeente het werklik ’n nuwe pad begin stap toe dit onder leiding van ds Herculus van Huysteen sy deure vir alle mense ongeag kleur oopgestel het. Toe het lidmate beleef dat hulle werklik die Here sáám kan dien en liefhê. Sedertdien loop die gemeente op ’n heel nuwe pad van kerkhereniging. Vir my was dit ’n absolute voorreg om deel te word van ’n gemeente wat nie redeneer of net wil praat en praat oor kerkhereniging nie, maar wat dit eenvoudig doen.

Lees die volledige verhaal by www.gemeentes.co.za