{ARGIEF}

Ons glo kinders en Jongmense is nie  die toekoms van die kerk nie, maar is reeds die kerk in elke gestalte denkbaar. Generasies wat goed na mekaar luister en saam soek na die wil van die Here kom vêrder as wanneer almal in homogene groepe apart bedien word. Die taakspan help gemeentes om manier te kry om mekaar as gawes te sien en mekaar se teenwoordigheid te geniet.

 Ons aanbod behels:

  • Weeklikse materiaal wat gemeentes in staat stel om geïntegreerd vir ’n week met een teks gedeelte besig te wees. Van Kategese voorstelle tot kindermomente en preek riglyne
  • Kinderbediening struktuur met ’n volledige program wat kinders in die week bedien tot ’n missionale bewustheid.
  • ’n Kursus vir ouers wat nog ouerskap-styl  opsies te gee om die kind van vandag te begelei tot verantwoordelikheid en selfstandigheid.
  • Kategese- metodiek wat van Sondagskool ’n inklusiewe proses van geloofsvorming maak.
  • Versorging en opleiding van Jeugwerkers.
  • Fasilitering van Jeug-bedienings – die saam dink om te hoor wat die Here aan die doen is in ’n spesifieke gemeente