{ARGIEF}

header_600

Die GKS (Kommissie vir Gemeente-ontwikkeling en Kerklike Samwerking) word gesamentlik deur die NGK en die VGK bedryf met die doel om nuwe gemeentes of bedienings-punte te vestig of gemeentes te help om nuut te dink oor gemeentestrukture.

Wêreldwyd en ook in Suid-Afrika is daar ‘n toenemende daling in lidmaat getalle, toename in kerklos lidmate en uitdagings waarmee gemeentes gekonfronteer word as gevolg van demografiese verskuiwinge wat plaasvind.

Die GKS is die NGK-familie se poging om gemeentes te help om pro-aktief en effekitef hierdie uitdagings aan te spreek.
Die grootste en belangrikste, maar ook moelikste uitdaging is om Evangelisasie weer in die hart van gemeentes te laat staan!
Een van die mees effektiewe wyses van evangelisasie vandag word gevind in die skep of “planting” van nuwe gemeentes of bedienings-punte wat met ‘n sensitiwiteit vir en ‘n fokus op kerkloslidmate funksioneer. Hierbenewens moet vars bedieningstrukture geskep word wat met ‘n nuwe relevansie binne ‘n nuwe tyd met ‘n nuwe geslag kan kommunikeer.
Onder leiding van ds. Philip Botha en ds. Peter Adams word tyd spandeer aan die vestiging van nuwe gemeente-ontwikkelingspunte en evangelisasie-gedrewe bedieninge in die gemeentes van die NGK familie.