{ARGIEF}

met die fokustekste van die Leesrooster vir Lidmate as basis

Groot Lydensweek
13 April
Matt.26:14-27:46
Inleiding
In die Groot Lydensweek kan die groep bymekaarkom en die aanloop en kruisiging van Jesus saam herdenk. Die fokusteks kan die groep help om die laaste van Jesus se lydensweg met Hom saam te loop. Ek sou aan die hand doen dat die enigste lig, ’n kers in elke groeplid se hand is. Deel die Skrifgedeeltes so in, dat elkeen ’n kans kry om ’n gedeelte te lees en na die lesing sy of haar kers dood te blaas. Die groep kan begin met ’n agape-maal (liefdesmaal) van brood en druiwesap, maar onthou dat ons die diepte van die oomblik wil beleef. Dit moet ook “in alle eenvoud” geskied. Ek gee ’n uiteensetting daarvan in hierdie riglyn.
Na die liefdesmaal begin die leier met die lees van Jesaja 50:4-9 en almal luister biddend na die woorde. Gee ’n minuut tyd vir stilte na die lees daarvan. Die groep kan saggies, aanbiddend Liedboek 384 (Jesus, o dink aan my) sing na die stilte. Iemand sit spontaan in en die ander sing dit saam.

  1. 1.      Lees Matt.26:14-25

Blaas die eerste kers dood
Stilte
“Jesus, o dink aan my…”

  1. 2.      Lees Matt.26:26-35

Blaas die tweede kers dood
Stilte
“Jesus, o dink aan my…”

  1. 3.      Lees Matt.26:36-56

Blaas die derde kers dood
Stilte
“Jesus, o dink aan my…”

  1. 4.      Lees Matt.26:57-75

Blaas die vierde kers dood
Stilte
“Jesus, o dink aan my…”

  1. 5.      Lees Matt.27:1-26

Blaas die vyfde kers dood
Stilte
“Jesus, o dink aan my…”

  1. 6.      Lees Matt.27:27-44

Blaas die sesde kers dood
Stilte
“Jesus, o dink aan my…”

  1. 7.      Lees Matt.27:45-56

Blaas die sewende kers dood
Stilte
(Geen lied word nou gesing nie)
Sit nou ’n lig in die vertrek aan en draai 3-3 na mekaar toe. Deel saggies met mekaar dit wat jy nou in jou hart beleef het. Dan neem julle mekaar se hande en bid vir mekaar.
Hierna groet ons mekaar en gaan in stilte na ons huise.
Paassondag en die week daarna
20 April
Hand.10:34-43
Ek begryp nou eers dat God nie onderskeid maak nie…
Ysbreker
Watter verhaal het jou so geboei dat jy jouself totaal ingeleef het daarin?
Lof en Aanbidding
Raak vir ’n oomblik stil in die Here se teenwoordigheid. Dink aan Hom by julle, soos Hy na sy opstanding by sy dissipels teenwoordig was. Na die oomblikke van stilte fokus julle op die lewende Here en sing vir Hom lofliedere en aanbid Hom. Iemand kan Psalm 118:1,2, 14-24 voorlees terwyl die res dit in hulle harte saambid.
Woord
Hand.10:34-43

  1. Lees eers weer die gedeelte in stilte met jou hart deur. Hoor die woorde wat vir jou uitstaan en oordink hulle. Praat in stilte met die Here daaroor.
  2. Watter nuwe ontdekking doen Petrus? (Verse 34-35). Hoe raak dit jou?
  3. Hoe “getuig” Petrus van Jesus? (Verse 36-43)
  4. Deel nou met mekaar hoe ’n getuienis oor God se liefdeshandelinge in ons wêreld uit jou eie hart sal klink.
  5. Raak stil en dink aan God wat aktief besig is in ons wêreld, jou wêreld. Sien hoe Hy jou nooi om saam met Hom te werk om in liefde alles heel te maak.

Bedien mekaar
Draai 3-3 na mekaar toe. Deel eers met mekaar hoe julle die lewende Here in mekaar sien en bid dan vir mekaar.
Uitsending
Hoe gaan ons hierdie boodskap na mense bring sonder om onderskeid te maak.
Tweede week in Paastyd
27 April
Hand.2:14a, 22-32
Dawid praat al van Jesus se opstanding
Ysbreker
Hoe kry jy gewoonlik iemand of ’n groep se aandag as jy iets belangrik wil sê?
Lof en aanbidding
Kom tot rus by die Here en dink vir ’n oomblik aan Hom. Kyk terug op die afgelope week in jou lewe. Wanneer het jy Hom besonder naby aan jou ervaar? En was daar ’n oomblik dat dit vir jou gevoel het Hy is te ver? Waar was Hy toe? Na die stilte sing die groep lof en aanbiddingsliedere vir die Here. Iemand lees Ps.16:1, 2, 5-11 voor en die res beaam dit in hulle harte.
Woord
Hand.2:14a, 22-32

  1. Lees eers weer die gedeelte in stilte deur met jou hart asof jy daar is om Petrus se preek self te hoor. Wat tref jou in sy preek? Dink daaroor na.
  2. In ’n neutedop vertel Petrus vir die Jode van Jesus. Wat staan uit in verse 22-24.
  3. Hoe pas Dawid in die prentjie in en hoe dink julle daaroor? (Verse 25-31)
  4. Petrus ruim alle twyfel uit die weg oor Jesus se opstanding in vers 32.
  5. Raak nou weer stil en dink na hoe die Here jou deur hierdie woorde van Petrus verander. Praat in stilte met Hom daaroor.

Bedien mekaar
Draai nou 3-3 na mekaar toe, deel julle behoeftes met mekaar en bid dan vir mekaar.
Uitsending
Hoe kan ons as groep vir die wêreld rondom ons gaan oortuig dat Jesus lewe?