Projek 2017: Kix Koester Kinders

Written by webmaster on . Posted in KIX-KOM

KIX moedig kinders deurentyd aan om ook ‘n omgee vir die wêreld te ontwikkel. Daarom is daar ook elke jaar ‘n na-buite gerigte projek wat deur al die KIX-groepe saam ondersteun word. Die KIX-projek fokus hierdie jaar op die ondersteuning van vroeë kinderontwikkeling (VKO) en word genoem “KIX Koester Kinders”. Daar is twee bene – ‘n sending been en ‘n plaaslike been.

1.  Die sending been

Die idee is dat julle as groep deur die jaar geld insamel vir skryfbehoeftes vir die 5 behoeftige kleuterskole in Malawi met wie KIX ‘n verhouding het. Die kinders in jou KIX-groep raak op dié manier bewus van ‘n ander land, kultuur en taal en hulle leer hoe God wêreldwyd vir sy kinders sorg. Ons sal al die inligting oor hierdie deel van die projek verskaf.

Stap 1: Maak die kinders bewus van die projek en opgewonde om ‘n verskil te maak

Stap 2: Deel gereeld inligting (foto’s en stories) oor die Malawi créches.

Stap 3: Leer saam die woordjies in Chichewa.

Stap 4: Besluit hoeveel jul wil insamel en gebruik die skryfbehoefte handwerk items as motivering. (Sien bl. XXXX vir die besonderhede.) Maak dit ‘n groeppoging en hou die kinders weekliks op hoogte. Julle kan selfs jul gemeentes motiveer om ook by te dra.

2.  Die plaaslike been

Dit sal goed wees om egter ook in jou eie gemeenskap (of naby aan julle) ‘n plaaslike inisiatief te ondersteun. Wat kan julle doen?

Stap 1: Dink aan ‘n plek wat babas of klein kinders in jul gemeenskap versorg. (Kliniek, hospitaal, kinderhuis, sopkombuis, plek van veilige bewaring, pleegouers, kango-ouers, ens.)

Stap 2: Identifiseer ‘n behoefte waarmee jul kan help (dalk speelgoed of klere insamel, kaartjies maak, speel met kinders of gebed).

Stap 3: Deel inligting en foto’s met jou KIX-groep en bid vir hulle. (Onthou om ook terselfdertyd vir die kindertjies van die Malawi-been van ons projek te bid.)

Stap 4: Reël ‘n KIX-uitstappie om hulle te gaan besoek.

Trackback from your site.

Leave a comment