{ARGIEF}

Die eerste 2 weke van November 2008 was daar ‘n suksesvolle uitruil van 5 Suid-Afrikaanse predikante na Nederland dmv Stigting Zebra.

 

Verslag aan Stigting Zebra:
Uitwisseling Suid-Afrika na Nederland November 2008

  • Inleiding

In November 2008 het 5 predikante van Suid-Afrika Nederland besoek as deel van ’n Stigting Zebra uitwisseling.  Dit was die eerste uitwisseling van Suid-Afrikaanse predikante na Nederland. Die uitwisseling is moontlik gemaak deur middel van ’n ruim skenking van die NZAV wat reis-subsidie aan die deelnemers moontlik gemaak is.  Elke deelnemer het ook 100Euro ontvang vir reisgeld.

  • Ontvangs:

By die aankoms van die deelnemers is hulle by die Pelgrimskerk te Badboevedorp ontvang.  Verskeie bestuurslede van Stigting Zebra was teenwoordig. Tydens die geleentheid het die gaste die deelnemers kom ophaal. Daar is ’n kort verwelkoming gedoen en deelnemers is weer korliks ingelig tov die doelstellings van die Stigting.

  • Studiedag Kontekstuele Pastoraat:

Op Woendag 5 November het die deelnemers ’n studiedag van die Stigting vir Kontekstuele Pastoraat by die Bergkerk in Amersfoort bygewoon.  Die Suid-Afrikaanse deelnemers het aan die einde van die dag kortliks hulle ervarings en waarnemings van die dag weergegee in ’n groepsgesprek. Daar is ook tydens die vraetyd vrae aan hulle gestel oor oa die Waarheids- en Versoenings Kommissie (WVK) en hulle deelname en aarvaring daarvan.  Die gesprek ontlok heelwat belangstelling. Uitnodiging word gerig vir mense wat graag wil deelneem aan uitruil programme van die Stigting.

  • Kursus in Fassiliterende Leierskap aan Hydepark

Na ’n week se blootstelling in die gas-gemeentes woon die SA predikante saam met hulle gaste ’n kursus by.  Die kursus word ook bygewoon deur Nederlandse predikante. 17 kursusgangers woon die kursus by. Dr Frederick Marais bied die kursus aan.

