{ARGIEF}

Advent is die Seisoen van Verwagting en Afwagting. Ons is in gespanne verwagting op die koms van die Koning.

Ons gaan hierdie seisoen van Hoop soos die afgelope 3 jaar met oorgawe vier op www.communitas.co.za.  Kyk gerus by die Preekstudies blog na preke wat hierop fokus. Op ons Gebedsblog vertel Quintus Heine waarom Om op God te wag ‘n geloofsdissipline is.

Advent is ook  bekend vir die Advent kalender wat die dae aftel na Kersfees.

 

Ons maak vanjaar  ‘n Kalender met Verhale van Hoop vir Advent.  Dit is verhale van hoop wat ons van gemeentes ontvang – regte grondvlak verhale wat so onder en tussen ons gebeur het.

 

Soos Advent vorder hoop ons dat die hoop in ons sal groei en sterker word soos wat Paulus vir die gemeente bid in Rom 15.

Stuur asb. jou Adventverhaal van Hoop uit julle gemeente of gemeenskap na Frederick Marais jfm@sun.ac.za.  Ons plaas dit graag.

Julle is natuurlik welkom om die verhale op julle gemeente se webblad te plaas of om ook so ‘n Advent kalender van Hoop op julle webblad te begin.  Soos gebruiklik kan enige bydrae by www.communitas.co.za in gemeentes gebruik word.