{ARGIEF}

KINDERBEDIENING

Jy ken dalk die naam Kinderkrans. Baie mense sal kan getuig hoe die Kinderkrans ’n bepalende rol in hulle lewe gespeel het. KIX  (Kinders in Christus) is ons nuwe naam en poog ons om die bediening uit die namiddag-in-die-kerksaal-vir-verbondskinders-byeenkoms te verbreed na skole en créches om ook kinders van ongelowige ouers te bereik.

By baie gemeentes het ons die boodskapgekry dat die Kinderkrans ’n verenigings-karakter gekry het en gemeentes nie lus is om aan die vereniging te behoort nie. Gemeentes is lus om hulle eie ding te doen en wil nie geld stuur nie of by die projek van die kinderkrans betrokke raak nie. Die naamsverandering wou die persepsie breek en verskeie gemeentes “behoort” nou aan KIX maar dra nie noodwendig by tot die projek nie. Die beminde “Touleiertjie” het ook dan “KIX.KOM” geraak. Die kwartaalblad is steeds die ruggraat van baie gemeentes se kinder-bedieninge.

Maar die goeie nuus is die “KIX.KOM” het ook nou elektronies geword. Al die lesse en hulpmiddels is nou beskikbaar hier op die webwerf. Kliek net op die skakel .


Soos die nuwe KIX.KOM uitkom sal ons ook die lesse uit die blad haal en op die website plaas. Die KIX.KOM word egter steeds gedruk en gepos vir die wat die gedrukte formaat verkies. Dit kos jou R10 plus posgeld (Jy betaal net vir die drukwerk- ons vra niks meer as dit nie)

Maar wat jou bediening se naam ookal is, alles wat ons hier in die Jeugkantoor het, is tot jou beskikking.

LES MATERIAAL:   

  • ‘God se incredibles’. Dit gaan oor 5 geloofshelde van die Bybel, maar dis nie net die voor-die-hand-liggendes nie.  Die volledige pakket, wat ook ’n CD insluit, is teen R50 + Posgeld by die Jeugkantoor beskikbaar.
  • KIX-KOM: Bestel gerus ons kwartaalblad, voorheenTouleiertjie, nou KIX-KOM (Kieks-kom). Die tipe materiaal wat in die blaadjie verskyn, kan van professionele Kinderbedienaars wat reekse wil hou, tot vrywilligers wat nie langer as 30 minute voorbereidings tyd het nie, bedien.
  • Verskeie boeke: Saamgestelde lesmateriaal vir verskillende ouderdomme en seisoene van die Kerkjaar.
  • Plakkers: Welkom by KIX, verjaarsdag plakkers (verskeie beskikbaar) sowel as blanko plakkers
  • Kix Kreatief CD en boekie – ballon figure, klei en ander kreatiewe aktiwiteite om aan te bied. R50 plus posgeld.
  • Pre-Teen lesse vir 9-12 jariges: 6 lesse wat oor 12 geleenthede gebruik sou kon word sowel as ‘n skattejag. R50 plus posgeld

  

Kontak Sharon by 021 808 9050 of e-pos jeug@sun.ac.za as jy belangstel om meer uit te vind.