{ARGIEF}

‘n Gevangenis se getuienis nadat hy ‘n Byelkorkursus gedoen het:

Baie dankie vir die eerste Bybelkorkursus, “As die tronkdeur toeslaan”. In woorde kan ek nie vandag beskryf wat ek alles deur die twaalf hoofstukke van dié boekie ervaar het nie, maar die gevoel wat ek het is onbeskryflik. Ek is nog jonk in die geloof, maar hierdie eerste kursus het my laat besef dat ek nie sonder Christus kan lewe nie. Binne-in my hart is daar ‘n rustigheid omdat ek vrede met myself en met God gemaak het. Alles omdat ek my lewe vir God oopgemaak het en vergifnis gevra het vir die leed wat ek die slagoffer aangedoen het, al die hartseer wat ek vir my ma, my familie, my vrou en my vriende veroorsaak het. Al wat ek nog moet doen, is om ook aan hulle te skryf en hulle te vra om my te vergewe. Van nou af kan ek met blydskap vorentoe kyk. Ek sien uit na die dag wat ek saam met Christus uit die gevangenis sal stap.

Ek sal graag nog ‘n kursus wil ontvang. God seën u en al die gelowiges wat donasies gegee het om ons te help om deur middel van hierdie kursusse geestelik te groei sodat ons die Here kan dien. Baie dankie!