{ARGIEF}

Communitas bied op 23 en 24 FebruarieVraag ‘n kursus aan vir Predikante wat 10 jaar en minder in die bediening is.  Pierre Goosen van Predikantebegeleiding, sal die kursus aanbied. Hy skryf Kortliks oor die kursus:
Ellie Wiesel vertel dat elke dag as hy van die skool gekom het, het sy ma vir hom gevra of hy daardie dag ‘n goeie vraag gevra het.
Na ‘n klompie jaar in die bediening is dit goed om na te dink oor die vrae wat jy tans vra. Wat is daardie vrae? Is dit vrae wat jou roeping as predikant in ‘n gemeente bevestig? Vrae oor jou identiteit in Christus? Vrae oor rol en verwagtinge? Oor menswees?
In die twee dae sal ons binne die tema van Veerkragtigheid(Resilience) gesprek voer oor die moontlikhede joe jy jouself kan uitleef en verwesenlik as mens binne die vele verhoudinge met vele vrae en verwagtinge waarin jy staan. Vir ‘n inskrywingsvorm kliek hier: Predikante 10 jaar en minder