  • Enkele waarnemings van die kursusaanbieder:
    • Die diversiteit van kontekste dra daartoe by dat die gesprekke die kursusgangers uitdaag om vanuit ’n vreemde konteks na hulle eie konteks te kyk. Kursusgangers het entoesiasties deelgeneem aan die gesprekke en het in die evaluring laat blyk dat hulle die diversiteit waardeer het, en dat dit werklik bygedra het tot verdiepte insig. Ek dink daar sou gekonkludeer kan word dat die diversiteit bygedra het tot dieper vlakke van leer. 
    • Nederlandse predikante wat geen kontak met SA het sedert die Anti-Apartheids periode nie, het nuwe insigte ontwikkel tov die post-apratheid SA. Dit was in sommige gevalle helend vir die deelnemers om hierdie kontak met SA’ers te kon opbou. Dit bevestig mi die noodsaak van die Stigting om weer die bande tussen Nederlandse en SA predikante, wat oor ’n paar dekades byna gee kontak met mekaar gehad het nie.
    • Daar is verskeie gemeentes wat dit oorweeg om met groepe gemeentelede SA te besoek.  Indien dit gebeur sal die Stigting instrumenteel wees tot ’n die opbou van kontakte tussen die twee lande se kerke wat ekspotensieel kan groei.
    • Daar is Nederlands en Afrikaans in die kursus gepraat.  Aanvanklik het dit baie inspanning van die deelnemers gevra maar namate die kursus gevorder het, het dit al makliker geraak.
    • Dit was baie goed dat daar predikante van die VGK en NGK in die groep was. Dit het ook aan hierdie predikante ruimte gegee om op neutrale grond met mekaar vriendskappe te kon opbou.
    • Daar het wedersydse begrip en deernis vir mekaar onderling ontwikkel.  Hierdie begrip was in baie gevalle helend gewees.  Verskeie predikante het in hulle evaluering verwys na ’n nuwe verbintenis tot hulle werk.
  • Die uiteenlopende uitdagings van die twee kontekste kan ondermeer soos volg beskryf word:
    • Multikulturele uitdagings in SA teenoor ’n hoofsaaklik monokulturele kerklike konteks in Nederland. Dit het die Nl deelnemers uitgedaag om te dink oor die multikulturele uitdagings in hulle eie konteks.
    • Post- christendom of sekulere omgewing in Nederland teenoor ’n SA omgewing waar die kerk en geloof ’n veel groter presensie het in die gemeenskap. Nl deelnemers is getref deur die spontane spiritualiteit van die SA deelnemers. SA deelnemers het vertel dat hulle baie geleer het oor wat dit beteken om in ’n sekulere omgewing kerk te wees.
    • Teologies is daar groter verskeidenheid onder die Nl deelnemers gewees as die SA deelnemers.  Een kursusganger uit SA het gese:  Ek het hier besef ons is in SA eintlik net verskillende vlakke van evangeliese gereformeerdes in SA.
    • Die gevallestudies uit Nl het getuig van ’n fokus op tegniese strukturele sake en gepraadgaande konflikte en prosesse wat daaruit voortvloei.  Een SA kursusganger het gese: Julle instituut en tradisie het ’n veel groter houvas op julle as by ons.
    • Nl gevallestudies het in baie gevalle te doen gehad met die samesmelting van gemeentes en die verkleining van die kerk. Suid-afrikaanse gevallestudies het meer gefokus op die uitdagings van die SA konteks en die ontwikkeling van ’n missionere roeping. In kort is Nl gemeentes in hierdie geval meer besig met voortbestaans uitdagings en SA gemeentes met kontekstuele uitdagings soos groot demografiese verskuiwinge, armoede, HIV-aids. Die vasgeloposheid van die eenheidsproses in SA het dikwels aan die orde gekom het beide SA en Nl deelnerms het getuig van ’n groeie in begrip vir die dinamika van die proses.
    • Die Kontekstuele pastorale begrippe het dikwels ingespeel in die geprekke en SA deelnemers het baie daaruit geleer. 
    • Heelwat van die SA predikante het onlangs deur ’n uitbranding periode gegaan- die inpak van die transoformasie en die tol wat dit eis was onder hulle duidelik. Hierteenoor was is die pas in Nl veel meet voorspelbaar en gereguleer.  Dit was uit die Nl deelnemers ergter duidelik dat Nl predikante trauma beleef tov ’n hulle posisie en rol in die mondige gemeenskap en dat hulle dikwels pynlike ervarings het van marginalisasie binne en buite hulle gemeentes.
    • Kortom ek het ervaar die kursusgangers van die twee verskillende kontekste het mekaar bedien met hoop in vasgeloopte situasies.

Bogenoemde ervarings onderstreep die oorspronklike bedoeling met die Stigting soos verwoord in een van die eerste verslae:

Die geboorte van die Stigting het alles te make met die kosbare ervaring om blootgestel te word aan ’n radikaal verskillende konteks met die luukse van gesprekgenote wat iets van ’n kulturele, historiese en teologiese erfenis verstaan.  En hoe verskillend is die kontekste nie tussen Suid-Afrika en Nederland nie. Klein, groot, waterryk en waterarm, sekuler en Christendom, mono-talig en meer-talig, oorwegend Europees en Afrika.  En tog tussen dit alles loop die dun lyn van die geskiedenis wat begrip moontlik maak. Ja seker is dit nodig dat daar aan alle kante fyn geluister sal word, steriotipes afgebreek word, kontekste nie vanuit eie konteks verstaan behoort te word nie.  In die proses het ons geleer ontstaan kostbare vriendskappe maar miskien belangriker: ’n verassend nuwe begrip vir eie konteks.’