{ARGIEF}

Preekstudies en liturgiese voorstelle gebaseer op die kerklike jaar
Revised Common Lectionary Jaar C
Advent 2012 tot Koninkrykstyd 2013
Woord en fees (voorheen Preekstudies met liturgiese voorstelle) – Advent 2012 tot Koninkrykstyd 2013 – is ’n hulpmiddel vir die voorbereiding van eredienste en die ontwikkeling van preke. Dit volg die seisoene van die kerkjaar, en maak gebruik van die teksrooster Revised Common Lectionary, Jaar C. Woord en fees kan gebruik word saam met die ander publikasie in die reeks, naamlik die Woord en lewe (voorheen Leesrooster).