{ARGIEF}

  • Missionaal– om mense buite die kerk te dien;
  • Kontekstueel– om na mense te luister en hulle kultuur te betree;
  • Opvoedkundig– om dissipelskap ‘n prioriteit te maak;
  • Ekklesiologies– om kerk te vorm.

‘n Uitdrukking “vars uitdrukkings van die kerk” kan vaag en onduidelik wees. Die etiket word soms gebruik om enigiets te bedek – selfs ‘n nuwe kennisgewingbord! Dit kan tot ‘n sekere soort sinisme lei.

Sou hierdie vier punte ons kon help om nuwe betekenis te gee aan die terminologie? Sou ‘n gemeente of ring byvoorbeeld ‘n beleid het om vars uitdrukkings te bevorder, wat het dit in gedagte om aan hierdie kriteria te voldoen?

As ‘n plaaslike gemeente ‘n spesifieke inisiatief beskryf as ‘n vars uitdrukking, voldoen dit eweneens ook aan hierdie kriteria? En selfs al voldoen dit nie hieraan nie, kan die onderneming selfs ‘n lofwaardige saak wees. Maar ten minste skep die gemeente nie meer die verkeerde verwagtinge nie.

As dit wat jy doen dus meestal gerig is op kerkgangers of dis ‘n ouer-kleuter-groep sonder enige planne om ‘n volwaardige gemeente te word (dalk ‘n selkerk van ouers en kleuters), is beide waardevolle projekte, maar dit pas nie in die omskrywing van ‘n vars uitdrukking in nie.

Ander terme wat ook dieselfde sê as vars uitdrukkings, is: ontluikende kerk, nuwe vorme van kerk, kerkplanting.

In die sentrum van vars uitdrukkings staan ‘n ander manier om oor kerk te dink. Die meeste bestaande kerke funksioneer met ‘n “julle kom na ons toe” gedagtelyn.

‘Wil jy by ons aansluit?’ is ‘n uitnodiging om na ‘ons’ kerk toe te kom, ingerig soos ons is, op ‘n tyd wat ons pas, in ‘n styl wat ons selfs vooraf opgestel het. Die vloei van mense is van buite na binne: van die wêreld af na die gemeente toe.

Vars uitdrukkings het in plaas daarvan ‘n ‘ons sal na jou toe kom’ denkrigting. Dit begin nie met ‘n uitnodiging (‘Kom na ons toe op ons terme’), maar ‘n aanbod (‘Ons is bereid om na jou toe te kom, jou tye dien en by jou te bly – in jou styl en nie ons s’n nie’).

Die oogmerk is nie om ‘n intreevlak toit ‘n bestaande kerk te skep nie, maar om volwaardige gemeentes in eie reg te ontwikkel. Die vloei van mense is van die gemeente af na mense aan die buitekant – nie na binne nie, maar na buite.

Vars uitdrukkings is ‘n nuwe paradigma, en nie ‘n nuwe model van kerk-wees wat nageboots word nie. Dis ‘n paradigma wat nie met kerk begin nie, maar met mense wat nie aan die kerk behoort nie.

‘n Spektrum van vars uitdrukkings bestaan

  • Die vernuwing van ‘n bestaande gemeente deur sending, en veral deur noukeurig te luister na die nie-kerkgangers wie die gemeente geroep is om te dien.

Dit sou kon insluit ‘n radikale transformasie van die alle-ouderdomme aanbiddingstyl, byvoorbeeld, of die herbedinking van ‘n midweek erediens.

  • Die heruitvinding van ‘n bestaande ‘randgroep,’ sendingprojek of gemeenskapsdiens sodat dit nie meer ‘n intreevlak is tot die erediens op ‘n Sondag nie, maar sodat dit kerk in eie reg kan word.

alphameal2‘n Jeuggroep kan byvoorbeeld groei tot ‘n jeuggemeente, ‘n middageteklub vir oumense kan ‘n erediens verskaf  na die ete.

  • Die ontwikkeling van ‘n nuwe geloofsgemeenskap binne ‘n ring as ’n gesamentlike sending-inisiatief. Dikwels word dit gelei deur nie-predikante en beskik oor ‘n relatief klein begroting.

‘n Informele erediens in ‘n plaaslike ontspanningsentrum en ‘n mid-week naskool ontmoeting vir ete en aanbidding is twee voorbeelde.

  • ‘n Groot sendinginisiatief wat etlike gemeentes of ringe betrek. So projek sal dikwels oor ‘n voltydse pos beskik en ‘n meer substansiële begroting hê.

Dit kan ‘n netwerkgemeente vir Generasie X in ‘n middestad wees, of ‘n dorpwye tienergemeente of ‘n huiskerk in ‘n nuwe woonbuurt.

Is ‘vars uitdrukkings’ dieselfde as ‘emerging church?’

Emerging church het veral in die Verenigde State van Amerika ‘n populêre term geword om allerhande nuwe maniere van kerk-wees te beskryf. Daar is egter aanduidings dat hierdie term in onbruik begin verval.

Daar is ten minste drie groeperings in die ’emerging church’ familie:

  • Diegene wat oor die Christendom en ons veranderende kultuur nadink en skryf. Hulle worstel met die uitdagings wat voor die deur van die Christelike geloof beland het deur ‘postmoderne’ denke en gedrag: Hoe kan die evangelie in kontak kom met vandag se wêreld? Wat sou die implikasies vir die kerk wees?
  • Diegene wat nuwe vorme van kerk wees ondersoek vir mense wat nog steeds kerk toe gaan (maar dikwels op die punt staan om te loop). Dis tipies diegene wat met  alternatiewe aanbiddingstyle en outentieke gemeenskap eksperimenteer. Baie van hierdie mense het ‘n missionale hart, maar hulle wegspringpunt is om met gelowiges te werk wat ongelukkig is met die bestaande kerk.
  • Diegene wat nuwe vorme van kerk wees ondersoek vir en met mense wat nie kerk toe gaan nie. Sommige van hierdie innoverende vorme van kerk het ‘n vrugbare rekord, maar ander is jonk, klein en kwesbaar. Alhoerwel almal nie die term sal gebruik nie, sou hierdie gemeenskappe beskryf kon word as ‘vars uitdrukkings van kerk wees.’

Al drie hierdie groepe erken dat die samelewing verander het en dat die kerk ook moet verander. Die uitdaging is om te sien dat God aan die werk is in elkeen en aan te moedig wat God besig is om te doen.

Oorgeneem en aangepas uit “Share – Exploring fresh expressions together.”