{ARGIEF}

Op Sondag 15 Februarie het 7 predikante uit Nederland ge-ariveer vir die 4de uitruil van Stigting Zebra.

Die predikante gaan vir ‘n week tuis by Suid-Afrikaanse kollegas en in die tweede week woon hulle saam ‘n kursus by oor Kontekstuele Pastoraat. Dit is die vierde keer wat so ‘n uitruiling plaasvind.  In November 2009 gaan Suid-Afrikaanse predikante weer vir ‘n uitruil na Nederland.  Lees gerus Jaco Coetsee se waarnemings oor sy besoek op Padlangs. Ander verslae en foto’s van deelnemers aan die uitwisseling kan by Predikantebegeleiding onder Stigting Zebra gelees word.