{ARGIEF}

Ons het by Cedarberg 2009 verskeie gesprekke gehad oor plattelandse gemeentes en die unieke gawes van hierdie gemeentes wat gevier moet word. Te dikwels word daar net negatief oor plattelandse gemeentes gepraat. Dit skep ‘n onnodige negatiewe selfbeeld en perspesie van hierdie gemeentes. In baie opsigte moes hulle die meeste aanpas in die transformasie wat ons land die afgelope 15 jaar deurgaan.  Hulle moes aanpas by baie uitdagende demografiese veranderinge. Van die armste en mees kwesbare mense in ons land leef in die platteland en word deur hierdie gemeentes bedien. Terselfdertyd moes sommige van hierdie gemeentes leer om sonder ‘n voltydse leraar gemeente te wees, en het hulle dit reggekry.  Ons kan almal baie by hulle leer.

Dalk het jy grootgeword in ‘n plattelandse gemeente en jou eerste geloofstree daar gegee. Dalk is jy ‘n leier in ‘n gemeente in die platteland of het jy as dominee in die platteland gedien.  Dalk het jy net ‘n verhaal oor wat gemeentes in die platteland doen wat jy met ons wil deel?

Stuur asb jou bydrae van ‘n paragraaf of twee aan Frederick Marais by jfm@sun.ac.za om plaas dit graag op die webblad