{ARGIEF}

Leesrooster Advent 2012 – Koninkrykstyd 2013
Seisoene en feeste in die lewe van gemeentes

Woord en lewe (voorheen Leesrooster) Advent 2012 tot Koninkrykstyd 2013, volg die seisoene van die kerkjaar en maak gebruik van die erkende teksrooster Revised Common Lectionary, Jaar C. Dit moedig lesers aan om die feeste, gebruike en gewoontes van die kerkjaar te vier en te ervaar. Woord en lewe kan gebruik word saam met die ander publikasie in die reeks, naamlik Woord en fees (voorheen Preekstudies en liturgiese voorstelle).
UNIEKE VERKOOPPUNTE
• Help lidmate om die Bybel oor drie jaar in sy groter omvang te lees en te leer ken
• Bied verskillende perspektiewe op Bybeltekste
• Prakties, uitdagend en eietyds geskryf
• Moedig lidmate aan om die feeste, gebruike en gewoontes van die kerkjaar te vier en te ervaar
• Kweek ’n luisterende ingesteldheid by lidmate
• Riglyne vir kategese en kleingroepe asook ander rubrieke is beskikbaar op www.leesrooster.co.za.
SKRYWER
Woord en lewe is saamgestel deur lede van ’n navorsingsgroep van Communitas (voorheen Buvton), en dié lede kom almal uit die VGKSA en die NG Kerk.
LESERSMARK
• Leraars
• Lidmate
• Bybelstudiegroepe
• Kleingroepe
• Kategete
• Ouers (huisgodsdiens)
INHOUD
Woord en lewe bied aan lidmate die geleentheid om die erkende teks-rooster Revised Common Lectionary (RCL) elke week in hulle persoonlike stiltetyd, met huisgods-diens of in groepbyeenkomste te volg. Só help dit lidmate om die boodskap van die Bybel oor ’n tydperk van drie jaar in sy groter omvang te lees en te leer ken. Woord en lewe is vanjaar gegrond op Jaar C van die RCL.
Omdat Woord en lewe aansluit by die seisoene van die kerkjaar, moedig dit lidmate aan om al die feeste, gebruike en gewoontes van die kerkjaar te vier en te ervaar. Voor elke seisoen van die kerkjaar begin, is daar agtergrondinligting oor daardie spesifieke seisoen.
Woord en lewe sluit ook aan by die Seisoen van Luister se Luistersiklus en behandel elke week ’n ander teksgedeelte. Elke dag van die week word daar vanuit ’n ander hoek op hierdie teksgedeelte gefokus. Dit help lesers om ’n leesmetode te ontwikkel wat hulle help om die Bybeltekste vanuit verskillende per-spektiewe te oordink. Dit ontwikkel by lesers die besef dat verskillende perspektiewe op die teks verskil-lende vrae ontlok, om uiteindelik verskillende insigte en antwoorde te bied. Deur die fokusteks bring Woord en lewe ook eenheid tussen die ere-diens, huisgodsdiens en groepge-sprekke.
Die volgende bylaes is beskikbaar op www.leesrooster.co.za:
• Hoe kan ons die Bybel lees sodat ons dit beter kan verstaan?
• Agtergrondinligting oor die Revised Common Lectionary (RCL)
• Agtergrondinligting oor die gereformeerde belydenisskrifte
• Sewe geloofsgewoontes.
Woord en lewe kan gebruik word saam met die ander publikasie in die reeks, naamlik Woord en fees.
BOEKBESONDERHEDE:
Aantal bladsye: 240
Kategorie: Bybelstudie; Dagboeke; Huisgesin; Kategese
ISBN: 978 0 86487 578 5
Verkoopprys: R70,00
BM-kontakbesonderhede
E-pos: bestel@bmedia.co.za
Tel: 021 873 0822
0860 26 33 42 (0860 BMEDIA)
Faks: 021 873 0832
Bestel op die Internet