{ARGIEF}

Dis darem heerlik om ‘n geskenk te kry! Die ekonomie plaas oral druk op ons en aan die einde van die jaar wil ons nog spaar vir Kersgeskenke ook! Het jy geweet ‘n doelwit van KIX is om gratis materiaal vir Kinderbedieninge dwarsoor Suid-Afrika te verskaf? Dis darem heerlik om te weet dat daar nog kwaliteit hulpbronne vrylik beskikbaar is om jou te ondersteun in jou roeping om kinders te bedien. Dis ‘n heerlike geskenk! En nog ‘n groot droom is dat ons volgende jaar ons materiaal ook in Engels beskikbaar sal hê.
KEN JOU FEITE: WEET JY….?

  • Kix is ‘n nie-winsgewende bediening!
  • Die koste per gedrukte uitgawe dek bloot die druk- en versendingskoste.
  • Die projekgelde wat deur Kix-groepe ingesamel en na die kantoor gestuur word, word elke jaar 100% oorgedra aan die beoogde sendingprojek/organisasie. (Hierdie jaar is dit Kix Koester Kinders.)
  • Die skrywers word nie betaal nie. Hulle is gewone Kix-leiers wat hul gawes deel.
  • Kix word gebruik in skole, nasorgsentrums, kerke en uitreike regoor die hele land.
  • Voortaan het julle ook die keuse om teen R100 per jaar in te teken om die “dropbox link” met al die kwartaal se nuutste materiaal per epos te ontvang. Dit is geriefliker, aangesien julle dan nie die lesse een-een van die webwerf hoef af te laai nie. Voordat die gedrukte uitgawes gepos word, sal julle die “dropbox link” ontvang met al die materiaal in een lêer. Die donasie help ons en dis uiters gerieflik vir jou!  E-pos na paulinematthee@webmail.co.za.
  • Tydens die Kix-Konferensie in September 2018 sal van die ou materiaal ook in boekvorm te koop wees.

“Maar hoe kan ‘n mens Hom aanroep as jy nie in Hom glo nie? En hoe kan jy in Hom glo as jy nie van Hom gehoor het nie? En hoe kan jy van Hom hoor sonder iemand wat preek? En hoe kan iemand preek as hy nie gestuur is nie? Daar staan ook geskrywe: ‘Hoe wonderlik klink die voetstappe van dié wat die goeie boodskap bring.’” Romeine 10:14-15
Dankie vir elkeen wat onbaatsugtig diens doen om ons Kix-kinders die gratis geskenk van die evangelie te gee! Mag jy opnuut bewus raak van die geskenke wat die Gees ook vir jou in die proses gee!
[listyofiles folder=”Dokumente/KIX_pdfs/2017-4de-kwartaal”]