{ARGIEF}

Somer is amper hier en dit raak tyd om vrugte te eet en die sonskyn te geniet. In KIX is die laaste kwartaal soms ‘n uitdaging met vol programme en getalle wat kwyn. Maar dit is juis dié kwartaal waar ‘n mens die vrugte kan pluk van die jaar se harde werk en verhoudings bou.
‘n Paar wenke om die laaste kwartaal se vrug te geniet:

  • Fokus op dié kinders wat wel daar is – geniet die kinders!
  • Fokus op vaslegging.
  • Gee “gereelde” kinders verantwoordelikhede (klein takies).
  • Doen moeite om jou helpers gereeld te bedank.
  • Sien raak wat die Here die jaar gedoen het en loof Hom daarvoor!

OTJIEKOS PROJEK
Teen hierdie tyd is jul otjies seker al vol munte. Dalk wil julle vir oulaas ‘n insameling reël. Verdeel dan al die Otjiekos-projekgeld as volg:
Skenk 50% aan ‘n plaaslike organisasie in jou gemeenskap;
betaal 50% in as donasie by KIX as spesiale offer wat geskenk gaan word aan MES-aksie.
Hoe vind ek ‘n plaaslike organisasie?
Vind uit wie in jul dorp werk met straatmense of bedelaars. Dalk is daar ‘n nagskuiling, sopkombuis of werkskeppingsprojek. Kontak Badisa, die ACVV of jou plaaslike munisipaliteit om navraag te doen. Dink daaraan om nie net die geld te skenk nie, maar ‘n besoek of diensprojek te reël.
Wie is MES?
KIX ondersteun graag MES-aksie wat straatmense en behoeftiges help om onafhanklik te raak. Hulle het oorspronklik in Hillbrow, Johannesburg, begin, maar het nou al uitgebrei na Kempton Park, Port Elizabeth en Kaapstad. Lees meer oor hulle by www.mes.org.za.
2016 TERUGVOER
Dankie vir al die getroue KIX-leiers en -helpers wat dwarsoor Suid-Afrika in skole, nasorge, crèche’s en by kerke vir kinders meer oor Jesus leer. Om ‘n beter diens te kan lewer, vra ons julle hulp om ons in te lig oor die volgende:

  • Wie is jy?
  • Waarvoor gebruik jy Kix.Kom?
  • Is KIX deel van ‘n kerk se bediening? Watter kerk en gemeente?
  • Word KIX by die kerk, skool, crèche, nasorg of ander plek aangebied?
  • Wie is die groep waarmee jy werk?
  • Hoe groot is die groep?
  • Hoe oud is die kinders?
  • Hoeveel helpers (volwassenes) is daar?

Gee vir ons ook terugvoer oor die materiaal, ens.
Epos asseblief vir ons by jeug@sun.ac.za.
2017 SE PROGRAM
Ons sien daarna uit om in 2017 deur die hele Nuwe Testament te reis met lesse propvol nuwe idees en wenke. Ons hoop ook om ‘n hele paar nuwe KIX-groepe in ons familie te verwelkom.
Sterkte vir die laaste kwartaal van 2016. Mag die Feesgety ‘n tyd van liefde, vreugde en vrede wees in elkeen van julle se lewens!

Materiaal vir die 4de kwartaal 2016

[listyofiles folder=”Dokumente/KIX_pdfs/2016-4de-kwartaal”]