{ARGIEF}

Vannag ‘n hartseer/hoopvolle storie by my opgekom…

Begrafnis van Joey Groenewald paar weke gelede – kanselkleed van Grabouw se NG Kerk met die God is Liefde.  En in die middelste blok, reg onder die kansel, vir die eerste keer vir my werklik beliggaam, waar Joey se lewensmaat van 28 jaar, bruin en ‘n vrou, saam met haar familie in voorste bank sit, en agter hulle al die bruin vriende van baie jare, saam met ons Grabouw-vriende, bure en familie…

Dis die kerk en dit is God se liefde vir my.