{ARGIEF}

Die Taakspan vir Predikante Begeleiding vorm deel van die Diensgroep vir Gemeentes.   Die Diensgroep vir Gemeentes (Communitas) se doel is om aan die gemeentes, predikante en lidmate van die NG Kerk in SA en die VG Kerk Kaapland diens te lewer.
Die Taakspan vir Predikante Begeleiding se fokus is diens aan die predikante van die kerke.

 
Predikante is dissipels van Jesus Christus wat geroep is om ‘n verskil in die wêreld te maak, met die spesifieke opdrag om hul roeping in gemeentes of verwante werksaamhede uit te leef.   Predikante moet geloofonderskeidend leef om self en saam met ander mense te kan sien waar God aan die werk is sodat almal in die beweging van die Gees van God kan speel en werk en leef.
Die “werkplek” van die dominee kan soms baie veeleisend wees en dit vra van die persoon om emosioneel intelligent en geestelik volwasse te wees.
 ONS  AANBOD: