{ARGIEF}

Jeugkantoor
Sharon en Gielie het die voorreg om in hierdie bediening te speel. Ja ons wil weer kinders en tieners en ouers help speel in die genade van die Here en so die blydskap van die Evangelie weer ervaar.
Kinderbediening

Jy ken dalk die naam Kinderkrans. Baie mense sal kan getuig hoe die Kinderkrans ’n bepalende rol in hulle lewe gespeel het. KIX  (Kinders in Christus) is ons nuwe naam en poog ons om die bediening uit die namiddag-in-die-kerksaal-vir-verbondskinders-byeenkoms te verbreed na skole en créches om ook kinders van ongelowige ouers te bereik.

Maar wat jou bediening se naam ookal is, alles wat ons hier in die Jeugkantoor het, is tot jou beskikking.

Les materiaal:

God se incredibles’. Dit gaan oor 5 geloofshelde van die Bybel, maar dis nie net die voor-die-hand-liggendes nie.  Die volledige pakket, wat ook ’n CD insluit, is teen R50 + Posgeld by die Jeugkantoor beskikbaar.
KIX.KOM: Bestel gerus ons kwartaalblad, voorheenTouleiertjie, nou KIX.KOM (Kieksdotkom). Die tipe materiaal wat in die blaadjie verskyn, kan van professionele Kinderbedienaars wat reekse wil hou, tot vrywilligers wat nie langer as 30 minute voorbereidings tyd het nie, bedien.
Verskeie boeke:  Saamgestelde lesmateriaal vir verskillende ouderdomme en seisoene van die Kerkjaar.
Plakkers: Welkom by KIX, verjaarsdag plakkers (verskeie beskikbaar) sowel as blanko plakkers
Kix Kreatief :  CD en boekie – ballon figure, klei en ander kreatiewe aktiwiteite om aan te bied. R50 plus posgeld.
Pre-Teen lesse vir 9-12 jariges:  6 lesse wat oor 12 geleenthede gebruik sou kon word sowel as ‘n skattejag. R50 plus posgeld
Laai die pryslys hier af

Kontak: Sharonby 021 808 9050 of e-pos jeug@sun.ac.za as u belangstel om meer uit te vind.

Jeugwerkers

Die hoofkantoor van die NG Kerk se Jeugwerkers is hier by ons in Bellville. Hier kan jy alles kry van hoe jy ’n jeugwerkerspos vestig tot advertensies, onderhoudsvrae, salariskale, pligtestate en indiensnemings formuliere. Die dokument wat die meeste aangevra word, nl. die pligtestaat en salarsisskaal, word aangeheg. Moedig Jeugwerkers om aan te sluit by die Kerklike Jeugwerkersvereniging – aansoekvorms beskikbaar by die Jeugkantoor. Die KJWV het ‘n Lifeway produk wat te koop aangebied word.  Hier is regtig hulp met tieners, maar dit kan ook vir Bybelstudiegroepe gebruik word: Fuel 1.1 en Fuel 1.2 gaan help om die Bybel te leer ken.  Koste R300 elke (posgeld uitgesluit). Bestel by021 808 9050 of e-pos jeug@sun.ac.za

NOUS groepe

Is jy lus om deel van ’n groep te word of om self een te stig waar julle ermerging teologie wat eintlik “ancient” teologie is, praat? Dan is die NOUS-groepe net vir jou! Die woord “NOUS” is Grieks en Louw & Nida skryf soos volg daaroor: “The etymology of nous can be traced back to the root, meaning “to sniff”, which suggests a ‘way of acquiring knowledge’ through the sense of smell”. Die selfstandige naamwoord is weer iets soos “commonsense” of “wisdom” of “gut-feeling”. Ons wil dus sulke groepe bemagtig om te kyk of hulle nie self kan uitsnuffel wat die waarheid vir hulle konteks en tyd is nie.
Die volgende “clips” is reeds beskikbaar in die Jeugkantoor:
Mure lewer kommentaar oor die tipe gemeenskap (community) wat ons stig en wat ons vergader om te verskyn voor die aangesig van die Here (dis amper soos die intree-lied van die erediens) Truspieëltjie – wil gesprek stimuleer oor ons Godsbeeld sodat ons kan weet wie die God is wat ons roep en vir wie ons aanbid (2de element in die liturgie)
Appels verduidelik waar God aan die werk is en hoe ons Hom kan beleef (3de element, God wat met ons praat)Sushi daag jou uit om nie soos die Farisseers meer bekommerd te wees oor die reiniging-rituele as oor mense nie. As God mense roep, sal ons ons hande moet vuilmaak in die seer van ander.
Hekel nooi jou uit om ‘n nuwe begin te maak, te besef dat aan die einde van elke pad daar ‘n nuwe reis begin (4de element (op) soek). Spring – daag jou uit om vrae te vra, eerlik te wees, jou opinie te lug, onseker te wees, te twyfel, te spring, alleen, maar veral ook saam met ander.
 
Papiervliegtuig  –
Psalm 8 sê dit is in die teenwoordigheid van die Grootheid van God dat ons vlerke kry, dat ons nuut sal leer speel, omdat die Een voor wie ons speel, ons laat vlieg!
 

Wyn –

 
 

Joh 2:1-11 – met die water wat in wyn verander het, het ‘n nuwe era vir mense en hul lewe saam met God aangebreek. God maak ons vry van verleentheid en neem ons in die rigting van vreugde.

 
 
Paint by numbers – leer om te soek na vreugde in elke oomblik, volg vir Jesus na wat dikwels buite die lyne geverf het.
Lepel lewe met hoop!
Bogenoemde is as pakket beskikbaar @ R150-00 of kan individueel aangekoop word @ R30-00 elk.  Bestel by die Jeugkantoor
 
 

 Familie-eredienste

 
Die SJK,  in samewerking met  JONK en Bybel-Media,  maak weekliks ’n PowerPoint preek aan die hand van die leesrooster-fokus teks wat kan dien as hulp om eredienste vir ’n wyer ouderdom-span te hou. Dit vind goeie byval by predikers en geestelike leiers en tans word dit deur meer as 700 mense weekliks afgelaai. Gaan kyk gerus by www.nous.org.za en maak gebruik van die honderde PowerPoint’s wat in die afgelope bykans 5 jaar  uitgewerk is. ‘n Word doc van elke preek is ook beskikbaar.
 

Jeugkantoor: Bellville

Gielie Loubser: gielie@sun.ac.za

Sharon Naude: jeug@sun.ac.za
Tel: 021 808 90 50
Faks: 086 530 2439
Kerklike Jeugwerkers

Laai Bylae A Pligtestaat vir 2012 hier af.Dit is deel van die Kerklike Jeugwerkers inligting.