{ARGIEF}

Die skrywer gaan voort en verduidelik dat jy ook Negatiewe ouerskap kry en dat mans geneig is om negatiewe ouerskap toe te pas. Die skrywer se voorstel aan ouers is om en ek haal weer aan” Om van albei dié bose pole af weg te bly en om ’n pa met ’n plan te wees.”
As een van die aanbieders van die Padlangs kursus wat die denke van positiewe deelnemende ouerskapstyl bevorder voel ek my genoop om tog iets duidelik te stel. Die skrywer is reg dat mense uit die positiewe ouerskap styl nie verkeerde gedrag straf nie, dit beteken egter nie dat dit oorgesien of bloot net “vergeef” word nie. Inteendeel die ouerskap styl vra dat daar baie besliste konsekwensies is vir verkeerde gedrag. Die konsekwensies is egter dissipline en nie straf nie. Die verskil is dat straf nie noodwendig logiese betrekking het op die oortreding nie en dat dit bloot net verkeerde gedrag onderdruk.
Positiewe ouerskap wil egter hê daar moet insig in die aard van die gedrag wees sodat dit lei tot selfstandigheid en nie bloot gehoorsaamheid nie. Die verskil is dat gehoorsame kinders slegs gehoorsaam is as die gesagsbron (ouer of volwassene) teenwoordig is. Selfstandige kinders het insig in die aard van hulle gedrag en neem self verantwoordelikheid.
Wat verder die motivering agter ’n positiewe benadering is, is dat ons heel aan die begin met iemand begin. Uit die skrywer se artikel is dit duidelik dat hy baie bewus is van die sondige aard van mense en daar met kinders begin. Die positiewe benadering wil die realiteit voor die sondeval ook in ag neem en kies om met mense by die skepping te begin, waar ons as die beeld van God bevestig word en die asem van God ontvang het. Ons glo dus ten diepste wat die eerste woord ons ons lewe nie is dat ons sondaars is nie, maar dat ons beelddraers van God is waarin Hy hom verheug.
Die gebruik van “nee” word as ’n taboe deur die skrywer uitgewys wat egter nie die waarheid is nie. ’n Positiewe benadering verstaan net dat kinders maklik ouer-doof raak en dat die woord “nee” spaarsamig gebruik word aangesien “nee” ’n soort rebellie-reaksie by die kind ontketen en dat jy dieselfde boodskap kan oordra sonder om “nee” te gebruik. Bv. as jou kind lekkers voor ete vra jy nie hoef te sê: Nee, dis net voor ete nie” maar jy kan sê: “Jy kan net na ete iets kry.”
Die hele keuse vir Positiwiteit is omrede dit mense beter motiveer as straf of beloning of manipulasie. Ons almal reageer die die meeste op positiewe terugvoer. Ouerskap bly ’n uitdaging maar dis baie makliker as jy in die proses jou kind ’n vennoot in die proses maak en nie ’n opponent nie. Daarom die keuse vir positief deelnemende ouerskap.