{ARGIEF}

Jeugkantoor

Sharon en Gielie het die voorreg om in hierdie bediening te speel. Ja ons wil weer kinders en tieners en ouers help speel in die genade van die Here en so die blydskap van die Evangelie weer ervaar.  

 

Die Jeugkantoor: Stellenbosch

Kontakbesonderhede

Gielie Loubser: gielie@sun.ac.za

Sharon Naude: jeug@sun.ac.za

Tel: 021 808 90 50

Faks: 086 530 2439

Artikels

Is Belydenisaflegging gereformeerd?

Nou die dag het ek beleef dat ek ’n oomblik gehad het oor die NG Kerk se gebruik van Belydenisaflegging. Ek het gesels met ’n dominee-vriend wie se familie uit die kerk is en o.a ’n ander doop-beskouing het. Hy vertel toe hoe hy tydens ’n kuier net weer deurgeloop het ook die gebruik van spesifiek die NG Kerk se belydenisaflegging. Die familie se woorde was: Maak nie saak hoe spesiaal julle dit probeer maak nie, dit bly fake!”

Die ergste is, ek dink dis waar. Kyk net na die drop-out syfers. Dis toe wat ek my oomblik gehad het. Ek het besef ons is met die gebruik eintlik totaal in die evangelical-movement wat glo dat bekering gepaard gaan met “altars-calls” en “commitments”.

Ek onthou baie goed hoe ek as jong dominee baie moeite gedoen het om nie te praat van aanneem en voorstelling nie, maar van belydenisaflegging, geloof-belydenisaflegging! Dis egter in die altar-call-tradisie. Die aanneem en voorstelling is meer gereformeerd! Hoekom? Die spreek woordelike pennie het gedrop toe ek nadink oor wat soortgelyks ons in ons Joodse gebruike kry. Dis natuurlik die Bar Mitzvah. Die fees wat Joodse seuns kry as hulle 13 jaar oud is. Behalwe ’n rits ander gebruike is een van die groot redes vir die Bar Mitzvah, die bevestiging van die kind. Tydens die fees word die seun in die openbaar bevestig (validate) dat hy die familienaam kan dra en ’n sukses van sy lewe gaan maak.

’n Sielkundige het tydens een van die Positiewe Ouerskap sessies gesê dat die bevestiging van ’n kind die meeste vir ’n kind doen. Sy het gesê dat die een ding wat ’n kind die meeste motiveer om beter te wees en te doen, positiewe terugvoer is. Dis niks anders as publieke bevestiging nie.

Die kerk het dit juis nog al die jare gedoen! ’n Gemeente sou ’n proses gehad het van onderhoude en gesprekke en ja dalk selfs toetsing, maar dan sou hulle die kind aanvaar het (aanneming) en dit publiek bevestig het (voorstelling).

Die belydenisaflegging was dus iets wat die geloofs vriende en familie gedoen het oor die kind. Dis die skare geloofsgetuies (cloud of witnesses) wat getuienis af lê van die geloof wat hulle in die kind sien. Nou raak die belydenis ’n bevestiging en haal jy die “fake” uit die gebruik. Sien as ek oor myself moet getuig kan ek enigiets sê. Dis soos in ’n hof. Daar moet getuies ingeroep word.

Ek dink juis dit sal vir die kinders ’n onvergeetlike ervaring wees as hulle hoor hoe hulle ouers oor hulle dink en wat hulle bereid is om te bely. Of hoe ander betekenisvolle volwassenes oor hulle praat. Wat hulle raaksien die Gees als al reggekry het in die een wat voorgestel word. Of hoe jou vriende oor jou dink en wat hulle by jou raaksien.
Die kind moet daarom sy skare geloofsgetuies kan vergader vir die geleentheid. Dit sal die diepte gee. Dis soos ’n vriend van my hulle kinders se oorgangs mylpale vier saam met die betekenisvolle mense in die kind se lewe (die kind kies die mense).

Miskien sal ons dan so die valsheid kan wegneem en terugkom by ons gereformeerde teologie wat verstaan dat geloof iets is wat ons ontvang, ’n gawe van God en nie iets wat ek my voor “commit” of waaraan ek “submit”. Nee, dit bly ’n gawe en werking van God waarvan ons net kan bewus word en waaruit ons meer en meer kan leef.
Kom ons swaai daarom ons belydenis aflegging weer na “Aanneem en Voorstelling”, maar die keer betrek ons die hele skare geloofsgetuies van elke kind. Hulle het dit nodig!