{ARGIEF}

Praktyk 1: Hulle kry mense aan die beweeg


Eerder as om ‘n wye verskeidenheid bedieningsgeleenthede te bied vir nuwelinge, bevorder  en verskaf hierdie kerke ‘n hoë-impak, ononderhandelbare roete van gefokusde eerste treë. Hierdie roete is spesifiek ontwerp  om geloofsbelewenis van die grond af te kry en mense te beweeg tot ‘n Christus-gesentreerde lewe.


Praktyk 2: Hulle bed die Bybel by alles in


In  hierdie kerke gaan die Bybel heelwat verder as die tradisionele rol van fondasie vir lering en lewensvorming. Hierdie kerke adem die Skrif. Elke ondervinding en ontmoeting binne die gemeente begin met die vraag, “Wat sê die Bybel hieroor?” En hulle gemeenteleiers modelleer die lewe volgens die antwoorde op daardie vraag.


Praktyk 3: Hulle skep eienaarskap


Gemeentelede in hierdie kerke behoort nie net aan die kerk nie; hulle glo hulle is self die kerk. Hulle omarm die kerk se dissipelskapswaardes as deel van hulle identiteit. Hierdie gemeentes inspireer mense tot en hou hulle verantwoordelik om hulle gedrag te verander – om meer Christusgelyk te word in hulle alledaagse lewens as ‘n uitbeelding van hulle geloof.


Praktyk 4: Hulle pastor hulle plaaslike gemeenskap


Hierdie gemeentes dien nie net hulle gemeenskappe nie. Hulle tree ook op as die gemeenskap se herder, deur intens betrokke te raak by gemeenskapskwessies en dikwels in invloedryke posisies te dien saam met gemeenskapsorganisasies. Dikwels tree hulle in vennootskap met nie-winsgewende organisasies en ander kerke om die hulpbronne wat nodig is om die belangrikste plaaslike kwessies aan te spreek, te bekom.


‘n Oorkoepelende leierskapsbeginsel


Benewens hierdie vier praktyke is een oorkoepelende leierskapsbeginsel geïdentifiseer vanuit die ondersoek se interaksie met die predikante van die top vyfpersent gemeentes. Hierdie gemeentes word gelei deur mense wat totaal behep is daarmee om dissipels te maak. Om dissipels van Christus te maak is ongetwyfeld die belangrikste aspirasie en die diepste begeerte van hierdie leiers se harte. Hierdie eienskap het al vier die praktyke van brandstof voorsien.

Vir meer inligting oor die ondersoek, skaf gerus die boek, MOVE, aan.

[Hierdie artikel is oorgeneem uit Churchleaders.com; geskryf deur Greg Hawkins en Cally Parkinson en vertaal deur Guillaume Smit.]